• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Recent posts

#71
Koerant berigte en Protes Dokument oor erf 6393 Danabaai.

Skakel na die berig aanlyn

Hartenbos gesels groep is 'n groep vir die gewone algemene goedhartige mens van Mosselbaai. Mens sou kan sê die sout van die aarde mense wat lief is vir hulle gemeenskap en graag almal help waar hulle kan sonder konflik.

Op die WhatsApp Hartenbos Gesels Groep het ons gevra hoe die gemeenskap die klagtes op erf 6393 sien so is die vraag gevra:

Admin wil vanoggend 'n stemming hou oor die stukke gepos oor erf 6393 - 29 Februarie 2024:

Dit wat hier gepos is het raak twee kante. STEM JA ek sien dit as Mosselbaai se grond en die artiekel gepos behoort by die Hartenbos Gesels Groep (WhatsApp) PUBLIKE DEELNAME NIE BEHOORLIK GEVOLG --- OF --- STEM NEE die is Politieke Praatjies en hoort nie op die Hartenbos Gesels groep (WhatsApp) nie.

Die hartseer waarheid is die meeste gewone sout van die aarde mense in Mosselbaai sien klagtes en negatiewe Inligting oor die Munisipaliteit se onvermoë, bedrog, swak dienslewering en swak finansiële beheer as politieke praatjies. Om daardie rede gaan dit nog baie slegter moet gaan voor die algemene publiek besef dinge gaan nie so goed soos dit behoort te gaan in Mosselbaai se Munisipaliteit nie.

Hoe langer die verval voortgaan hoe moeiliker gaan dit wees om die dorp te herstel na die verandering besef word en daadwerklik omgedraai word.

DIE ENIGSTE MANIER OM DIE VERVAL OM TE DRAAI IS 'N NUWE STELSEL IN SUID AFRIKA GETROU AAN DIE BEPALINGS VAN ONS GRONDWET EN 100% VRY VAN POLITIEK.

#72
Swart Ekonomiese Bemagtiging kos Suid Afrika en Mosselbaai Grondeienaars jaarliks miljoene omdat Swart Ekonomies bemagtiging ook op die Munisipale en Provinsiale sektore van toepassing is.

Onafgehandelde tenders soos die burg tussen Mosselbaai en George is nou al as gevolg van Swart Ekonomies Bemagtiging reeds 3 keer onsuksesvol toegeken en ons betaal vir die gelag. Ons as die gemeenskappe van Suid Afrika moet begin kyk wat met ons publieke gelde gebeur. 

Sien Aaangeheg 2 dokumente in die verband.

Swart ekonomiese bemagtiging-kodes bedr...ke-omgewing op groot skaal - AfriForum.pdf

Munisipaliteite se probleme ʼn spieëlbeeld van SA se toestand _ Maroela Media.pdf

#73
In die Grondwet van Suid Afrika, 1996 is duidelik dat 'n Munisipaliteit moet ondersteun en bemoedig. Nie deelneem nie of die gemeenskapsveiligheid aksies oorneem en bestuur teen die koste van die gemeenskap nie.

Lees alles omtrent die JOC en funksies op die skakel: Detail oor die JOC 

Daarom die volgende vrae van uit die gemeenskap:

1) Watter instansie het die Mosselbaai Munisipaliteit die matiging gegee om gemeenskapsveiligheid aksies oorneem deur die instelling van die JOC.

2) Presies hoe het die finansiering van die JOC en sy aktiwiteite gewerk en deur watter proses is dit goedgekeur. 

3) Is daar 'n ooreenkoms tussen die 80 buurtwagte van Mosselbaai en die Mosselbaai Munisipaliteit om die gemeenskapsveiligheid aksies oorneem en self te bestuur eerder as om die instellings te bemoedig en te ondersteun.
#74
Die Grondwet van Suid Afrika, 1996 stel dit in Artikel 32 bladsy 13 en 14 baie duidelik:

Skakel na die Grondwet van Suid Afrika, 1996

Hoofstuk 2: Handves van Regte

Toegang tot inligting:

32. (1) Elkeen het die reg op toegang tot–
(a) enige inligting wat deur die staat gehou word; en
(b) enige inligting wat deur ʼn ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of beskerming van enige regte benodig word.

