• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

K9 Honde eenheid van die JOC

Started by Administrator, Jan 24, 2024, 05:30 PM

Previous topic - Next topic

Administrator

Die Honde eennheid in die Pers.

Onthou doen self jou navorsing Mosselbaai is 'n B munisipaliteit hulle het nie daardie bevoegdheid nie.

Mosselbaai Advertiser 21 November 2023
Algoa FM 21 November 2023

Ondersoek van misdaad en bekamping daarvan bly 'n Sentrale Owerheid funksie – Provinsies die Munisipaliteite het volgens huidige wetgewing in RSA geen mag om misdaad te ondersoek nie.

Die Honde eenheid se funksie is dus beperk tot die oppas van hooggeplaastes in die Munisipaliteit asook moontlike besoekers. Die vraag moet dus gevra word wat kos die honde eenheid die gemeenskap van Mosselbaai per jaar. Die Munisipaliteit moet hom besig hou met die lewer van Munisipale dienste dit is hulle funksie nie 'n sekuriteit maatskappy nie. Die honde eenheid word bedryf met die gemeenskap se munisipale gelde.

Sien Punt 5 van die Dokument CSF 26 SEPTEMBER 2022 Meeting.pdf Aangeheg hieronder

"K9 Unit 
• The cost of the dog is R90000, and trainer
• Will originally start with 6 digs to give the ability to do in the southern Cape what we must do
• Will originally start with 6 dogs to give the ability in the Southern Cape"

6 Honde X R90 000 =  R540 000
Gebou en Opleiding sentrum se optigting - Skatting R500 000

Kapitale koste R1 040 000 vir Honde eenheid as daar geen hond dood gaan nie.

Bestuurs koste: R1 860 000 per jaar.

Hondekos en veearts Geskat op R10 000 per jaar per hond X 6 honde R  60 000 per Jaar
Honde Hanteerders R25 000 per maand per hanteerder X 6 X 12 =    R1 800 000 per Jaar

Die Munisipaliteit moet hom besig hou met die lewer van Munisipale dienste dit is hulle funksie nie 'n sekuriteit maatskappy nie. Die honde eenheid word bedryf met die gemeenskap se munisipale gelde.

Die vraag moet gevra word het die JOC nie die Munisipaliteit se persoonlike sekuriteit onderneming geword nie ten koste van die gemeenskap nie.