• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Munisipale Finansies, Die Sentrale Owerheid, en die verarming van die gemeenskap

Started by Administrator, Jun 01, 2022, 10:02 AM

Previous topic - Next topic

Administrator

Hierdie afdeling is vierde in 'n reeks van skrywes, en hierdie skrywe sal nie sin maak voor die vorige afdelings gelees is en deeglike kennis geneem is van die inhoud daarvan nie.
Afdeling een tot drie gelys hieronder, is soos volg:

Voor ons begin luister na die waarheid wat Margaret Thatcher Jare gelede gesê het. Laat dit insink en dink daaroor, die enigste bron van die staat se geld is ons die gemeenskappe van Suid Afrika.


Staatskoerant van 2023/2024 vergoeding van die Politikus in Suid Afrika. 
Luister na die Video oor hoeveel die Politiek Suid Afrika kos

1) Finansiële State forensiese ondersoek vir 'n tydperk van 22 jaar - 2004 tot 2026
2) Ondersoek Ouditeur Generaal Verslae 2009 tot 2021
3) Ondersoek Politieke Raad en Amptenary tydens die verval vanaf 2017 tot tans

In die jare 1994 was daar meer as 1000 groot, medium, klein en baie klein munisipaliteite in RSA.
Voor die ANC oorname in 1996 was die Munisipale Sektor net ingestel op dienslewering. Elke klein dorpie het op sy eie baie goed aangegaan. Omdat die mense in die dorp self hulle sake bestuur het, is daar mooi na die geld en die dorp gekyk.
Daar was net 2 uiters belangrike poste. Die stadsklerk en die tesourier moes beide finansiële kwalifikasies hê. Baie was BCOM LLB gekwalifiseerd.

Honderde klein dorpies is deur 'n semi-staat organisasie befonds. Hulle is deur die staat met die naam Pery-urban, en later die Raad Op Plaaslike Bestuurs-aangeleenthede, gehelp om op hulle eie hulle dorp te bestuur.
Die beleid was nooit dat die bestuur van die dorp uit die hande van die gemeenskap geneem word nie. Hulle moes ten alle koste geleer word om hulle eie sake te bestuur - en dit is suksesvol so gedoen vir jare.

Geen politiek is in stadsrade toegelaat nie. Die enigste tyd wanneer die stadsraad parlement toe moes gaan is wanneer die Ouditeur generaal foute gevind het by die geld sake en prosedures wat nie gevolg is soos voorgeskryf.
Die Stadsklerk en die Stadstesourier was goed betaal maar as daar fout gevind is by hulle werk is is hulle spoedig tronk toe gestuur.
Ongelukkig is daardie disipline is nie meer vandag daar nie.
Sien die dokument hieronder aangeheg "Munisipale Organogram van bestuur voor 1994.pdf" hoe 'n stadsraad se bestuur gelyk het voor 1994 - "lean and mean".
Dorpe het 100% onafhanklik van Staatshulp gefunksioneer. Baie van hulle het miljoene rande in die bank gehad met geen lenings nie - soos Mosselbaai in 2010.
Daar was geen politieke aanstellings gewees nie. Alles het net gegaan oor: Kan jy die werk doen en diens lewer soos 'n besigheid dit sal doen?

Dit is geen geheim dat die owerhede 'n kommunistiese stelsel in Suid Afrika wil sien nie. In die agtergrond is bespreek hoe kan die Munisipale stelsel gebruik word om gemeenskappe na kommunisme te bestuur. Onthou die sentrale owerheid het geen geld nie. Alles wat hulle het, kom van die mense. 
Die maklikste manier om die mense te manipuleer en te oortuig, is om hulle te laat dink hulle is afhanklik van die staat vir hulle geld en voortbestaan.
Die waarheid is dat van 1852 tot 2014 - vir 162 jaar - funksioneer Mosselbaai sonder die hulp van die staat. Maar vanaf 1996 tot 2015 - 'n kort 19 jaar - het die owerhede 'n stelsel in plek gesit wat die Mosselbaai Munisipale bestuur laat dink hulle is afhanklik van die staat.

