• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Recent posts

#31
Ratings Afrika se reaksie en MGEV se antwoord op e-pos ontvang op 30 April 2024

Oorspronklike brief aan Ratings Africa

Die MGEV se ondersoek is gefokus op verskeie grondliggende faktore wat in belang van die
gemeenskap is waaronder die bekostigbaarheid van tariewe een van die belangrike aspekte is,
uiteengesit in dié dokument:

e-pos van Ratings Afrika en MGEV se reaksie op e-pos van 30 April 2024.pdf


#32
Kyk die video ons moet die wêreldwye tendens begin teenstaan my mede Suid Afrikaners.

Bron van die Video:

https://ennhri.org/our-members/hungary/

#33
Navraag oor Ratings Afrika se verslae oor Mosselbaai-munisipaliteit 29 April 2024


Ratings Afrika                                                              Datum: 29 April 2024
Acaciaweg 300
Randburg
2194

E-pos adres: Charl.Kocks@RatingsAfrika.com

Vir aandag: Die Hoof-graderingsbeampte,  Mnr Charl Kocks

Die Mosselbaai-grondeienaarsvereniging (MGEV) se e-posse gerig aan Ratings Afrika gedateer 15 April 2024, 16 April 2024 en 19 April 2024 verwys.

Die detail van dié e-posse kan op die skakel hier verkry word. https://mgev.co.za/index.php?topic=86.0 )
Hierby ingeslote is MGEV se korrespondensie gedateer 21 April 2024 aan:

1) Mnr John Steenhuisen, Hoof, Demokratiese Alliansie (DA)
2) Mnr Kallie Kriel, Uitvoerende Hoof, AfriForum
3) Mnr Flip Buys, Voorsitter, Solidariteit Beweging

Die detail van die korrespondensie kan op die skakel gelees word: https://mgev.co.za/index.php?board=54.0 )
MGEV het navorsing gedoen oor Ratings Afrika se vorige verslae met betrekking tot Mosselbaai-munisipaliteit.  Verskeie opvallende aspekte rakende die verslae van Ratings Afrika is meer as net ter saaklik en benodig onder andere stawende feite en bevestiging van besonderhede.

Vier verslae is in die verlede deur Ratings Afrika uitgebring.

In die 2018 verslag van Ratings Afrika word verwys na 'n Ratings Afrika-ondersoek wat in 2012 die volgende bevind het:  "However, even the high-scoring local municipalities have experienced a weakening trend, with only three receiving a score of 80 or more compared to nine in 2012." MGEV kon nie hierdie 2012-ondersoek en -bevindings  op die internet vind nie.

Van beskikbare gegewens kon wel onder andere die volgende bevind word:

1) Op Donderdag, 26 April 2018 plaas Mossel Bay  Advertiser 'n berig oor 'n Ratings Afrika-verslag.

2) Op Dinsdag, 20 April 2021, plaas Mossel Bay Advertiser 'n berig oor 'n nuwe Ratings Afrika-verslag.

3) Op Maandag, 22 April 2024, berig Mossel Bay Advertiser van die nuutste verslag van Ratings Afrika.

Wat opvallend is dat hierdie beriggewing gedoen is kort voor die komende verkiesing van 2024 wat gehou gaan word op 29 Mei 2024.

Die detail van die drie verslae van Ratings Afrika kan op die skakel gelees word:
https://mgev.co.za/index.php?topic=92.0

Volgens MGEV se onafhanklike ondersoek na die finansies van Mosselbaai, wat strek oor 'n periode van 20 jaar - sedert 2003 - is dat daar 'n opvallende en merkbare verswakking en agteruitgang van Mosselbaai-munisipaliteit se finansies is wat sedert 2017 plaasvind.

Alle stawende besonderhede kan op die gegewe skakels gevind word - feite wat direk uit amptelike geouditeerde finansiële state verkry is. Langs elke stelling en gevolgtrekking wat deur MGEV gemaak word is die betrokke bladsynommer en die inligting waarop MGEV se stellings en gevolgtrekkings berus.

