• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Erf 6393 Dannabaai Tender van die gemeenskap se eiendom

Started by Administrator, Feb 05, 2024, 05:35 PM

Previous topic - Next topic

Administrator

Koerant berigte en Protes Dokument oor erf 6393 Danabaai.

Skakel na die berig aanlyn

Hartenbos gesels groep is 'n groep vir die gewone algemene goedhartige mens van Mosselbaai. Mens sou kan sê die sout van die aarde mense wat lief is vir hulle gemeenskap en graag almal help waar hulle kan sonder konflik.

Op die WhatsApp Hartenbos Gesels Groep het ons gevra hoe die gemeenskap die klagtes op erf 6393 sien so is die vraag gevra:

Admin wil vanoggend 'n stemming hou oor die stukke gepos oor erf 6393 - 29 Februarie 2024:

Dit wat hier gepos is het raak twee kante. STEM JA ek sien dit as Mosselbaai se grond en die artiekel gepos behoort by die Hartenbos Gesels Groep (WhatsApp) PUBLIKE DEELNAME NIE BEHOORLIK GEVOLG --- OF --- STEM NEE die is Politieke Praatjies en hoort nie op die Hartenbos Gesels groep (WhatsApp) nie.

Die hartseer waarheid is die meeste gewone sout van die aarde mense in Mosselbaai sien klagtes en negatiewe Inligting oor die Munisipaliteit se onvermoë, bedrog, swak dienslewering en swak finansiële beheer as politieke praatjies. Om daardie rede gaan dit nog baie slegter moet gaan voor die algemene publiek besef dinge gaan nie so goed soos dit behoort te gaan in Mosselbaai se Munisipaliteit nie.

Hoe langer die verval voortgaan hoe moeiliker gaan dit wees om die dorp te herstel na die verandering besef word en daadwerklik omgedraai word.

DIE ENIGSTE MANIER OM DIE VERVAL OM TE DRAAI IS 'N NUWE STELSEL IN SUID AFRIKA GETROU AAN DIE BEPALINGS VAN ONS GRONDWET EN 100% VRY VAN POLITIEK.