Die hartseer waarheid is, dat as jy vir die huidige bestuur van Mosselbaai Munispaliteit vra of hulle sonder die staat se hulp kan voortbestaan, gaan hulle almal vir jou sê: Nee, ons kan nie.
Die verslag 'MBM Lewensvatbaarheid sonder hulp.pdf' wys dat die sentrale owerheid reeds vanaf 2015, 2016, 2017, 2018, 2019, 2020 en 2021 die bestuur van Mosselbaai Munisipaliteit, afhanklik is van die staat vir hulle voortbestaan.

Die vraag is hoe het die owerhede dit reggekry om almal in die Munisipale sektor regoor Suid Afrika te laat verstaan dat hulle afhanklik is van die staatsgeld vir hulle voortbestaan, sonder dat die staat enige geld op hulle eie stoom genereer?

Wat seker die belangrikste is wat verstaan moet word is: Die MGEV val nie die huidige bestuur van Mosselbaai Munisipaliteit aan nie.
Net soos die grondeienaars verarm word met hierdie stelsel, is die huidige bestuur van MBM die slagoffers van 'n verwoestende stelsel om ons manier van leef en dinge doen te verwoes, en te vervang met kommunisme.

Die tweede belangrikste punt om te verstaan is: Die regeerders en owerhede waarna verwys word in die dokument, is nie die ANC, DA, EFF nie. Nee, hulle is maar net die marionette wat hulle geld van 'n nog hoër gesag kry.
Hierdie YouTube Kanaal - Wie is die Owerheid in RSA verduidelik baie mooi en presies aan wie die ANC, DA, EFF en ander rapporteer - die komitee van 300. Kyk gerus hierna.

Die derde belangrikste punt om te verstaan is: Die regeerders het baie seker gemaak toe die nuwe politieke stelsel in plek gesit is, dat daar geen meganisme in plek is om die Munisipale sektor wat nie sy werk reg doen, tot verantwoording te roep nie.
Voor 1994 was die kommissie vir administrasie, die ouditeur generaal en die parlementêre kommissie oor die Munisipale sektor die span wat die Munisipale sektor onder beheer en in toom gehou het.
Die enigste manier wat daar tans in RSA bestaan, is om saam met die eienaars van die omgewing 'n belasting betalers vereniging te stig en so deur die howe die Munisipale sektor tot verantwoording te roep.
Daar is duisende hof uitsprake waar die gewone grond eienaars saam staan om te probeer om hulle dorp of voorstad te red deur na die howe te gaan. As 'n saak tot by die Konstitusionele Hof draai, is daar meer regters, en dan eers kry die gewone man op straat reg om die Munisipale sektor tot verantwoording te roep.
So 'n hofsaak kos tussen R500 000 tot R1 000 000 oor 3 tot 5 jaar. Dit is ook maar net 'n plan van die owerhede om die gewone man armer te maak sodat Kommunisme na 'n oplossing lyk.

Hier is die regeerders se plan soos dit fyn in geheim beplan is en uitgerol is reg oor Suid Afrika oor 30 jaar.

1.) Raak ontslae van die gekwalifiseerde mense in die munisipale sektor. Doen dit deur die gewone aanstellings prosedures te vervang met "die mense stel die man aan". Stemme - nie kwalifikasies of vaardighede - maak nou saak. Demokrasie is waaroor dit gaan.

2.) Betaal die ongekwalifiseerde politikus - met geen ondervinding en wat deur die mense se "demokratiese proses" aangestel is - 'n vergoeding wat 4 tot 7 keer meer is as die gemiddeld wat vir mense in soortgelyke posisies is in die privaat sektor betaal word, en wat wel gekwalifiseerd is en jare ondervinding het.

