• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Skrywe aan mnr Filp Buys Voorsitter van Solidariteit Beweging

Started by Administrator, Apr 21, 2024, 02:24 PM

Previous topic - Next topic

Administrator

Solidariteit Brief aan Mnr Flip Buis 22 April 2024.pdf


Solidariteit                                                                Datum: 22 April 2024
Hoek van DF Malan- en Eendrachtstraat
Kloofsig
Centurion
Pretoria

e-pos: service@solidarity.co.za

Die Voorsitter                                                              Vir aandag: Mnr Flip Buys

Dit was 'n voorreg om u en mnr Kallie Kriel gedurende die oggendontbyt van 28 Februarie 2024 in die Diaz Hotel te ontmoet.

Sedert ons ontmoeting in Februarie 2024 is 'n berig van Ratings Africa in die Mosselbaai Advertizer geplaas wat dieselfde boodskap aan die gemeenskap van Mosselbaai oordra ten opsigte van die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit as die inligting wat u tydens die oggendontbyt meegedeel het.

MGEV is sedert 2019 besig met 'n forensiese oudit van die geouditeerde finansiële state van Mosselbaai-munisipaliteit, tot so vêr in die verlede as 2003.

Ons wil u uitnooi om kennis te neem van ons feitelike waarnemings en gevolgtrekking met betrekking tot die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit.
Lees gerus die volgende op die MGEV tuisblad.

Die rede hoekom die MGEV gestig is – die skakel: https://mgev.co.za/index.php?topic=1.0
Gemeenskap vra, hoekom verskil die MGEV en AfriForum? -  die skakel: https://mgev.co.za/index.php?topic=85.0
MGEV het dieselfde vraag aan Ratings Africa gevra. – die skakel:  https://mgev.co.za/index.php?topic=86.0

Ons sal graag die detail van die AfriForum-ondersoek van die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit wil bekom om te verstaan hoe Afriforum by informasie kom wat die basis van AfriForum se navorsingsverslag en gevolgtrekking is.

Tydens die vrae-sessie voor die vergadering verdaag het was daar 'n vraag van mnr Piet van die Moot in Pretoria wat wou weet hoekom die gemeenskappe van Suid-Afrika nie beheer kan neem van hulle eie belastinggeld nie.

Lees alles hier oor die Nasionale Belastingbetalersunie: www.nas-bel-unie.co.za
Lees alles hier oor die Mosselbaai-promulgasie ondersoek:  https://mgev.co.za/index.php?topic=10.0
Die korrespondensie met Mosselbaai-munisipaliteit sedert 2022: https://mgev.co.za/index.php?topic=25.0

Ons verneem graag weer van u met betrekking tot u ondersoek na die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit.

Vriendelike groete


Johan Grabe
Voorsitter
Mosselbaai-grondeienaarsvereniging (MGEV)