1)    Die rede vir die MGEV se ondersoek - Mosselbaai-grondeienaarsvereniging (MGEV)
2)    Probleme ondervind met die eerste ondersoek https://mgev.co.za/index.php?topic=2.0
3)    Ouditeur-Generaal se verslae oor 'n periode van 13 jaar: https://mgev.co.za/index.php?topic=3.0
4)    Hoe die gemeenskap verarm  word: https://mgev.co.za/index.php?topic=5.0
5)    MGEV se ingesteldheid is nie konflik nie, maar konstruktiewe deelname: https://mgev.co.za/index.php?topic=7.0
6)    Die begroting van 2024 tot 2027 wek kommer: https://mgev.co.za/index.php?board=46.0
7)    Misleiding lei tot skade: skrywes aan ander instansies:  https://mgev.co.za/index.php?board=54.0

Hierdie skrywe word ook vir kennisname aan die volgende instansies gestuur aangesien die probleem hulle belange en moontlike optrede direk raak:

1) Demokratiese Alliansie (DA): Mnr John Steenhuisen - e-pos: parliamentaryleader@da.org.za
2) Solidariteit: Mnr Flip Buys - e-pos: service@solidarity.co.za
3) AfriForum: Mnr Kallie Kriel E-pos adres: kallie.kriel@afriforum.co.za en navrae@afriforum.co..za
4) Mosselbaai Sakekamer: Mnr Albert Wiffen - admin@mosselbaychamber.co.za
5) Die premier van die Wes-Kaap: Mnr. Alan Winde - alan.winde@westerncape.gov.za
6) Herbie Oosthuisen Prokureurs: Mnr. Herbie Oosthuisen - herbie@holaw.co.za
7) Mosselbaai-munisipaliteit: Mnr Dirk Kotze - epos:  dkotze@mosselbay.gov.za en Mnr Colin Puren cpuren@mosselbay.gov.za

Die MGEV se vrae en versoeke bly  tot op hede onbeantwoord. MGEV bly egter steeds besord en bekommerd - 'n bekommernis wat al so vroeg soos 2022 (24 maande) geverbaliseer is -  oor die probleme met die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit.

Indien daar iewers 'n misverstand is, stel MGEV asseblief onmiddellik in kennis sodat dit reggestel kan word.


Vriendelike groete
Johan Grabe
Voorsitter: MGEV
#34
Mosselbaai-grondeienaars, luister asseblief na en neem kennis van die Hartenbos- begrotingsvergadering wat op 24 April 2024 om 16:00 plaasgevind het.

Dit is belangrik om die volgende konsep in gedagte te hou:

'n Munisipaliteit móét soos 'n besigheid bedryf word. Vir elke uitgawe aangegaan moet verduidelik kan word watter inkomste dié uitgawe kan genereer om sodoende die uitgawe te regverdig. Vir die tydperk van 1 Junie 2024 tot 31 Junie 2027, bepaal die begroting dat die skuld van die Mosselbaai-munisipaliteit gaan vermeerder tot R610 000 000 met 'n rentelas van R57 000 000 per jaar vir 'n tydperk van die volgende 20 tot 30 jaar.

Lees Belastingtariefverhogings vir 7 jaar - Dit is duidelik dat die Mosselbaai-munisipaliteit lenings finansier met belastingtariewe wat bó die inflasiekoers is. Die reëls van tesourie is dat belasting nie meer as 6% per jaar mag verhoog nie.

Hou dié reël en konsepte in gedagte terwyl u na die opname luister. Dit dra by om 'n beter begrip van die situasie te kry.

Begrotingsvergadering.m4a

Vanaf 2022 probeer die MGEV tevergeefs om hierdie feite oor te dra. Of die sentrale regering die salarisse van die raad betaal of "toelaes" toestaan, maak nie saak nie. DIT IS ALTYD DIE GEMEENSKAPPE WAT DAARVOOR BETAAL. Luister na wat Margaret Thatcher daaroor te sê het.

Margaret Thatcher die ware feite


Begroting ontvang tydens vergadering van 24 April 2024 om 16:00
#35
Die MGEV se ondersoek na die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit het vasgestel dat die begin van die verval van ons dorp se finansies in 2017 begin het:

Hoekom is die ondersoek gedoen?

10 jaar gelede -  Mosselbaai-munisipaliteit skuldvry. Sonder skuld! Hoe lyk ons vandag?

Die ouditeur-generaal se verslae het baie en wesentlike probleme uitgewys!

Vrae oor die 2024/25 begroting.

Ten spyte van ons ondersoek publiseer Ratings Afrika die volgende:

1) Op Donderdag, 26 April 2018, Mossel Bay Advertiser berig oor die Ratings Afrika verslag

2) Op Dinsdag, 20 April 2021, Mossel Bay Advertiser berig oor die Ratings Afrika verslag

3) Op Maandag, 22 April 2024, Mossel Bay Advertiser berig oor die Ratings Africa verslag

Konteks: Die 'goeie verslag' word beskikbaar gestel kort voor die verkiesing van 2024 wat gehou gaan word op 29 Mei 2024.

