• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Begrotingsvergadering van Hartenbos gehou 24 April 2024 om 16:00

Started by Administrator, Apr 25, 2024, 06:39 AM

Previous topic - Next topic

Administrator

Mosselbaai-grondeienaars, luister asseblief na en neem kennis van die Hartenbos- begrotingsvergadering wat op 24 April 2024 om 16:00 plaasgevind het.

Dit is belangrik om die volgende konsep in gedagte te hou:

'n Munisipaliteit móét soos 'n besigheid bedryf word. Vir elke uitgawe aangegaan moet verduidelik kan word watter inkomste dié uitgawe kan genereer om sodoende die uitgawe te regverdig. Vir die tydperk van 1 Junie 2024 tot 31 Junie 2027, bepaal die begroting dat die skuld van die Mosselbaai-munisipaliteit gaan vermeerder tot R610 000 000 met 'n rentelas van R57 000 000 per jaar vir 'n tydperk van die volgende 20 tot 30 jaar.

Lees Belastingtariefverhogings vir 7 jaar - Dit is duidelik dat die Mosselbaai-munisipaliteit lenings finansier met belastingtariewe wat bó die inflasiekoers is. Die reëls van tesourie is dat belasting nie meer as 6% per jaar mag verhoog nie.

Hou dié reël en konsepte in gedagte terwyl u na die opname luister. Dit dra by om 'n beter begrip van die situasie te kry.

Begrotingsvergadering.m4a

Vanaf 2022 probeer die MGEV tevergeefs om hierdie feite oor te dra. Of die sentrale regering die salarisse van die raad betaal of "toelaes" toestaan, maak nie saak nie. DIT IS ALTYD DIE GEMEENSKAPPE WAT DAARVOOR BETAAL. Luister na wat Margaret Thatcher daaroor te sê het.

Margaret Thatcher die ware feite


Begroting ontvang tydens vergadering van 24 April 2024 om 16:00