• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Recent posts

#21
PAIA Navraag 1 - Van - 2024-07-18 Lenings van Mosselbaai Munisipaliteit

PAIA - Access to Information Submission (Slegs in Engels Beskikbaar)

Inhoudsopgawe van Navraag:

1-)    PAIA - Lenings aangegaan van 2019 tot 2026
1) Opsomming van 2019 tot 2025.jpg
2-)    Annexure A Kapitaal uitgawe Beloftes van 2019 tot 2020
2) Annexure A Kapitaal uitgawe Beloftes van 2019 tot 2020.JPG
3-)    Annexure B Kapitaal uitgawe Beloftes van 2020 tot 2021
3) Annexure B Kapitaal uitgawe Beloftes van 2020 tot 2021.JPG
4-)    Annexure C Kapitaal uitgawe Beloftes van 2021 tot 2022
4) Annexure C Kapitaal uitgawe Beloftes van 2021 tot 2022.JPG
5-)    Annexure  D - Kapitaal uitgawe Beloftes van 2022 tot 2023
5) Annexure  D - Kapitaal uitgawe Beloftes van 2022 tot 2023.JPG
6-)    Annexure E - Kapitaal uitgawe Beloftes van 2023 tot 2024
6) Annexure E - Kapitaal uitgawe Beloftes van 2023 tot 2024.JPG
7-)    Annexure F - Kapitaal uitgawe Beloftes van 2024 tot 2026
7) Annexure F - Kapitaal uitgawe Beloftes van 2024 tot 2026.JPG
8-)    "PAIA" Navraag Kwitansie 373217
12) Kwitansie 373217 R100.jpg



#22
Agtergrond:

In die 1980's het FW De Klerk en sy bondgenote met hulle geheime planne Suid-Afrika uitverkoop. Lees self "Cabal's Covert Plan To Purge South Africa Of White People" vir meer besonderhede lees noukeurig Die waarheid oor FW de Klerk om te verstaan. In die oë van die wêreld is hy 'n volksheld en Nobelpryswenner vir vrede in 1993, maar daar is mense wat glo dat die Nobelprys eintlik aan 'n volksmoordenaar toegeken is.

FW De Klerk en sy bondgenote het die grondslag gelê vir die ANC se 30 jaar lange bewind, wat gelei het tot wydverspreide korrupsie en verlies van beheer oor publieke fondse en werke in Suid-Afrika. Jacob Zuma se pogings om tronkstraf te vermy, het die begin van die verwoesting van ons land se kontrolestelsels gemerk. Hierdie feite is oor die jare goed gedokumenteer.

Hier is vyf berigte wat hierdie feite ondersteun:

Dit is algemene kennis dat Zuma alle kontrole stelsels wat oor die staat en sy instellings was tydens sy tyd as presedent verwoes het.

Tabo Mbeki oor hoe Zuma SARS verwoes het.

Die uitwerking van Zuma se tronkstraf op Suid-Afrika se instellings en oppergesag van die reg.

Waarom Zuma se optrede dui op shamboliese bestuur van Suid-Afrika se ekonomie.

Suid-Afrika se president, Jacob Zuma, ontslaan flater - BBC News

Die feite in boeke en studies oor die verwoesting en korrupsie van die afgelope 30 jaar in Suid-Afrika is goed gedokumenteer. Hierdie werke bied 'n diepgaande insig in hoe die beheer- en kontrole-instellings van die land deur die ANC-regering ondermyn is. Hier is 'n paar belangrike punte wat dikwels in hierdie studies voorkom:

Korrupsie en Misbruik van Fondse: Verskeie boeke en studies beskryf hoe openbare fondse misbruik is, wat gelei het tot 'n gebrek aan basiese dienste en infrastruktuurontwikkeling.

Politieke Invloed en Manipulasie: Die invloed van politieke figure op regstelsels en ander beheerinstellings het die doeltreffendheid en integriteit van hierdie instellings ondermyn.

Ekonomiese Agteruitgang: Die ekonomiese beleid en besluite wat geneem is, het dikwels gelei tot ekonomiese agteruitgang en verhoogde werkloosheid.