Dit is merkwaardig dat 'positiewe nuus' oor Mosselbaai-munisipaliteit in die media verskyn veral wanneer daar 'n begroting ter sprake is óf wanneer daar 'n verkiesing is. Mosselbaai se inwoners word deur 'goeie nuus' gesus (gemanipuleer?). Om antwoorde van verkose politieke ampsdraers te kry ten opsigte van kritiese vrae is om die minste te sê 'n onverkwiklike proses.

Die gemeenskap het die volgende vrae: 1. Wie het die R250 000 ondersoek deur Ratings Afrika gefinansier?
2. Was die ses instellings wat die verslag versprei het bewus van die Mosselbaai-grondeienaarsvereniging (MGEV) se oudit en verskeie verslae wat MGEV sedert 2022 uitgebring en beskikbaar gestel het?

Hierdie instellings sluit in:

- Die Munisipaliteit van Mosselbaai
- Die Demokratiese Alliansie (DA)
- AfriForum
- Solidariteit
- Mosselbaai Sakekamer
- Mnr. Alan Winde, die premier van die Wes-Kaap


#36
Demokrties Aliansie Brief 22 April 2024.pdf


Hoof: Demokratiese Alliansie (DA)                                  Datum: 22 April 2024
Marx-gebou
Parlement
Pleinstraat
Kaapstad

e-pos: parliamentaryleader@da.org.za

Die Uitvoerende Hoof                                                   
Vir aandag: Mnr John Steenhuisen

Die Mosselbaai-Grondeienaarsvereniging (MGEV) is reeds van 2019 aktief besig om die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit te ondersoek.

Die MGEV is gedurende die finansiële jaar van 2021/22 amptelik gestig. Ter saaklike inligting oor dié stigting kan op die skakel hieronder gelees word:
https://mgev.co.za/index.php?topic=1.0 Dokument is reeds deur 1073 eienaars gelees.

Die begroting van Mosselbaai-munisipaliteit van 2024/25 is 'n geweldige bekommernis vir grondeienaars. Die begroting van 2024/25 tot 2026/27 gaan Mosselbaai in 'n skuld dompel van R612 miljoen, met 'n rentelas van R57 miljoen per jaar. Om hierdie skuldlas te vereffen sal 'n groot aantal grondeienaars wat belasting betaal in bankrotskap gedompel word.
https://mgev.co.za/index.php?topic=80.0 Dokument is 10 dae oud en is reeds deur 321 eienaars gelees.

Verskeie pogings is aangewend om dié probleme wat die MGEV met die bestuur van die dorp het onder die aandag van die Munisipaliteit van Mosselbaai te bring. Die MGEV is egter deur die Mosselbaai- munisipaliteit verbied om direk met die munisipaliteit te kommunikeer. Ons mag alleen vrae en korrespondensie aan 'n munisipale aangewese prokureursfirma rig om moontlik vrae beantwoord te kry. Die korrespondensie van die afgelope 2 jaar kan op die volgende skakel gelees word.
https://mgev.co.za/index.php?topic=25.0 Die dokument is reeds deur 488 eienaars gelees.

Groot was die MGEV se verbasing toe mediaberigte geplaas is en daar uit verskeie oorde gehoor word hoe goed dit met met die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit gaan. Volgens hierdie berigte die beste in die land! Hier is die dokument wat die verbasing dokumenteer:
https://mgev.co.za/index.php?topic=85.0 Dokument is Vrydag gepos en is in 2 dae reeds 118 keer gelees.

Die MGEV het 'n dokument opgestel oor die 13 redes hoekom die huidige munisipale stelsel van Suid-Afrika van die eerste dag van 1994 – 1996, tydens die inlywingsperiode, gedoem was om te misluk:
https://mgev.co.za/index.php?topic=37.0 Dokument is reeds 716 keer gelees.

Die MGEV vra die gemeenskap van Mosselbaai gereeld en voortdurend wat hulle mening is en hoe hulle voel. Lees gerus wat die gemeenskap se siening is:
https://mgev.co.za/index.php?topic=36.0

MGEV staan vir selfbeskikking van gemeenskappe. Suid - Afrika is tans reguit oppad na 'n totale kommunistiese bestel:
https://mgev.co.za/index.php?topic=31.0

Ten slotte: Die koste van die ontslag van amptenare - die een na die ander - is onaanvaarbaar. Dit is kostes wat deur belastingbetalers van Mosselbaai gedra word. Ten grondslag hiervan lê swak bestuur en oneerlike optrede.
https://mgev.co.za/index.php?board=37.0


Die MGEV ontvang graag terugvoering van die Demokratiese Alliansie (DA) oor dié probleme wat in Mosselbaai ondervind word.                       


