• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Skrywe aan mnr John Steenhuisen, Hoof Demokratiese Alliansie (DA)

Started by Administrator, Apr 21, 2024, 02:26 PM

Previous topic - Next topic

Administrator

Demokrties Aliansie Brief 22 April 2024.pdf


Hoof: Demokratiese Alliansie (DA)                                  Datum: 22 April 2024
Marx-gebou
Parlement
Pleinstraat
Kaapstad

e-pos: parliamentaryleader@da.org.za

Die Uitvoerende Hoof                                                   
Vir aandag: Mnr John Steenhuisen

Die Mosselbaai-Grondeienaarsvereniging (MGEV) is reeds van 2019 aktief besig om die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit te ondersoek.

Die MGEV is gedurende die finansiële jaar van 2021/22 amptelik gestig. Ter saaklike inligting oor dié stigting kan op die skakel hieronder gelees word:
https://mgev.co.za/index.php?topic=1.0 Dokument is reeds deur 1073 eienaars gelees.

Die begroting van Mosselbaai-munisipaliteit van 2024/25 is 'n geweldige bekommernis vir grondeienaars. Die begroting van 2024/25 tot 2026/27 gaan Mosselbaai in 'n skuld dompel van R612 miljoen, met 'n rentelas van R57 miljoen per jaar. Om hierdie skuldlas te vereffen sal 'n groot aantal grondeienaars wat belasting betaal in bankrotskap gedompel word.
https://mgev.co.za/index.php?topic=80.0 Dokument is 10 dae oud en is reeds deur 321 eienaars gelees.

Verskeie pogings is aangewend om dié probleme wat die MGEV met die bestuur van die dorp het onder die aandag van die Munisipaliteit van Mosselbaai te bring. Die MGEV is egter deur die Mosselbaai- munisipaliteit verbied om direk met die munisipaliteit te kommunikeer. Ons mag alleen vrae en korrespondensie aan 'n munisipale aangewese prokureursfirma rig om moontlik vrae beantwoord te kry. Die korrespondensie van die afgelope 2 jaar kan op die volgende skakel gelees word.
https://mgev.co.za/index.php?topic=25.0 Die dokument is reeds deur 488 eienaars gelees.

Groot was die MGEV se verbasing toe mediaberigte geplaas is en daar uit verskeie oorde gehoor word hoe goed dit met met die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit gaan. Volgens hierdie berigte die beste in die land! Hier is die dokument wat die verbasing dokumenteer:
https://mgev.co.za/index.php?topic=85.0 Dokument is Vrydag gepos en is in 2 dae reeds 118 keer gelees.

Die MGEV het 'n dokument opgestel oor die 13 redes hoekom die huidige munisipale stelsel van Suid-Afrika van die eerste dag van 1994 – 1996, tydens die inlywingsperiode, gedoem was om te misluk:
https://mgev.co.za/index.php?topic=37.0 Dokument is reeds 716 keer gelees.

Die MGEV vra die gemeenskap van Mosselbaai gereeld en voortdurend wat hulle mening is en hoe hulle voel. Lees gerus wat die gemeenskap se siening is:
https://mgev.co.za/index.php?topic=36.0

MGEV staan vir selfbeskikking van gemeenskappe. Suid - Afrika is tans reguit oppad na 'n totale kommunistiese bestel:
https://mgev.co.za/index.php?topic=31.0

Ten slotte: Die koste van die ontslag van amptenare - die een na die ander - is onaanvaarbaar. Dit is kostes wat deur belastingbetalers van Mosselbaai gedra word. Ten grondslag hiervan lê swak bestuur en oneerlike optrede.
https://mgev.co.za/index.php?board=37.0


Die MGEV ontvang graag terugvoering van die Demokratiese Alliansie (DA) oor dié probleme wat in Mosselbaai ondervind word.                       


Vriendelike groete

Johan Grabe
Voorsitter
Mosselbaai - Grondeienaarsvereniging (MGEV)