Maatskaplike Impakte: Die sosiale impakte van korrupsie en wanbestuur sluit in verhoogde armoede en ongelykheid.

Hierdie punte is net 'n paar van die vele aspekte wat in die literatuur oor hierdie onderwerp bespreek word.

Hier is 3 boeke wat hierdie feite ondersteun:

The Presidents Keepers by Jacques Pauw

Gangster State by Pieter-Louis Myburgh

Betrayal of the Promise How the Nation is Being Stolen 

Die Voostel:

Die vraag is: Kan ons die skade wat sedert 1980 aan die land gedoen is, regstel? Die antwoord is: JA, VERSEKER kan ons dit herstel. Daar is 'n pad om weer beheer oor die publieke geld en werk van Suid-Afrika te kry! Politiek gaan dit nie vir ons doen nie; politiek, magsmisbruik en gierigheid het die land in die eerste plek verwoes.

Die Grondwet van Suid-Afrika en ondersteunende wetgewing kan ons gemeenskappe help om weer beheer te neem.
Ons, die mense van RSA, is in staat om instellings weer in te stel en van onder af weer op te bou.
Dit sal baie handewerk en bloedsweet verg, maar dit is moontlik.
Net Suid-Afrika het die wetgewing in plek; ons moet leer hoe om die reg tot ons voordeel aan te wend.
Die res van die wêreld het geen kans om van onder af uit die gemeenskappe die instellings weer op te bou nie.

Die Oplossing:

Die pad om Suid-Afrika terug te wen van die Kabaal is reeds jare tot ons beskikbaar, ons moet dit net begin gebruik.

Gewapen met die Grondwet van Suid-Afrika, die ondersteunende wette, die NBU-stelsel en die wil om weer beheer oor ons belastinggeld te kry, kan ons van onder af weer die kontrole-stelsels opbou en self beskerm teen die politici.

Hier is die stappe wat nodig sal wees om die kontrole-stelsels weer op die been te bring, uit die gemeenskap, deur die gemeenskap, vir die gemeenskap:

Gewoontes wat ons moet leer en opbou:

- Hoe om na die finansies van ons dorpe te begin kyk.
- Rekenmeesters met kennis moet dit op 'n eenvoudige manier vir die gemeenskap oopbreek.
- Weet wanneer publieke deelname-geleenthede gehou word en begin deelneem.
- Hou die raad en amptenare verantwoordelik vir foute wat gemaak word.
- Die standpunt "moet nie kommer nie, betaal jy, ons sal kyk dat alles mooi loop" is gevaarlik.
- Begin 'n grondeienaarsvereniging en begin as liggaam saamwerk om beheer te kry oor ons trustgelde.
- Gebruik die PAIA Wet 2 van 2000 om inligting oor onsekere transaksies te bekom en te ondersoek.
- Hou die owerhede by die voorskrifte van Tesourie.
- Verstaan jou regte in die nuwe Suid-Afrika.
- Veg vir die behoud van jou regte.
- As ons nie die owerhede begin verantwoordelik hou nie, gaan niemand dit doen nie.

#23
Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika  van 1996 bepaal in Artikel 32 die volgende:

1) Aritkel 32 van die Grondwet van RSA.jpg

Die Gevolg van artikel 32 is die volgende wetgewing:

In Afrikaans: Bevordering van toegang tot inligting, Wet 2 van 2000.pdf  (BTIW)
In Engels: Promotion of Access To Information, Act 2 of 2000.pdf  (PAIA)

Die BTIW van 2000 het tot die volgende vir Mosselbaai op 27 Julie 2023 meegebring

Mossel Bay Munisipality Promotion of Access to Information Manual of 27 July 2023.pdf

Aritkel 3 (b) van die Grondwet van RSA bepaal:
Munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners in aanmerking neem.

2) Aritkel 3 van die Grondwet van RSA.jpg

Die vrae wat die MGEV oor hierdie Handleiding het is:

1) Hoekom is die Handleiding net in Engels vrygestel? 80% inwoners van Mosselbaai is Afrikaans.
2) Hoekom het dit vir Mosselbaai,-munisipaliteit so 'n tydperk geneem - vanaf 9 Maart 2001 tot 27 Julie 2023 (22 Jaar) - om die handleiding soos deur die wet 2 van 2000 vereis word vry te stel?