(2) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie reg gevolg te gee, en kan voorsiening maak vir redelike maatreëls om die administratiewe en finansiële las op die staat te verlig.

Op 2024-02-03 is dit al wat op die Webblad van Mosselbaai Munisipaliteit is oor die onderwerp.
Geen handleiding in die verband kan gevind word nie.

Toegang to Infromasie Mosselbaai Munisipaliteit.pdf

Skakel na die Dokument Hieronder

#75
Berigte in die Pers - De Bakke en Santos Strand Grond eienaars moet seker maak die aanslag gebied is nie om die JOC te Finansier nie.

Sien e-pos aangeheg detail is aangevra op 03 Februarie 2024.
#76
Water Komitee / Water Kommitee
Last post by Administrator - Jan 27, 2024, 07:33 PM
Sien Hofsaak aangeheg:

Woodlands HEV vs Mangaung munisipaliteit Uitspraak 13 Desember 2023

Jaap Kelder

Kommentaar

Woodlands HEV vs Mangaung munisipaliteit

Vullisverwydering vs Water

Die Woodhill inwoners het nou die reg verkry om hulle eie vullisverwydering te doen.  Dit is 'n munisipale diens in terme van die Munisipale Stelsels Wet 32/2000.  Dit is gelukkig 'n stap vorentoe en 'n groot gerusstelling vir bv. Reddersburg wat al die afgelope vyf jaar hulle eie vullisverwydering hanteer. Hulle is derhalwe nou nie meer op risiko op die punt nie.

Water is egter 'n ander storie. 

Water word deur munisipaliteite, as Water Diensverskaffers,  versprei in terme van die Water Wette 108/1997, 36/1998 en die Water Regulasies  van 8 Junie 2001.

Jy het derhalwe geen reg om by waterverspreiding in te meng op grond van die Woodhill vullisverwydering uitspraak nie.

Soos reeds verskeie kere genoem kan inwoners slegs by water verspreiding betrokke raak dmv. Water Komitees.  Dit is wat die Water Wette sê.  Dit gaan 'n "laaang"  pad wees om te stap, minstens vier-vyf jaar maar hoe gouer daarmee begin word hoe gouer gaan inwoners beheer oor die waterverspreiding kry.

Wat verder belangrik is , is dat elke dorp sal self sy Water Komitee aan die gang moet kry want die blote feit dat een dorp 'n Water komitee tot stand gebring het beteken hoegenaamd nie dat dit outomaties op ander dorpe van toepassing gaan wees soos in die geval van hofuitsprake nie. 

Wat egter sou help is wanneer een dorp eers 'n Water Komitee op die been het,  hetsy dmv. samewerking met die Dept. van Waterwese of heelwaarskynlik a.g.v.. 'n hofbevel,  dit die pad sou baan vir ander dorpe om ook hulle Water Komitees vinniger in plek te kry.  Hoe gouer een dorp dus bereid gaan wees om die pad te stap hoe meer dit in die belang van alle ander dorpe gaan wees.

Die probleem is en bly egter finansies.  Om 'n Water Komitee erken te kry gaan geld kos want elke stap wat geneem gaan word sal aanvanklik met die samewerking van 'n advokaat wat in water sake spesialiseer bespreek moet word en dit kom nie verniet nie.  Sou ons hof toe moet gaan moet jy jouself reg maak maak vir 4- 5 jaar in die howe met minstens R 400 000 se regskostes.  Vra my ek weet hoe lank hofsake duur en wat hofsake kos. Kyk nou maar net na die Koingnaas saak  Twee jaar in die howe en amper R 800 000 verder en ons het nog nie eers 'n uitspraak in die laagste hooggeregshof nie !  Sou die uitspraak teen ons wees beteken dit volbank toe, daarna Appèlhof en daarna eers die Konstitusionele Hof !  Ek weet nie eers of ek dit nog gaan beleef nie !

