• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Swak Dienslewering teenoor Politiek in Munisipaliteite van Suid Afrika

Started by Administrator, Jan 27, 2024, 08:52 AM

Previous topic - Next topic

Administrator

Een van die grootste rampe wat Suid-Afrika in 1994 tot 1996 getref het was die inlywing van politiek in munisipaliteite. Die gevolg daarvan is:


Punt    Beskrywing van die politieke probleem vir RSA en sy mense    Die gevolge van die probleem    Aanhangsels: Klik om te lees   
1Klagtes oor dienslewering word gesien as Politieke  PraatjiesDit is 'n DiensleweringskrisisBerig Maroela Media
2Ongekwalifiseerde mense word in poste verkies Swak BesluitnemingHofsaak R64 miljoen met koste verloor
3Politici stel vriende en familie aan in kernposte Swak diensleweringPolitieke magspel Mosselbaai
4Politici meng in by die bestuur van die munisipaliteitNepotisme, die rampBeproefde resep van swak dorpe
5Raadsbesluite in belang van politieke party en nie die gemeenskap nie Ongelukkige gemeenskapPolitieke inmenging en geskille
6Inmenging by gemeenskapsprojekte om politieke punte aan te tekenVrywilige werkers word mismoedigHoe Hartenbossers benadeel is
7Negatiewe media moet ten alle koste vermy word Mosselbaai Advertiser plaas partydige berigteKom op by ander instellings soos AfriForum
8Politici se vergoeding. In 1994 was Die Raad 'n gemeenskapsdiensGratis diens v/s onbekostigbare uitgawes  Mosselbaai Ondersoek Punt 3 Vergoeding
9Gemeenskape besluit nie meer oor hulle dorpe niePretoria dikteer van bo na onderBedrog in Munisipaliteite Ongekend
10Politici die koning. Gemeenskap die OnderdaneWat 'n Jammerlike realiteitMunisipaliteite vs gemeenskappe
11Politici en verkiesings bring onsekerheid en onstabiliteitDie stelsel moet verander wordPolitics cause councils to lose sight of duties
12Kempton Park v/s Kelder Hofuitspraak belangrikMunisipaliteite verwoes deur uitspraakSkuldinvordering nie nodig vir Munisipaliteite!
13Politiek gaan Suid-Afrika nie red nie. NBU Dispuutstelsel PlusDie Grondwet, Artikel 235 die oplossingPolitiek gaan nie RSA se probleme oplos nie.
14Kamiesberg-munisipaliteit ontvang R70m van De Beers vir dorp se herstelMunisipaliteit vat die gelde en bates en herstel niks? Die Detail  Uitspraak Munisipaliteit Skotvry van Bedrog! - KOINGNAAS GRONDEIENAARS GAAN OP APPÈL!!!
15Die foute van vorige bestel word nie vergeet nie 1) Lombardy Estate 2) Copperleaf Golf EstateBedrog van verlede verwoes munisipaliteite. Voor begin die oplossing Tshwane's appeal against Lombardy Estate Tshwane's appeal dismisses Copperleaf Gemeenskap betaal. Om nuut te begin die enigste opsie


Twee hofuitsprake het die munisipale sektor in Suid-Afrika sedert 1996 verdoem:

In die saak van [/attach]Kempton Park Mun. vs SJJ Kelder, het die hooggeregshof bevestig dat munisipaliteite nie verplig is om behoorlike debiteurskontrole te handhaaf nie.

Die Koingnaas vs Kamiesberg-munisipaliteit. het die hooggeregshof verder bevestig dat geen munisipaliteit in Suid-Afrika verplig is om enige ooreenkomste wat hulle onderteken het, te eerbiedig en uit te voer nie.'n Kritieke element van die Koingnaas-uitspraak is dat die NBU-dispuutstelsel volkome wettig, toepasbaar en uitvoerbaar is. NEEM KENNIS SUID-AFRIKA!

Alle besighede in Suid-Afrika moet twee keer dink voordat hulle enige ooreenkoms met 'n munisipaliteit aangaan.

As ons as gemeenskappe nie opstaan en begin kyk wat met ons Trustgelde gedoen word nie gaan niemand dit vir ons doen nie Desember 2022 R700 000 000 bedrog in Kaapstad-munisipaliteit.

Ons, die gemeenskappe van RSA het die laaste geleentheid en is die laaste instelling om die land van onder na bo te red. Niemand anders gaan dit vir ons doen nie. Politiek van onbekwame, onbevoegde en ongekwalifiseerde mense wat ons land bestuur is die oorsaak hiervan. Politiek in die munisipale sektor moet uitgewis word en gemeenskappe moet weer hulle-self begin bestuur.

DIT IS MOONTLIK IN SUID AFRIKA. LEES DIE GRONDWET VAN RSA, ONS MOET DIT NET BEGIN DOEN.

Begin 'n Grondeienaarsvereniging en laat jou gemeenskap die praat- en kontrolewerk doen, uit die gemeenskap, vir die gemeenskap, deur die gemeenskap. AS ONS DIT REGKRY RED ONS SUID AFRIKA.