Gids vir die gebruik van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting Wet 2 van 2000.pdf


#24
Lord Acton was one of the great personalities of the nineteenth century and is universally considered to be one of the most learned Englishmen of his time. He made the history of liberty his life's work; indeed, he considered political liberty the essential condition and guardian of religious liberty.

One of Lord Acton's quotes: 

"Power tends to corrupt; absolute power corrupts absolutely" is an observation Lord Acton made in a letter to Bishop Creighton on April 5, 1887. This letter was published in 1907 as part of a collection of Lord Acton's work, Lord Acton Work - Historical Essays and Studies

Dit is vandag in 2024 net so toepaslik en relevant soos dit vir Lord Acton in 1887 was.

Die grootste misleiding vandag in Suid-Afrika is dat een politieke party 50+% by die stembus moet kry om Suid-Afrika, of dorpe van Suid-Afrika, te bestuur. Die realiteit is egter hoe méér die mag gedeel word tussen belangepartye van 'n land hoe gesonder en meer gebalanseerd  is die besluite wat deur onderhandeling beding word. Die nasionale verkiesing van 2024 asook die nuwe kabinet en ministers wat in kernposte aangestel is, is 'n bewys hiervan.

DIE GEVOLG EN GEVAAR VIR DIE GEMEENSKAP VAN MOSSELBAAI OMDAT ÉÉN ENKELE PARTY ÁL DIE MAG BESIT OM BESLUITE IN DIE MUNISIPALE RAAD SONDER ENIGE TEENSTAND TE DIKTEER EN DEUR TE VOER.

Die volgende is 'n feitelike weergawe  van dit wat in Mosselbaai agter geslote deure gebeur - ten koste van die gemeenskap en grondeienaars van Mosselbaai:

Opname Burgemeester en Publike Deelname poging wat van die tafel gevee word deur die Munisipale Raad Kliek om af te laai

Vraag:  Gaan die lenings van R660 000 000 meer druk op die inwoners van Mosselbaai plaas?
Gevolg 1: Dit is algemene kennis dat lenings die vermoeë om kontant te bestuur belemmer.
Gevolg 2: Vanaf 2019 tot 2023 is R379 000 000 se lenings aangegaan. Die state dui géén besparing aan nie
Lees hier: geen besparings vir die inwoners van Mosselbaai - Die MGEV sal die 2023/24 state dophou vir enige besparings en aan inwoners rapporteer.

Neem weer kennis van die begrotingsboodskap met die AGT misleidende stelling wat op 28 Maart 2024 gemaak is

4:45 minute in die video word 'n negende onwaarheid versprei publieke deelname!

Luister na die volledige vergadering van die  publieke deelname proses te Hartenbos gehou op 24 April 2024

Punt 25 en 26 is die amptelike beswaar en ontvangserkenning ingedien oor die begroting van 2024/25.

Wat bepaal die Wet oor Publike deelname?:
Bron van die Inligting oor Publike deelname wetgewing vir die Munisipale Sektor van Suid Afrika
Dokument aangeheg in pdf-formaat

Hier is die dokumente waaruit alle inligting verkry is:

Finansiële state van Mosselbaai-munisipaliteit. From 2003/2004 to 2020/2023 20 Jaar
Begrotings van Mosselbaai-munisipaliteit van 2013/14 tot 2024/25 12 Jaar
Ouditeur-generaal: Verslae van Mosselbaai-munisipaliteit van 2008/2009 tot 2020/2021 vir 'n tydperk van 13 jaar

Let op na 2024/25 se begroting, bladsy 18. Die motivering aangedui in punt B: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaal uitgawe Beloftes van 2024 tot 2025.JPG
Let op na 2023/24 se begroting, bladsy 19. Die motivering word by punt B genoem: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaal uitgawe Beloftes van 2023 tot 2024.JPG
Let op 2022/23 na begroting, bladsy 16: Motivering by punt B: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaal uitgawe Beloftes van 2022 tot 2023.JPG
Let op na 2021/22 se begroting, bladsy 16 en 17. Motivering word onder punt B aangedui: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaal uitgawe Beloftes van 2021 tot 2022.JPG
Let op 2020/21 se begroting bladsy 20. Motivering aangedui by punt B: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaal uitgawe Beloftes van 2020 tot 2021.JPG
Let op na 2019/20 se begroting, bladsy 17. Motivering word onder punt B aangedui: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaal uitgawe Beloftes van 2019 tot 2020.JPG