Dit beteken egter nie dat ons nie so gou moontlik op een dorp met die totstandkoming van 'n Water Komitee moet begin nie want as jy dink dat elektrisiteit vandag 'n probleem is wag net totdat water 'n probleem word !  Elektrisiteit kan jy nog altyd opwek dmv. kragopwekkers, sonkrag, water turbines, windkrag maar die dag as water op is dan is dit op !!  Die probleem is dat daar moontlik water in oorvloed sal wees maar soos die liedjie gaan " Water, water every where but not a drop to drink". omdat die bestaande water so besoedel gaan wees dat dit totaal ongeskik vir menslike/dierlike verbruik is.  Neem net die voorbeeld van Hartbeespoortdam.  Hulle moet water van Rand Water kry omdat Hartbeespoortdam die grootste riool dam in die wêreld is en die water ongeskik is vir menslike en dierlike gebruik.  Al wat dan gaan oorbly is boorgate maar op 'n dorp soos Sannieshof is die ondergrondse water oor die afgelope 100 jaar so besoedel  a.g.v.. "french drains " dat dit nie eers op die rugbyvelde gebruik kan word nie ! 

Wat egter tans van kritiese belang is, is dat daar rekord gehou word van die oortredings van die Water Wette, soos besoedeling deur nie-werkende rioolwerke en die nie-beskikbaarheid van water hetsy agv. van onvoldoende druk of water onderbrekings.  Die inligting moet oor 'n redelike periode strek sodat die oortredings aan Waterwese en later aan die hof voorgelê kan word. 

Die inligting sal dan op sy beurt die wettige gronde verskaf vir die stigting van Water Komitees.

Dit is natuurlik so dat daar moontlik 'n verandering in die regering gaan wees na die komende verkiesing maar ek is nie optimisties dat ons die verskaffing van water aan die politici kan oorlaat nie.

Geskryf Deur

Jaap Kelder - 2024-01-27
#77
Een van die grootste rampe wat Suid-Afrika in 1994 tot 1996 getref het was die inlywing van politiek in munisipaliteite. Die gevolg daarvan is:


Punt    Beskrywing van die politieke probleem vir RSA en sy mense    Die gevolge van die probleem    Aanhangsels: Klik om te lees   
1Klagtes oor dienslewering word gesien as Politieke  PraatjiesDit is 'n DiensleweringskrisisBerig Maroela Media
2Ongekwalifiseerde mense word in poste verkies Swak BesluitnemingHofsaak R64 miljoen met koste verloor
3Politici stel vriende en familie aan in kernposte Swak diensleweringPolitieke magspel Mosselbaai
4Politici meng in by die bestuur van die munisipaliteitNepotisme, die rampBeproefde resep van swak dorpe
5Raadsbesluite in belang van politieke party en nie die gemeenskap nie Ongelukkige gemeenskapPolitieke inmenging en geskille
6Inmenging by gemeenskapsprojekte om politieke punte aan te tekenVrywilige werkers word mismoedigHoe Hartenbossers benadeel is
7Negatiewe media moet ten alle koste vermy word Mosselbaai Advertiser plaas partydige berigteKom op by ander instellings soos AfriForum
8Politici se vergoeding. In 1994 was Die Raad 'n gemeenskapsdiensGratis diens v/s onbekostigbare uitgawes  Mosselbaai Ondersoek Punt 3 Vergoeding
9Gemeenskape besluit nie meer oor hulle dorpe niePretoria dikteer van bo na onderBedrog in Munisipaliteite Ongekend
10Politici die koning. Gemeenskap die OnderdaneWat 'n Jammerlike realiteitMunisipaliteite vs gemeenskappe
11Politici en verkiesings bring onsekerheid en onstabiliteitDie stelsel moet verander wordPolitics cause councils to lose sight of duties
12Kempton Park v/s Kelder Hofuitspraak belangrikMunisipaliteite verwoes deur uitspraakSkuldinvordering nie nodig vir Munisipaliteite!
13Politiek gaan Suid-Afrika nie red nie. NBU Dispuutstelsel PlusDie Grondwet, Artikel 235 die oplossingPolitiek gaan nie RSA se probleme oplos nie.
14Kamiesberg-munisipaliteit ontvang R70m van De Beers vir dorp se herstelMunisipaliteit vat die gelde en bates en herstel niks? Die Detail  Uitspraak Munisipaliteit Skotvry van Bedrog! - KOINGNAAS GRONDEIENAARS GAAN OP APPÈL!!!
15Die foute van vorige bestel word nie vergeet nie 1) Lombardy Estate 2) Copperleaf Golf EstateBedrog van verlede verwoes munisipaliteite. Voor begin die oplossing Tshwane's appeal against Lombardy Estate Tshwane's appeal dismisses Copperleaf Gemeenskap betaal. Om nuut te begin die enigste opsie


