• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Opsomming van die forensiese ondersoek vir 'n tydperk van 22 jaar - 2004 tot 2026

Started by Administrator, May 29, 2022, 07:17 PM

Previous topic - Next topic

Administrator

Opdatering en die bevindings van die deurlopende ondersoek wat strek oor 'n tydperk van 22 jaar, waarvan twee jaar nog in die toekoms lê:

Lees die MGEV se eerste artikel " https://mgev.co.za/index.php?topic=1.0 ".  Die rede van die stigting van die MGEV is die gevolg van die raadslede en individue in die gemeenskap se bekommernis oor die heel eerste lening van R115 000 000 wat aangegaan is ten einde infrastruktuur te voorsien.

Hierdie is die tweede artikel deur die MGEV geskryf om die detail, die gevaar en die gevolge van die lenings wat deur die Mosselbaai-munisipale raad aangegaan is, aan Mosselbaai-grondeienaars bekend te maak.

Uit die 2022/23 en 2023/24 finansiële  state en 2024/25 en 2025/26 begrotingsdokumente is dit duidelik dat die geld gaan vir elektrisiteitvoorsiening.

DIT WIL VOORKOM OF DIE ESKOM PROBLEME IETS VAN DIE VERLEDE IS. WAT MAAK ONS NOU MET DIE LENING EN GEPAARDGAANDE SKULDLAS? KAN DIE INKOMSTE WAT GEGENEREER WORD MET DIE KAPITALE UITGAWE DIE RENTE EN KAPITALE LAS WAT TOT R1 010 000 000 KAN BELOOP DEK? INDIEN NIE, WIE GAAN DIE KAPITAAL EN RENTE TERUGBETAAL?

Die MGEV is deur verskeie raadslede van alle politieke partye genader wat steeds anoniem wil bly om verskeie redes. Dié raadslede beweer dat 'n aantal raadslede wat in die betrokke raadsvergadering teenwoordig was,teen die aangaan van lenings was, maar dat die munisipale raad steeds gewoon voortgegaan het om die lenings deur te druk. Geen behoorlike verduideliking is in die raad gegee hoekom die lening aangegaan moes word nie. Ook is geen inligting aan die raad verskaf watter inkomste die uitgawe van R145 000 000 in 2021/22 sal genereer nie.

Die bronne wat gebruik is vir die ondersoek is die begrotings, geouditeerde finansiële verslae asook die Ouditeur-generaal se ouditverslae  vir hierdie periode. Die brondokumente kan aan enige persoon wat graag daarna wil kyk gratis voorsien word.

In 2011 - 13 jaar gelede - was Mosselbaai-munisipaliteit feitlik skuldvry:

Totale skuldlas soos op 30 Junie 2011: R662 124
Totale rente vir die 2010/2011 jaar:  R166 718

Vrae oor die geldigheid van die lenings aangegaan. Die energie projek?:

-  Kyk die Video op die skakel hierbo - Twee jaar gelede sit ons in die 2020/21 finansiële jaar.
-  Die begrotings- en ontwikkelingsprogram is sonder sukses deurgewerk.
-  Die MGEV kon nie enige goedkeuringsdokumente opspoor waarna die burgemeester verwys nie.
-  Enige persoon wat oor dié detail beskik, stuur asseblief aan vir die MGEV vir verdere ondersoek.
-  Indien die mandaat nie gevind kan word nie is die lenings onwettig aangegaan!

Totale skuldlas soos op 30 Junie 2023: R173 506 365
Totale rente vir die 2022/2023 jaar:  R17 206 908

Bron van die Inligting hieronder: die begroting 2023/24 en 2024/25

Totale skuldlas soos op 30 Junie 2024: R173 506 365 + R168 360 000 = R336 866 365
Totale rente vir die 2023/2024 jaar:  R30 000 000

Nuwe skuld voorgestel vir die 2024/25 finansiële jaar  (bron: die begroting 2024/25) word 27 Junie 2024 goedgekeur ten spyte van die onbeantwoorde vrae van die gemeenskap.

Totale skuldlas soos op 30 Junie 2025: R336 866 365 + R273 133 635 = R610 000 000
Totale Rrente vir die 2024/2025 jaar:  R57 000 000

Die lenings aangegaan is vir 'n termyn van 10 tot 20 Jaar.

Mosselbaai-grondeienaars: sonder die detail van wat beplan word kan MGEV slegs die stelling maak dat die mense van Mosselbaai die las deur die munisipaliteit op hulle geplaas nie kan bekostig nie.