Alhoewel die publieke deelnameproses deur die Mosselbaai-munisipale Raad van die tafel gevee word kan die spesifieke en herhaalde motivering vir hierdie begrotings nie goedsmoeds gesystap en van die tafel gevee word nie:"These projects will be cash generating projects".

In hierdie stadium kan daar nie uit die finansiële state énige "cash generating" voordeel vir die inwoners bespeur word nie. Met geen voordeel vir inwoners van Mosselbaai nie kan die gemeenskap die Raad verantwoordelik hou vir die las wat op die gemeenskap se skouers geplaas is. Net tyd sal leer wat die uitkoms gaan wees vir die lenings wat tans aangegaan is.
#26
Luister na die opname:

Burgemeester 28 Maart 2024 en dan weer 27 Jun 2024

Punt 1 - Die Lenings

Bron van die inligting oor die lenings    Bedrag   
28 Maart 2024 ons lening vir 2024/25R186 860
27 Junie 2024 Raadsvergadering leningsR360 000 000
Die verskil in 30 dae vir lenings isR359 813 140

Punt 2 - Ratings Afrika

Die ware feite is dat Ratings Afrika R250 000 betaal is vir die verslag wat meegehelp het om 'n wanpersepsie te skep van wat werklik in Mosselbaai-munisipaliteit se finansies aangaan!
Op die twee skakels hier onder is die MGVE se ondersoek oor die werklike stand van Mosselbaai-munisipaliteit se finansies:

Ratings Afrika Ondersoek

Die skade aan die gemeenskap van Mosselbaai en Suid-Afrika is onberekenbaar groot.

Die gevolg van Ratings Afrika se wanpersepsie-verslag vir Suid-Afrika

Punt 3 - Luister noukeurig na die opname - die lenings finansier inkomstegedrewe-projekte, spesifiek eletrisiteitaankoopbesparings vir Mosselbaai

Finansiële state van Mosselbaai-munisipaliteit vir 'n tydperk van 20-jaar

Skuld  aangegaan is soos volg:

Lenings: netto balans soos op jaareinde 30 Junie, Jaar tot Jaar    Bedrag vehoging vir die jaar   
2018/2019 - R30 380 781 tot 2019/2020 -  R 93 368 382R62 987 601 Finansiële state die bron
2019/2020 - R93 368 382 tot 2020/2021 -  R115 337 216R21 968 834 Finansiële state die bron
2020/2021 - R115 337 216 tot 2021/2022 - R153 613 273R38 276 257 Finansiële state die bron
2021/2022 - R153 613 273 tot 2022/2023 - R173 506 365R19 893 092 Finansiële state die bron
2022/2023 - R173 506 365 tot 2024/2025 - R678 506 365 2 JaarR505 000 000 - 2023-2025 Begrotings: die bron

Punt 4 - Wat is die besparings in aankope volgens die finansiële state?:

Jaareiende    Kapitaal spandeer    Elektrisiteit aankope Jaar    Elektrisiteit aankope Jaar    Bespaar Jaar tot Jaar    Verwysing
2019R27 708 647R267 744 119 - 2018 JaarR292 284 876 - 2019 JaarR24 540 757 - Op 9.17%  Bladsy 13, 119
2020R28 786 383R292 284 876 - 2019 JaarR332 910 114 - 2020 JaarR40 325 238 - Op 13.9%Bladsy 16, 141
2021R29 405 394R332 910 114 - 2020 JaarR362 080 787 - 2021 JaarR29 170 673 - Op 8.76%Bladsy 19, 149
2022R31 987 353R362 080 787 - 2021 JaarR429 308 778 - 2022 JaarR67 227 991 - Op 18.57% Bladsy 17, 164
2023R48 812 973R429 308 778 - 2022 JaarR436 942 993 - 2023 JaarR7 634 215 - Op 1.78%Bladsy 15, 153