Twee hofuitsprake het die munisipale sektor in Suid-Afrika sedert 1996 verdoem:

In die saak van [/attach]Kempton Park Mun. vs SJJ Kelder, het die hooggeregshof bevestig dat munisipaliteite nie verplig is om behoorlike debiteurskontrole te handhaaf nie.

Die Koingnaas vs Kamiesberg-munisipaliteit. het die hooggeregshof verder bevestig dat geen munisipaliteit in Suid-Afrika verplig is om enige ooreenkomste wat hulle onderteken het, te eerbiedig en uit te voer nie.'n Kritieke element van die Koingnaas-uitspraak is dat die NBU-dispuutstelsel volkome wettig, toepasbaar en uitvoerbaar is. NEEM KENNIS SUID-AFRIKA!

Alle besighede in Suid-Afrika moet twee keer dink voordat hulle enige ooreenkoms met 'n munisipaliteit aangaan.

As ons as gemeenskappe nie opstaan en begin kyk wat met ons Trustgelde gedoen word nie gaan niemand dit vir ons doen nie Desember 2022 R700 000 000 bedrog in Kaapstad-munisipaliteit.

Ons, die gemeenskappe van RSA het die laaste geleentheid en is die laaste instelling om die land van onder na bo te red. Niemand anders gaan dit vir ons doen nie. Politiek van onbekwame, onbevoegde en ongekwalifiseerde mense wat ons land bestuur is die oorsaak hiervan. Politiek in die munisipale sektor moet uitgewis word en gemeenskappe moet weer hulle-self begin bestuur.

DIT IS MOONTLIK IN SUID AFRIKA. LEES DIE GRONDWET VAN RSA, ONS MOET DIT NET BEGIN DOEN.

Begin 'n Grondeienaarsvereniging en laat jou gemeenskap die praat- en kontrolewerk doen, uit die gemeenskap, vir die gemeenskap, deur die gemeenskap. AS ONS DIT REGKRY RED ONS SUID AFRIKA.
#78
MGEV Uitslag van die Gemeenskap se stemming:

Datum van Stemming    Stemming Opsomming    Skakel na die Detail van Stemming    Ja stemme en Nee Stemme   
-1) 2024-01-08Strategiese Plan StemmingSkakel na Strategiese Plan vir 2024Ja - 64 Stemme --- Nee - 1 Stem
-2) 2024-01-10MGEV Bestuur Nodig Stemming  Skakel na Bestuur van MGEVJa - 4 Stemme --- Nee - 11 Stemme
-3) 2024-01-10Water Kommitee BestuurSkakel na Water VoorsieningJa - 8 Stemme --- Nee - 5 Stemme
-4) 2024-01-12Deelname aan NBU DispuutSkakel na NBU Dispuut StelselJa - 16 Stemme --- Nee - 1 Stem
-5) 2024-01-15Vismeel Afro FishingSkakel na Afro FishingJa - 32 Stemme --- Nee - 1 Stem
-6) 2024-01-17R74 miljoen afgeskryfSkakel na R74 Miljoen AfgeskryfJa - 69 Stemme --- Nee - 1 Stem
-7) 2024-01-26JOC Nie Munisipale FunksieR32mil Kapitaal JOC R5mil Per JaarJa - 60 Stemme --- Nee - 5 Stem
-8) 2024-01-27Derde Party gemeenskap betaalKorrespondenise sien punt 12 en 13  Ja - 0 Stemme --- Nee - 66 Stemme
-9) 2024-01-30Promulgasie Gaan Voort daarmee?Dokumentasie' Promulgasie Ondersoek  Ja - 66 Stemme --- Nee - 1 Stem 
-10) 2024-02-03JOC waar hoort die bestuur?Wie moet die JOC bestuur  Ja - 61 Stemme --- Nee - 1 Stem 
-10) 2024-02-03Geen beheer oor openbare geldElke Burger van RSA moet die boek lees  Ja - 51 Stemme --- Nee - 0 Stemme 