3.) Dit ongekwalifiseerde politikus - verkies deur stemme - kry ewe skielik hierdie massiewe salaris, en selfs meer as wat slegs deur 'n hoogs gekwalifiseerde persoon in die verlede verdien was.
Die politikus gaan die pos wat hy nou beklee met sy lewe oppas. Vinnig begin die politikus die mense wat gekwalifiseerd is - en wat die werk kan doen - uitwerk. Hy weet sy posisie is veilig as hy almal wat meer as hy weet, uitwerk.
Hy is ook so in die geheim gesê: 'Ons het die howe, en ons "die party" sal agter jou staan. Ons gee sommer ook vir jou jou eie laer hof, staatsaanklaer en landdros om vinnig ekstra geld te in om jou tekorte aan te vul'. Alles deel van die groot plan om die gemeenskap te verarm sodat, eers sosialisme, en dan kommunisme as 'n beter opsie gesien word.
Die volgende wat waargeneem kan word uit die syfers van Munisipaliteite reg oor RSA is; omdat die kundiges nou weg is, begin die konsultasie uitgawes opgaan teen 'n ongelooflike pas. Net nog 'n manier om die gemiddeld man in die straat armer te maak om die doel van sosialisme en dan kommunisme vinniger te bereik.
Aangheg hieronder is die dokument "Van Oudit Verslag 2020-21" -- "However, future events or conclusions may cause the municipality to cease operating as a going concern." lees maar self die totale verslag.   


4.) Binne 7 dae nadat die politikus en amptenaar betaal is, is 45% van die geld LBS (Lopende betaal stelsel) gelde direk na SARS - terug in die staatskas. Onthou die grond eienaars het maand vir maand 100% daarvoor betaal deur die belasting en dienste gehef op hulle. 55% gaan vir die politikus en personeel en 45% gaan na SARS maand vir maand.

5.) Binne 30 dae nadat die amptenaar en politikus betaal is, is 15% BTW van SARS (Belasting op toegevoegde waarde) terug in die Staatskas.
Die owerheid sit nou met effektief 45% + 15% = 60%. 'n Klein gedeelte van hierdie gelde (eienaars se hardverdiende gelde) belasting word terug gegee vir die Munispaliteit.
In die geheime vergaderings oortuig die owerheid die politici en bestuur van die Munispaliteit:
'Jy het my nodig ek gee jou baie geld'.
Die hartseer waarheid is dat die munisipale politici en bestuur reg oor Suid Afrika nie besef dit is hulle eie mense se geld wat SARS hulle eie gemaak het en aan hulle teruggee nie.

6.) Daar is net 5 tot 7 verkose politieke lede in die top struktuur wat die owerheid so baie moet betaal. Hierdie 5 tot 7 politieke lede neem alle besluite om hulle poste te behou. Niks word geneem in die dorp se belang nie. Die ewe skielik se lekker leef gaan nie prys gegee word nie, want dit gaan oor die "politieke party" - nie die dorp nie.
Die mense word met die stelsel verdeel en daar word geveg oor die ANC, DA, EFF, ACDP - en noem maar op. Almal is verdeel en dit maak die pad na eers sosialisme en dan kommunisme moontlik en vinniger vir ons vryhand owerhede.

7.) Kom ons vat nou die 2021 Finansiële State:
Op bladsy 26 onder, word die salarisse te boek gestel waar die grond eienaars en huurders Mosselbaai personeel betaal vir die jaar, en wat dan binne 7 dae terug is in die staatskas om vir die die Munisipaliteit se tekorte in te staan.

8.) Die Personeel het R343 244 474 verdien. Kom ons veronderstel nie almal betaal 45% belasting nie, maar net 30% gemiddeld. Van die totale salarisse is dus R102 973 342 binne 7 dae terug in die staatskas.

9.) Die Raadslede verdien R11 812 156. Hier betaal almal 45% belasting. Binne 7 dae is R5 315 470 terug in die staatskas om die Mosselbaai Stadsraad te help om hulle verpligtinge na te kom.

10.) Ons is nog nie klaar nie, want binne 30 dae skop die BTW vir die staat in.
Kom ons veronderstel die personeel en die raadslede spandeer net 30% in winkels waar BTW gevorder word. R343 244 474 + R11 812 156 = R 106 516 989. Van die geld gaan 15% terug na die staatskas. R106 516 898 X 15% = R15 977 548.

11.) Die volgende wat die staat van ons Mosselbaai grond eienaars se hard verdiende geld kry, is 15% BTW op al die heffings - eiendoms belasting uitgesluit. Op Bladsy 23 van die Finansiële state word dit mooi uiteengesit R104 078 278 X 15% = R15 611 742.

12.) Wat kry die staat binne 30 dae terug van die geld wat aan die amptenare en raadslede betaal is? R102 973 342 + R 5 315 470 + R 15 977 548 + R15 611 742 = R230 417 543 - terug in die staatskas.