Vriendelike groete

Johan Grabe
Voorsitter
Mosselbaai - Grondeienaarsvereniging (MGEV)

#37
Afrifroum Brief aan Mnr Kallie Kriel 22 April 2024.pdf


AfriForum                                                                Datum: 22 April 2024
Unionlaan 58
Kloofsig
Centurion

E-pos adres: kallie.kriel@afriforum.co.za of navrae@afriforum.co.za 

Die Uitvoerende Hoof                                                      Vir aandag: Mnr Kallie Kriel

Dit was 'n voorreg om u en Flip Buys gedurende die oggendontbyt van 28 Februarie 2024 in die Diaz Hotel te ontmoet.

Sedert ons ontmoeting in Februarie 2024 is 'n berig van Ratings Africa in die Mosselbaai Advertizer geplaas wat dieselfde boodskap aan die gemeenskap van Mosselbaai oordra ten opsigte van die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit as die inligting wat u tydens die oggendontbyt meegedeel het.

MGEV is sedert 2019 besig met 'n forensiese oudit van die geouditeerde finansiële state van Mosselbaai-munisipaliteit, tot so vêr in die verlede as 2003.

Ons wil u uitnooi om kennis te neem van ons feitelike waarnemings en gevolgtrekking met betrekking tot die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit.
Lees gerus die volgende op die MGEV tuisblad.

Die rede hoekom die MGEV gestig is – die skakel: https://mgev.co.za/index.php?topic=1.0
Gemeenskap vra, hoekom verskil die MGEV en AfriForum? -  die skakel: https://mgev.co.za/index.php?topic=85.0
MGEV het dieselfde vraag aan Ratings Africa gevra. – die skakel:  https://mgev.co.za/index.php?topic=86.0

Ons sal graag die detail van die AfriForum-ondersoek van die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit wil bekom om te verstaan hoe Afriforum by informasie kom wat die basis van AfriForum se navorsingsverslag en gevolgtrekking is.

Tydens die vrae-sessie voor die vergadering verdaag het was daar 'n vraag van mnr Piet van die Moot in Pretoria wat wou weet hoekom die gemeenskappe van Suid-Afrika nie beheer kan neem van hulle eie belastinggeld nie.

Lees alles hier oor die Nasionale Belastingbetalersunie: www.nas-bel-unie.co.za
Lees alles hier oor die Mosselbaai-promulgasie ondersoek:  https://mgev.co.za/index.php?topic=10.0
Die korrespondensie met Mosselbaai-munisipaliteit sedert 2022: https://mgev.co.za/index.php?topic=25.0

Ons verneem graag weer van u met betrekking tot u ondersoek na die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit.

Vriendelike groete


Johan Grabe
Voorsitter
Mosselbaai-grondeienaarsvereniging (MGEV)
#38
Solidariteit Brief aan Mnr Flip Buis 22 April 2024.pdf


Solidariteit                                                                Datum: 22 April 2024
Hoek van DF Malan- en Eendrachtstraat
Kloofsig
Centurion
Pretoria

e-pos: service@solidarity.co.za

Die Voorsitter                                                              Vir aandag: Mnr Flip Buys

Dit was 'n voorreg om u en mnr Kallie Kriel gedurende die oggendontbyt van 28 Februarie 2024 in die Diaz Hotel te ontmoet.

Sedert ons ontmoeting in Februarie 2024 is 'n berig van Ratings Africa in die Mosselbaai Advertizer geplaas wat dieselfde boodskap aan die gemeenskap van Mosselbaai oordra ten opsigte van die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit as die inligting wat u tydens die oggendontbyt meegedeel het.

MGEV is sedert 2019 besig met 'n forensiese oudit van die geouditeerde finansiële state van Mosselbaai-munisipaliteit, tot so vêr in die verlede as 2003.

Ons wil u uitnooi om kennis te neem van ons feitelike waarnemings en gevolgtrekking met betrekking tot die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit.
Lees gerus die volgende op die MGEV tuisblad.

Die rede hoekom die MGEV gestig is – die skakel: https://mgev.co.za/index.php?topic=1.0
Gemeenskap vra, hoekom verskil die MGEV en AfriForum? -  die skakel: https://mgev.co.za/index.php?topic=85.0
MGEV het dieselfde vraag aan Ratings Africa gevra. – die skakel:  https://mgev.co.za/index.php?topic=86.0

Ons sal graag die detail van die AfriForum-ondersoek van die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit wil bekom om te verstaan hoe Afriforum by informasie kom wat die basis van AfriForum se navorsingsverslag en gevolgtrekking is.