Vir die MGEV praat die stem van die gemeenskap die hardste en daarom moet die rigting van die gemeensap se stemming te alle tye gevolg word.
#79
Die Honde eennheid in die Pers.

Onthou doen self jou navorsing Mosselbaai is 'n B munisipaliteit hulle het nie daardie bevoegdheid nie.

Mosselbaai Advertiser 21 November 2023
Algoa FM 21 November 2023

Ondersoek van misdaad en bekamping daarvan bly 'n Sentrale Owerheid funksie – Provinsies die Munisipaliteite het volgens huidige wetgewing in RSA geen mag om misdaad te ondersoek nie.

Die Honde eenheid se funksie is dus beperk tot die oppas van hooggeplaastes in die Munisipaliteit asook moontlike besoekers. Die vraag moet dus gevra word wat kos die honde eenheid die gemeenskap van Mosselbaai per jaar. Die Munisipaliteit moet hom besig hou met die lewer van Munisipale dienste dit is hulle funksie nie 'n sekuriteit maatskappy nie. Die honde eenheid word bedryf met die gemeenskap se munisipale gelde.

Sien Punt 5 van die Dokument CSF 26 SEPTEMBER 2022 Meeting.pdf Aangeheg hieronder

"K9 Unit 
• The cost of the dog is R90000, and trainer
• Will originally start with 6 digs to give the ability to do in the southern Cape what we must do
• Will originally start with 6 dogs to give the ability in the Southern Cape"

6 Honde X R90 000 =  R540 000
Gebou en Opleiding sentrum se optigting - Skatting R500 000

Kapitale koste R1 040 000 vir Honde eenheid as daar geen hond dood gaan nie.

Bestuurs koste: R1 860 000 per jaar.

Hondekos en veearts Geskat op R10 000 per jaar per hond X 6 honde R  60 000 per Jaar
Honde Hanteerders R25 000 per maand per hanteerder X 6 X 12 =    R1 800 000 per Jaar

Die Munisipaliteit moet hom besig hou met die lewer van Munisipale dienste dit is hulle funksie nie 'n sekuriteit maatskappy nie. Die honde eenheid word bedryf met die gemeenskap se munisipale gelde.

Die vraag moet gevra word het die JOC nie die Munisipaliteit se persoonlike sekuriteit onderneming geword nie ten koste van die gemeenskap nie.
#80
Maroela Media oor Mosselbaai nou gepanster teen Misdaad (Dokument Aangeheg) -

Die Grondwet van RSA maak dit baie duidelik dat 'n Munisipalitiet hom moet besig hou met nuts dienste aan die gemeenskap.

NIE OM 'N WEERMAG MET PANSTER VOERTUIE TE BEDRYF NIE EN OOK NIE DIE MISDAAD WERK VAN DIE SAPD TE DOEN NIE.

Die twee pantser voertuie wat die gemeenskap net so onder die R5 000 000 gekos het, het 17 September 2023 laas gery en gaar nou stof op in Hartenbos se ou Munisipale kantore. Volgens bronne is die voertuie nie padwaardig nie. Enige persoon met meer inligting is welkom om dit met die MGEV te deel.

Behoorlike ondersoek moet gedoen word hoekom die R5 000 000 van die gemeenskap se geld so vermors is.
Dit is hoogtyd dat politici en amptenare vir hulle swak besluite betaal wanneer dit oor die gemeenskap se trustgelde gaan.