13.) Daar is nog baie meer wat die staat kry van die hard verdiende geld van die eienaars van Mosselbaai en dit is die brandstof heffing, suiker heffing en baie meer bronne en heffings wat ons nie eers van weet as ons die produk koop nie.

14.) Die laaste ding om na te kyk in die state, is: Wat het die staat vir Mosselbaai teruggegee in 2021 van die geld wat ons die grond eienaars in die eerste plek betaal het?
Op bladsy 12 van die state: R215 295 008 - R230 417 543 = R 14 995 515.
Ten spyte van die "Government grant", maak die staat nog steeds R14 995 515 surplus op die Mosselbaai Munisipaliteit.

15.) Wat uit die state gesien kan word is hoe die boetes toegeneem het van 2013 om die tekorte met ander inkomstes soos boetes aan te vul. Al wat dit doen, is om die gemeenskap armer te maak met R15 000 000 se boetes in 2021.

16.) Die 9% verhoging in die belasting tarief is ook om die tekort aan te vul maar stukkie vir stukkie gebruik die Staat die stelsel om ons die gemiddelde persoon slawe van die staat te maak. Dit is waarvoor ons moet keer.

17.) Die volgende stap gaan wees om die teorie, stellings en feite hiebo gemaak, te bewys uit praktiese voorbeelde soos dit daagliks in praktyk afspeel.
Die MBM ondersoek sal as voorbeeld gebruik word. Die video vertel alles: D Kotze oor die skoon oudit. Die MGEV wil graag weet waar Mnr D Kotze sy inligiting kry sonder 'n Finansiële Beampte, want vir die MGEV span is daar nie 'n skoon oudit in die verslae van die ouditeur generaal te kry nie.
Reik die Ouditeur Generaal 'n skoon oudit sertifikaat uit? Die MGEV kon nie so 'n sertifikaat van die Ouditeur Generaal kry nie toe navraag gedoen is. Die laaste opmerking oor die verval van MBM vanaf 2017 tot tans; daar was 4 verskillende Finansiële Beamptes gewees in 5 jaar -  dit kan nie goed wees nie.

18.) Die eerste reaksie van Mosselbaai Munisipaliteit het op 3 Junie 2022 gekom oor die ondersoek die MGEV het ongelukkig nie die MBM reaksie dokument nie. Die MGEV se waghond oor die die grond eienaars se hard verdiende geld het begin werk voor die organisasie in die lewe geroep is. Die MGEV het reeds hier die uitnodiging gegee "Hoe om einge oorsigte gemaak op die kuberruimte reg te stel" die MGEV beveel aan dat MBM die selsel gebruik om verskille aan te spreek MGEV sal dit publiseer.  Sodra die MGEV gestig is sal die gesig daar wees en aan MBM bekend gestel word. Intussen was die laaste vraag waar is die skoon oudit verslae van die Ouditeur Generaal asseblief die pers is vol daarvan ons die grond eienaars wat al die geld voorsien mag dit seker sien. Die syfers wys R151 000 000 lening en R1 000 000 verlies per maand vir die dorp se eienaars. Kom ons hanteer die syfers na 10 Junie 2022 sodra die gesig van MGEV aan MBM bekend is.
Vir nou versoek die MGEV net die Ouditeur Generaal skoon oudit verslae vir 6 jaar, soos versoek in punt 17 hierbo daarna bespreek ons die detail van die syfers verder. MBM Laat die grond eienaars 10 Junie 2022 MGEV eers stig as die waghond oor die bestuur van die grond eienaars se hard verdiende geld in Mosselbaai. Sonder die konkrete bewys van 'n skoon Oudit van 6 jaar soos in die begrotings rede gelewer en in die pers bekend gemaak word het die grond eienaars totale wantroue gekry in MBM om die dorp Mosselbaai te bestuur.

19.) Sien aangeheg hieronder "MBM Reaksie brief.jpg" die MGEV kon een bladsy kry van die MBM Reaksie verslag maar het nog nie die volledige dokument ontvang nie. Indien die verslag in besit van enige iemand is ontvang die te stigte MGEV graag die totale verslag om kommentaar daarop te lewer stuur aan e-pos admin@mgev.co.za.