• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Ondersoek vanaf 2009 tot 2023 oor die Finansies van Mosselbaai-munisipaliteit

Started by Administrator, Jun 23, 2024, 08:02 PM

Previous topic - Next topic

Administrator

In 2011 - 13 jaar gelede - was Mosselbaai-munisipaliteit feitlik skuldvry:
Totale skuldlas soos op 30 Junie 2011: R662 124
Totale rentelas vir die jaar 2010/2011:  R166 718

In 2024/25, met die nuwe finansiële jaar wat op 1 Julie 2024 begin, gaan Mosselbaai-grondeienaars met 'n skuldlas van sit:
Totale skuldlas soos op 30 Junie 2024: R336 866 365
Totale rentelas vir die jaar 2023/2024:  R30 000 000

In 2025/26, met die nuwe finansiële jaar wat op 1 Julie 2025 begin, gaan Mosselbaai-grondeienaars met die volgende skuldlas sit:
Totale skuldlas soos op 30 Junie 2025: R610 000 000
Totale rentelas vir die jaar 2024/2025:  R57 000 000

Die gevolg van die lenings deur die Mosselbaai-munisipale raad aangegaan beteken prakties 'n verlies en las van R200 000 000 aan rentebetalings indien die mense van Mosselbaai wel in staat is om met die bo-gemiddelde tariefverhogings die R610 000 000 lening plus gepaardgaande R200 000 000 rente binne 'n tydperk van tien jaar terug kan betaal. Indien die belastingbetalers van Mosselbaai twintig jaar neem om die lenings terug te betaal is die rentelas plus kapitaal vir Mosselbaai-grondeienaars R400 000 000 + R610 000 000.

Indien die kapitaalprojekte nie die inkomste oplewer soos in die begrotingsdokumente aangedui is nie behoort die munisipale raad persoonlik verantwoordelik gehou word vir die verliese deur die grondeienaars gely oor die volgende tydperk van 20 jaar.

Lees alles op dié skakel:
https://mgev.co.za/index.php?topic=2.0