• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Mosselbaai Grond Eienaars Vereniging (MGEV)

Started by MGEV, May 29, 2022, 02:58 PM

Previous topic - Next topic

MGEV

SONDER DIE BENADELING VAN DIE REGTE VAN DIE MGEV

As grond eienaars in Mosselbaai, het die MGEV 'n onafhanklike ondersoek laat doen oor die finansies van Mosselbaai Munisipaliteit.

Die finansiële state van 2021 en  begroting van die 2022/23 jaar, was twee van die grootste redes hoekom die ondersoek  gedoen is:

1. Die lening van R115 000 000 wat die dorp maandeliks met R1 000 000 verarm;
2. Die uitgawes van kontrakteurs wat buite beheer is;
3. Die boetes van R15 000 000 per jaar;
4. Asook die verhoging van eiendomsbelasting met 9% waar die inflasiekoers slegs 5% is, is onaanvaarbaar.

Soos verwag, is die begroting goedgekeur omdat die Politici in Mosselbaai die enigste seggenskap het en nie die eienaars wat belasting betaal nie. Ons het dus geen keuse as om ook ons bevindinge onafhanklik aan die eienaars van Mosselbaai bekend te maak.

Doen asseblief self ondersoek. Elke syfer op die kuberruimte het onder of langsaan 'n bladsy en nota verwysing waar dit uit die Finansiële state of oudit verslae kom.

Alle inligting op die kuberruimte is van Tesourie verkry, en kom net so uit die Finansiële state en Oudit verslae vanaf 2005 tot 2021.

Die Munisipale verslae vir Suid Afrika kan hier gevind word op Tesourie Munisipale verslae hoekom 2021/22 en 2022/23 se verslae vir alle Munisipaliteite nie daar is nie laat mens wonder wat gaan aan in tesourie?

Dit wil voorkom asof Tesourie vir die algemene publiek nie meer toeganklik is nie Tesourie vereis nou registrasie die vereiste is na die mening van MGEV teen die bepalings van die grondwet van RSA.

Vanaf 1 Januarie 2024 sal die 2021/22 en 2022/23 jare gedoen en bygevoeg word daar is alternatiewe Kuberruimtes waar Munisipale inligting bekom kan word soos volg:

Munisipale inligting Suid Afrika - 'n Skoon Audit beteken nie dat daar goed na die geldsake van die dorp gekyk word nie soos deur due Grondwet van RSA bepaal word!

Mosselbaai Munisipaliteit is ook 'n bron waar die State verkry kan word

Na 'n soektog is Mosselbaai Munisipaliteit se 2022/23 state gevind

Mosselbaai Munisipaliteit se 2021/22 state is gevind op Bladsy 261 tot 479 van die Jaarverslag

Die ondersoekspan kon interpretasie foute in die ondersoek gemaak het, daarom word enige persoon, of liggaam -  ook Mosselbaai Munisipaliteit - genooi om enige foute deur die span gemaak onder ons aandag te bring sodat dit reggestel kan word. Natuurlik met die nodige brondokumente en verduideliking wat nie in die finansiële state en oudit verslae duidelik uiteengesit is nie.

Die e-pos waarheen foute rapporteer moet word is admin@mgev.co.za. Dit sal onmiddellik reggestel word, met die nodige verduideliking op hierdie kuberruimte waar die ondersoek fout gemaak is.

Die langtermyn oogmerk is dat die MGEV die onafhanklike, nie-politieke mondstuk word van die eienaars wat die belasting betaal. MGEV moet keer dat Mosselbaai nie dieselfde pad stap as Bloemfontein, en meeste ander stede van RSA nie.

Die Finansiële state en Oudit verslae  van 2017 tot 2021 het die dringende stigting van die MGEV verhaas. Wat uit die syfers duidelik raak is dat Mosselbaai kort op die hakke van Bloemfontein se verval is.

Weereens: doen asseblief self ondersoek om seker te maak die afleidings is korrek. Rapporteer ook enige foute wat gemaak is.