Punt 5 - Wat is die verminderde las op die Mosselbaai-gemeenskap in die finansiële state?:

Jaareiende    Kapitaal Spandeer    Elektrisiteit Verkope Jaar    Elektrisiteit Verkope Jaar    Bespaar Jaar tot Jaar    Verwysing
2019R27 708 647R386 042 428 - Jaar 2018R414 809 232 - Jaar 2019R28 776 804 - Op 7.45%Bladsy 112
2020R28 786 383R414 809 232 - Jaar 2019R451 308 320 - Jaar 2020R36 499 088 - Op 8.80%Bladsy 133
2021R29 405 394R451 308 320 - Jaar 2020R486 543 709 - Jaar 2021R35 235 389 - Op 7.81%Bladsy 141
2022R31 987 353R477 884 865 err - Jaar 2021R539 501 456 - Jaar 2022R61 616 591 - Op 12.89%Bladsy 156
2023R48 812 973R539 501 456 - Jaar 2022R549 549 633 - Jaar 2023R10 048 177 - Op 1.86%Bladsy 145

Punt 6 - Wat is die rentelas op die Mosselbaai-gemeenskap  volgens die state en begrotings?:

Jaareiende      Uitstaande Lenings      Rente Betaal Jaar      Rente Betaal Jaar      Bespaar Jaar tot Jaar      Verwysing 
2019    R30 830 781 R11 060 147 Jaar 2018      R5 324 474 Jaar 2019    R4 275 102.00 - AF 51.86% Bladsy 6 
2020      R93 368 382 R5 324 474 Jaar 2019      R6 725 678 Jaar 2020    R1 401 204 - OP 26.32%      Bladsy 6 
2021      R115 337 216  R6 725 678 Jaar 2020    R14 291 741 Jaar 2021      R7 566 063 – OP 112.50% Bladsy 10 
2022    R153 613 273 R14 291 741 Jaar 2021      R15 935 947 Jaar  2022    R1 644 206 OP 11.50%      Bladsy 9 
2023 R173 506 365 R15 935 947 Jaar  2022    R13 592 954 Jaar 2023      R698 787 AF 4.89%    Bladsy 9 
2024 - 2025 R678 506 365 R13 592 954 Jaar 2023      R57 000 000 Jaar 2024-25      R43 407 046  OP 334.05%    Begroting 2 Jaar 2024 +2025 
#27
Tans staan Mosselbaai-munisipaliteit se lenings op R330 000 000. Vanoggend is nog 'n bykomende leningsbedrag van R360 000 000 deur die Raad goedgekeur.

Mosselbaai-grondeienaars, ons gaan vir jare 'n prys betaal vir wat vandag 27 Junie 2024 gebeur het!

Luister hieronder na die opname: (Klank raak beter)

Luister na die hartseer verhaal.

Skrywe ontvang van Tesourie wat op 27 Junie aan die Raad voorgelê is.

Meeting of 27 June 2024 Letter of Loans from Treasury.pdf

Eerste punt van belang: dit word sterk betwyfel of 5% van die Raad die inhoud van die skrywe werklik verstaan.

MGEV se kommentaar:

Onthou, R1 010 000 000 kapitaal plus rente moet terugbetaal word wat geleen gaan word oor die volgende termyn van 10 tot 20 jaar.

Punt 10 van die skrywe:

Dit is reeds nou al vir die afgelope 10 jaar nie moonlik om rekeninge binne 30 dae in te vorder nie.

Punt 12 van die skrywe:

Hierdie aspek het 'n ingrypende implikasie vir grondeienaars. Kortliks beteken dit dat die bates in verhouding tot skuld verlede jaar (2023) versleg het. Wanneer die lenings bygereken word verswak dit nog baie meer.

Punt 15 van die skrywe:

Indien die munisipaliteit nie die debiteure reggestel kry nie sal vêr bo-gemiddelde tarief-verhogings gesien word.

Punt 16 van die skrywe:

Dit was nie vir 'n enkele keer vir die Mosselbaai-munisipaliteit moontlik om in die afgelope 20-jaar tydperk minder as 'n 6% tariefverhoging te hef nie.

