• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

MGEV soek nie konflik nie, maar oplossings!

Started by Administrator, Jun 05, 2022, 10:20 AM

Previous topic - Next topic

Administrator

Die MGEV is 'n susters onderneming wat bestaan uit 'n groep regsgeleerdes, Ouditeure,  Rekenmeesters en gekwalifiseerdes wat elke aspek van munisipale bestuur verstaan. Al die suster ondernemings beywer hulle vir die regte van die grondeienaar in Suid Afrika.

Die MGEV stel voor dat die MBM volgende keer eers reageer op inligingstukke vanaf die MGEV nadat dit behoorlik gelees en ondersoek is.


Op 3 Junie 2022 het MBM gereageer (Dokument Aangeheg Onder) op punte 1-5 wat die detail uiteensit hoekom al die mense van Suid Afrika wakker gemaak moet word vir die kommunistiese monster wat ons manier van leef wil kom verwoes.
Mosselbaai is een van die beste munisipaliteite wat nog staande is, daarom is Mosselbaai Munisipaliteit nog een van die laastes wat gered kan word. 90% van die land se munisipaliteite het reeds geval.

Die MGEV gaan nie daaroor om die munisipale politikus en die amptenaar aan te val nie/ maar om die groter monster wat in die geheim agter staan en net te wag tot die tyd ryp is om die dorp te verslind.
Ongelukkig gaan dit negatiewe reaksies uitlok by die munisipale politikus en die amptenaar wat in die spervuur staan - Die MGEV verstaan dit te goed; wees verseker, die aanmanings is nie op MBM amptenare of politikus gemik nie. Dit gaan oor 'n korrupte politiek en finansiële stelsel op ons af geforseer, wat ons verdeel en op die einde sal verwoes as ons nie dit teenstaan nie.

Die Munisipale reaksie dokument is deur 'n grond eienaar aan die te stigte MGEV ge-WhatsApp.
Die dokument het nie bladsy nommers nie - dit het MGEV ingesit. Die kwaliteit is nie so goed nie as gevolg van WhatsApp. Nie te min gaan MGEV daarop reageer.

Bladsy 1 van 5

MBM Stelling
Die lening van R115 000 000 wat die grond eienaars R1 000 000 per maand gaan kos
MGEV Antwoord
Die MGEV kon nie uit die state sien waarvoor die Lening van R115 000 000 aangewend is nie maar wil graag die sake plan sien of die projek wel R1 000 000 per maand gaan oplewer as dit klaar spandeer is. Om enige verdere misverstande uit die weg te ruim, wil die MGEV graag die detail ontvang van die Lening van R25 800 000 aangegaan op 26 Mei 2022 wat die grond eienaars 'n verder R250 000 gaan kos per maand. Die MGEV kon beide die lenings en sakeplannne nie in die GOP (Gemeenskaps Ontwikkelings Program) en die begrotings vind nie, maar wel in die state.

MBM Stelling
Die skrywe beweer - Ondersoek moet onmiddellik gedoen word oor die bestuursvermoë van MBM oor die eienaars se geld.
MGEV Antwoord
Die koerante en webtuistes is vol van die skoon oudit verslae wat MBM kry. Dit is goed so, die MGEV het die oudit verslae direk van Tesourie en die ouditeur generaal gekry en dit bladsy vir bladsy haarfyn deurgewerk  'Skoon' is die verslae beslis nie.
Elke grond eienaar behoort al die oudit verslae self deur te werk. Waarom is die skoon oudit verslae soos versoek op hierdie kuberruimte, nie in die eerste dokument van MBM aan die MGEV ingesluit nie? Dit behoort moes in die besit te wees van MBM?
Totdat die skoon oudit verslae wat in die pers en begroting redes uitgespreek nie op wit en swart is nie, sal die bestuursvermoë van die MBM in  twyfel getrek word deur die MGEV.

Bladsy 2 van 5

MBM Stelling
Wanopvattinge van MGEV - Die Kontant Balans van MBM.
MGEV Antwoord
Die vrae oor die Kontant Balans:
Waaruit bestaan die kontant balans?
Hoeveel van die Kontant Balans oor die 13 Jaar maak Staatstoelaes uit?
Hoekom moet R143 500 000 geleen word teen 'n koste van R1 250 000 per maand as daar genoeg kontant is?
Weereens: uit die dokument aangebied lyk dit soos swak bestuur en besluitneming aan die kant van MBM.
"Cash is King", hoekom moet ons elke maand R1 250 000 van die gond eienaars in die water gooi as MBM dit kontant kan doen.

MBM Stelling
Die Munisipaliteit erken dat hy buite die norm funksioneer ten opsigte van Debiteure.
MGEV Antwoord
Debiteur Invordering is 'n Munisipaliteit se heel belangrikste indikasie of dit goed of sleg gaan.
Dit word kontantvloei genoem en sonder behoorlike beheer daaroor, gaan die tekort gefinansier moet word: of met lenings, of met tarief verhogings.
Die begroting van 2022/23 waar eiendomsbelasting  met 9% verhoog moes word, is amper 2X die inflasiekoers, en dit wys dat grond eienaars moet nou betaal vir die swak bestuur oor die debiteur invorderings.
Bates maak nie saak in 'n munisipaliteit nie. Bates kom sommer gratis by. Wanneer ontwikkelaars grond ontwikkel, word parke, paaie en ander grond gratis aan die munisipaliteit gegee.
Mosselbaai munisipaliteit kan die beste riool aanleg in die wêreld hê. As die munisipaliteit nie vir die brandstof, persoon en verskaffers kan betaal om die rioolstelsel aan die gang te hou nie, is die bate absoluut waardeloos.
Al 900 van die rioolwerk buitewerking in Suid Afrika is die bewys daarvan.
   