Tydens die vrae-sessie voor die vergadering verdaag het was daar 'n vraag van mnr Piet van die Moot in Pretoria wat wou weet hoekom die gemeenskappe van Suid-Afrika nie beheer kan neem van hulle eie belastinggeld nie.

Lees alles hier oor die Nasionale Belastingbetalersunie: www.nas-bel-unie.co.za
Lees alles hier oor die Mosselbaai-promulgasie ondersoek:  https://mgev.co.za/index.php?topic=10.0
Die korrespondensie met Mosselbaai-munisipaliteit sedert 2022: https://mgev.co.za/index.php?topic=25.0

Ons verneem graag weer van u met betrekking tot u ondersoek na die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit.

Vriendelike groete


Johan Grabe
Voorsitter
Mosselbaai-grondeienaarsvereniging (MGEV)
#39
Agtergrond:

Werk eers deur die dokument:

MGEV se ondersoek na die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit

Die kernvraag is: hoekom word vals en verkeerde inligting deur die Demokratiese Alliansie (DA), AfriForum, Solidariteit, Ratings Africa en Mosselbaai-munisipaliteit aan die gemeenskap van Mosselbaai versprei? Die enigste manier om agter die kap van die byl te kom is om dié instansies te vra hoe hulle aan hulle inligting kom.

Wat soos 'n paal bo water uitstaan is dat nie een van die vier instansies kan beweer dat hulle het nie van die ware feitelike inligting soos deur MGEV versprei, weet nie.  .


1) AfriForum Solidariteit 23 Feb 2024.jpg    2) AfriForum Solidariteit 28 Feb 2024.jpg

Die dokument hieronder bied 'n oorsig van verskeie mediaberigte wat na die AfriForum en Solidariteit besoek verskyn het.

Lees: AfriForum en Solidariteit se bevindinge tydens die besoek

Die skrywes hier onder aan die 4 instansies se hoofde se enigste doel is om hierdie misverstande reg te stel. Die gemeenskap van Mosselbaai verdien die waarheid.

Skrywes aan mnr Dirk Kotze, Burgermeester en Munisipale Raad vanaf Oktober 2022
Skrywes aan mnr Charl Kocks Uitvoerende Hoof van Ratings Africa
Skrywe aan mnr Filp Buys, Voorsitter van Solidariteit Beweging.
Skrywe mnr Kallie Kriel Uitvoerende Hoof van AfriForum.


5) DA Verslag oor Ratings Africa.JPG
Skakel na die voledige berig op:  https://www.da.org.za/

Skrywe aan mnr John Steenhuisen, Hoof, Demokratiese Alliansie (DA)



#40
Agtergrond:

Werk eers deur die dokument:

MGEV se ondersoek na die finansies van Mosselbaai Munisipaliteit

1) Mosselbaai Munisipaliteit Ratings Africa - Datum 12 April 2024.JPG 2) Mosselbaai Munisipaliteit Ratings Africa - Datum 12 April 2024.JPG

Dit was 'n groot verrassing om Ratings Africa wat in Gauteng gebaseer is, se berigte in Mosselbaai Advertizer  deur te werk met betrekking tot wat hulle indrukke van ons dorp se finansies is. Volgens hulle waarnemings gaan dit baie goed met Mosselbaai - die beste in Suid-Afrika!

By navraag het die MGEV uitgevind dat die koste om die ondersoek te laat doen R250 000 was. In Mosselbaai se geval was die ondersoek gedoen oor 'n tydperk van vier dae, bestaande uit twee onderhoude van een uur elk wat per dag gevoer is. Die uitslag van die vier dae se ondersoeke word in die berigte hierbo uiteengesit.

MGEV het op die dag wat die berigte geplaas is kontak gemaak met Ratings Africa om te verstaan hoe hulle aan hulle informasie kom wat die basis van hulle navorsingsverslag en gradering is. Tot op hede het MGEV nog geen terugvoering van hierdie navraag ontvang nie.

Sien MGEV se vier e-posse van 15, 16 en 19 April 2024 aan Mnr Charl Kocks van Ratings Africa oor die berigte se geloofwaardigheid.

Ratings Africa e-pos 1 - Datum 15 April 2024.pdf
Ratings Africa e-pos 2 - Datum 15 April 2024.pdf
Ratings Africa e-pos 3 - Datum 16 April 2024.pdf
Ratings Africa e-pos 4 - Datum 19 April 2024.pdf

Tot op hede het MGEV nog geen terugvoering van Mnr Charl Kocks van Ratings Africa ontvang nie.