Tydens die begrotingsvergadering van Hartenbos gehou op 24 April 2024 om 16:00 is detail versoek oor kapitaalprojekte met spesifieke verwysing na die kontant wat projekte vir die munisipaliteit gaan genereer. Tot op datum is geen terugvoering ontvang nie. Die dokument aangeheg hier onder is 'n uittreksel van die begrotings wat duidelik meld dat die projekte kontant vir die dorp gaan genereer. In die dokument word verwys na "Annexure C" wat die detail van die kapitaalprojek verduidelik. Daar is egter niks hieroor in die dokument waarna verwys word.

Kapitaalbegrotings 2023-24 - 2024-25: geen detail voorsien.pdf

Een van die MGEV-lede het die "Draft capital budget 2024-25 Page 66 to 69.pdfDraft Capital Budget vir 2024-25 aangestuur " Dankie daarvoor.

Hierdie dokument moes aan die gemeenskap voorsien word voor die begrotingsvergadering wat nie gedoen is nie. Bladsy 66 tot 69 van die dokument gee van die inligting wat benodig word maar sekere inligting ontbreek soos volg:

Inligting van belang:

Kapitaal Bron van die fondse vir Infrastruktuur:

Punt Nr    Bron van Geld    Bedrag   
-1)Reserwes en gemeenskap se spaargelde            R203 731 294
-2)Toekennings R47 741 343
-3)Nuwe lenings aangegaan 2024/25R186 860 000
TotaalBeskikbaar gestelR438 332 636

Hierdie R438 332 636 SLEGS KAPITAAL PROJEKTE gaan soos volg spandeer word in 2024/25 Finansiële Jaar:

Punt Nr    Spandeer van Fondse    Bedrag   
-1)Hof, Regsdienste en Munisipale bestuurderR79 500
-2)Media, Rekenaarsentrum, KonsultanteR6 923 500
-3)Finansiële KonsultanteR2 964 700
-4)Elektriese InfrastruktuurR179 243 000
-5)StormwaterinfrastruktuurR10 752 989
-6)Strate Infrastruktuur R20 748 432
-7)Riooldiensteinfrastruktuur R70 859 898
-8)WaterinfrastruktuurR47 510 000
-9)Tegniese InfrastruktuurR6 313 500
-10)Munisipale Geboue en Advertensies Infrastruktuur    R32 215 382
-11)Geïntegreerde Menslike NedersettingR21 308 695
-12)Beplanning en Ekonomiese InfrastruktuurR5 735 000
-13)Gemeenskap Veiligheid InfrastruktuurR6 450 038
-14)Gemeenskaps Dienste InfrastruktuurR27 228 003
TotaalTotaal Infrastruktuur uitgawes vir 2024/25 R438 332 636

Die eerste uiters belangrike vraag is: Wat is die finansiële kwalifikasies van die personeel van die munisipaliteit wat die begrotingsvergaderings gelei het. In die Hartenbos begrotingsvergadering was drie gemeenskapslede wat ook rekenmeesters is, teenwoordig. Na ons mening was die mense wat die begrotings vergadering moes lei totaal onbevoeg om so 'n verandering te lei.

Vir elkeeen van die 14 kapitale uitgawes hierbo goedgekeur wil die gemeenskap 'n toekomstige inkomstebegroting ontvang asook 'n aanduiding wat die kapitale uitgawes van 2024/25 gaan oplewer.

Sodra die 2023/24 finansiële state afgehandel is ontvang die gemeenskap ook graag die werklike inkomste wat ontvang is om dit te vergelyk met die kapitale uitgawes vir die 2023/24 finansiële jaar.

Die ondersoek het begin in die 2021/22 jaar waar die eerste R115 000 000 geleen is. Daarom word die detail van watter inkomste deur dié kapitaalprojekte gegenereer word en hoeveel daarvan deur die belastingbetalers voorsien moet word. Uit die begrotings dokumente is die verlies aan rente meer as R200 000 000 vir Mosselbaai en sy mense as die lenings oor'n tien jaar tydperk terugbetaal kan word.

In die 2 aflaaibare verslae hieronder is die bladsyverwysings asook die finansiële state waaruit die inligting verkry is met verwysings na waar die spesifieke bedrae verkry is in die verslae. Doen ook self ondersoek na die feite van wat die syfers openbaar in hierdie dokumente.

MBM Ondersoek 19 Jaar 2006 tot 2024.pdf

Understand the year-to-year comparison Report.jpg

Mossel Bay Municipality ability to function independent on its own from 2009 to 2023.pdf

True Performance of Mosselbay Municipality.jpg