Wat die MGEV bekommerd maak oor die geouditeerde finansiële state van 2020-21, is die berekening van debiteur omset dae. Wat een van die belangrikste indikators is, is dat nie een jaar korrek bereken nie oor die hele 5 jaar van die verval nie. Die dokument wat aangeheg is hieronder bevat al die  detail om die stelling hierbo te bewys.

Heel onder in die dokument aangeheg, "MBM Ondersoek 13 Jaar 2009 tot 2021", staan die formule hoe om debiteur invordering dae te bereken. Op die dokument word die regte dae aangetoon wat dit werklik is, asook die basis syfers is uit die state gehaal om die regte syfer te bereken:

"The equation to calculate Debtor Days is as follows: Debtor Days = (accounts receivable/annual credit sales) * 365 days
                           
Notes on Cashflow:                           
Why is cash flow important? Cash flow is defined as the amount of money entering and leaving the Municipality                           
over a given period of time. Cash flow is important because it enables you to meet your existing financial obligations                           
as well as plan for the future. HOW MUCH OF THE LOANS ARE TO MEET MBM EXPENSES?                           
                           
American Express on Cashflow:                           
Understanding your cash flow will help manage accounts and ensure you always have enough funds available                           
to pay your bills as the economy goes up or down. FINANCIAL HEALTH ARE DETERMEND BY CASHFLOW                           
THE SAME AS THE BLOOD IN OUR BODY TAKE THE BLOOD AWAY AND THE BODY DIES."
   


Weereens: Uit die dokument aangeheg, word afgelei dat die skrywer van die dokument ontvang vanaf MBM nie veel weet van hoe om Finansiële state te lees en te interpreteer nie. Die debiteur dae formule is verkeerd bereken en dit is die basis van alles. Daarom het MGEV nie vertroue in die bestuursvermoë van MBM nie.

Bladsy 3 van 5

MBM Stelling
In 2017 was daar 'n nuwe klassifikasie met betrekking tot "Gekontrakteerde Uitgawes" - Geïmplementeer in 2017.
MGEV Antwoord
Die MGEV neem kennis van die verandering in 2017, kom ons haal 2017 uit en kyk net na die tydperk 2018 tot 2021

4 jaar van die verval.
Inflasie koers:
2018 - 4.50%
2019 - 4.12%
2020 - 3.22%
2021 - 4.11%
Totaal oor 4 jaar 16.25%

Kontrakteur uitgawes 2018:
R115 412 738 + 16.25% = R134 167 308
(2021 totale uitgawes met 16.25% inflasie).
In 2021 was Kontrakteurs R191 477 863 - R134 167 308 = R 57 310 555 uitgawes bo die inflasie koers.

Daar is groot probleme by MBM se kontrakteur uitgawes, daarom het MGEV tans geen vertroue in die bestuur van MBM nie as die finansiële state ontleed word.

MBM Stelling
Krediteure is 100.37% meer
MGEV Antwoord
MGEV neem kennis van die inhoud, dankie

Bladsy 4 van 5

MBM Stelling
Die gelde ontvang vanaf Nasionale Regering
MGEV Antwoord
Lees asseblief punt 1 tot 5 in die volgende:

1) Rede vir die ondersoek na die Finansies by Mosselbaai Munispaliteit - Klik onder op skakel om oop te maak.
https://mgev.co.za/index.php?topic=1.0

2) Ondersoek: Finansiële State 2009 tot 2021 --- Klik onder om oop te maak.
https://mgev.co.za/index.php?topic=2.0

3) Ondersoek: Ouditeur Generaal Verslae 2009 tot 2021 --- Klik onder op skakel om oop te maak.
https://mgev.co.za/index.php?topic=3.0

4) Ondersoek: Politieke Raad en Amptenary tydens die verval vanaf 2017 tot tans ---- Klik onder op skakel om oop te maak.
https://mgev.co.za/index.php?topic=5.0

5) Finansiële las wat Politiek op die Munisipaliteit het ---- Klik onder op skakel om oop te maak.
https://mgev.co.za/index.php?topic=6.0

Die punte hierbo verduidelik presies waaroor MGEV so bekommerd is oor MBM.

Bladsy 5 van 5

MBM Stelling
Inhoud van die Nasionale ekonomie, Swaarkry vir almal, opgraderings, Louis Fourie weg tot  Graderingsmaatskappye se verslae.
MGEV Antwoord
MGEV neem kennis van die inhoud, dankie.
Omdat die MGEV slegs na die Finansies van MBM gekyk het, sal die MGEV ook wyer kyk. Verskaf asseblief die detail van die Graderings maatskappye se verslae dat die MGEV ook daarna kan kyk.

Dit is hartseer dat die grond eienaars nou net onder 2X die inflasie koers moet betaal vir belasting.
Die MGEV voel ook die val van die ekonomie, maar MBM spaar die eienaars nie die verhoging van die tariewe nie. Al wat nodig was, is om die invorderings van Debiteure binne aanvaarbare norme te bring.
Maar nee: MBM besluit om die las van die swak administrasie van MBM op die Grondeienaar af te skuif. Daarom het die MGEV tans geen vertroue in die MBM om na ons - die grond eienaars verteenwoordig deur die MGEV - se geldsake te kyk nie.

Ten slotte: Die skoon oudit verslae is steeds uitstaande.