STAAN DIE LAS VAN R1 010 000 000 TEË MENSE VAN MOSSELBAAI!



#28
In 2011 - 13 jaar gelede - was Mosselbaai-munisipaliteit feitlik skuldvry:
Totale skuldlas soos op 30 Junie 2011: R662 124
Totale rentelas vir die jaar 2010/2011:  R166 718

In 2024/25, met die nuwe finansiële jaar wat op 1 Julie 2024 begin, gaan Mosselbaai-grondeienaars met 'n skuldlas van sit:
Totale skuldlas soos op 30 Junie 2024: R336 866 365
Totale rentelas vir die jaar 2023/2024:  R30 000 000

In 2025/26, met die nuwe finansiële jaar wat op 1 Julie 2025 begin, gaan Mosselbaai-grondeienaars met die volgende skuldlas sit:
Totale skuldlas soos op 30 Junie 2025: R610 000 000
Totale rentelas vir die jaar 2024/2025:  R57 000 000

Die gevolg van die lenings deur die Mosselbaai-munisipale raad aangegaan beteken prakties 'n verlies en las van R200 000 000 aan rentebetalings indien die mense van Mosselbaai wel in staat is om met die bo-gemiddelde tariefverhogings die R610 000 000 lening plus gepaardgaande R200 000 000 rente binne 'n tydperk van tien jaar terug kan betaal. Indien die belastingbetalers van Mosselbaai twintig jaar neem om die lenings terug te betaal is die rentelas plus kapitaal vir Mosselbaai-grondeienaars R400 000 000 + R610 000 000.

Indien die kapitaalprojekte nie die inkomste oplewer soos in die begrotingsdokumente aangedui is nie behoort die munisipale raad persoonlik verantwoordelik gehou word vir die verliese deur die grondeienaars gely oor die volgende tydperk van 20 jaar.

Lees alles op dié skakel:
https://mgev.co.za/index.php?topic=2.0


#29
Luister noukeurig na die begrotingsvideo van Mosselbaai se burgemeester:

https://vimeo.com/929756176

Twintig sekondes in word daar bespreek dat die energieprojek 'n aansienlike bedrag gaan beloop -  R614 000 000 tot 2027 - volgens die begroting. Dit bring vir Mosselbaaiers 'n jaarlikse(!) bykomende rentelas mee van R59 000 000 vir 'n tydperk van 20 tot 30 jaar.

Vier minute en veertig sekondes in word dit duidelik gestel dat die begroting wat deur die raad goedgekeur is, slegs 'n voorstelbegroting is. Die publieke deelnameproses moet nog plaasvind. Luister gerus weer na wat tydens die Hartenbos-begrotingsvergadering voorgestel is.

https://mgev.co.za/index.php?topic=99.0

Tydens dié vergadering van die Garden Route Rate Payers Alliance Group op 15 Mei 2024, het 'n ingenieur wat spesialiseer in elektronika en kernkrag die MGEV ingelig dat die beurtkragprobleme van Mosselbaai maklik opgelos kan word. Dit kan gedoen word deur nie die geld te leen nie, maar eerder elke huishouding te help om sonkrag op hulle huise te installeer, in plaas van om skuld aan te gaan. Oortollige beskikbaarheid van krag word dan van die huishoudings aangekoop en verbruik wanneer Eskom nie krag kan voorsien nie. Dit is 'n alternatiewe benadering wat oorweeg kan word om die energiekrisis aan te spreek.

Neem deel aan die meningsopname op die MGEV WhatsApp-groep. Gaan nou terug en gee jou insette.

Dit is van kardinale belang dat elke groeplid sy stem laat hoor om die publieke betrokkenheid van die inwoners van Mosselbaai te demonstreer. Op die oomblik is daar 368 lede in die groep. Laat ons aanneem dat 300 van hulle na sewe dae die boodskap gelees en hul stemme uitgebring het, en dat 150 gestem het vir ons eie energievoorsiening. Statisties gesproke, kan dan beweer word dat 50% van die gemeenskap die sonkragplan ondersteun, eerder as die plan om geld te leen. Laat ons 50% stemme vir "Ja" kry sodat dié opname gewig dra.