• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Meeting of 27 June 2024 Letter of R350 000 000 Loans from Treasury

Started by Administrator, Jun 26, 2024, 06:30 PM

Previous topic - Next topic

Administrator

Tans staan Mosselbaai-munisipaliteit se lenings op R330 000 000. Vanoggend is nog 'n bykomende leningsbedrag van R360 000 000 deur die Raad goedgekeur.

Mosselbaai-grondeienaars, ons gaan vir jare 'n prys betaal vir wat vandag 27 Junie 2024 gebeur het!

Luister hieronder na die opname: (Klank raak beter)

Luister na die hartseer verhaal.

Skrywe ontvang van Tesourie wat op 27 Junie aan die Raad voorgelê is.

Meeting of 27 June 2024 Letter of Loans from Treasury.pdf

Eerste punt van belang: dit word sterk betwyfel of 5% van die Raad die inhoud van die skrywe werklik verstaan.

MGEV se kommentaar:

Onthou, R1 010 000 000 kapitaal plus rente moet terugbetaal word wat geleen gaan word oor die volgende termyn van 10 tot 20 jaar.

Punt 10 van die skrywe:

Dit is reeds nou al vir die afgelope 10 jaar nie moonlik om rekeninge binne 30 dae in te vorder nie.

Punt 12 van die skrywe:

Hierdie aspek het 'n ingrypende implikasie vir grondeienaars. Kortliks beteken dit dat die bates in verhouding tot skuld verlede jaar (2023) versleg het. Wanneer die lenings bygereken word verswak dit nog baie meer.

Punt 15 van die skrywe:

Indien die munisipaliteit nie die debiteure reggestel kry nie sal vêr bo-gemiddelde tarief-verhogings gesien word.

Punt 16 van die skrywe:

Dit was nie vir 'n enkele keer vir die Mosselbaai-munisipaliteit moontlik om in die afgelope 20-jaar tydperk minder as 'n 6% tariefverhoging te hef nie.

STAAN DIE LAS VAN R1 010 000 000 TEË MENSE VAN MOSSELBAAI!