• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Skrywe aan mnr Charl Kocks Hoof van Ratings Africa en 7 Ander

Started by Administrator, Apr 29, 2024, 06:36 AM

Previous topic - Next topic

Administrator

Navraag oor Ratings Afrika se verslae oor Mosselbaai-munisipaliteit 29 April 2024


Ratings Afrika                                                              Datum: 29 April 2024
Acaciaweg 300
Randburg
2194

E-pos adres: Charl.Kocks@RatingsAfrika.com

Vir aandag: Die Hoof-graderingsbeampte,  Mnr Charl Kocks

Die Mosselbaai-grondeienaarsvereniging (MGEV) se e-posse gerig aan Ratings Afrika gedateer 15 April 2024, 16 April 2024 en 19 April 2024 verwys.

Die detail van diƩ e-posse kan op die skakel hier verkry word. https://mgev.co.za/index.php?topic=86.0 )
Hierby ingeslote is MGEV se korrespondensie gedateer 21 April 2024 aan:

1) Mnr John Steenhuisen, Hoof, Demokratiese Alliansie (DA)
2) Mnr Kallie Kriel, Uitvoerende Hoof, AfriForum
3) Mnr Flip Buys, Voorsitter, Solidariteit Beweging

Die detail van die korrespondensie kan op die skakel gelees word: https://mgev.co.za/index.php?board=54.0 )
MGEV het navorsing gedoen oor Ratings Afrika se vorige verslae met betrekking tot Mosselbaai-munisipaliteit.  Verskeie opvallende aspekte rakende die verslae van Ratings Afrika is meer as net ter saaklik en benodig onder andere stawende feite en bevestiging van besonderhede.

Vier verslae is in die verlede deur Ratings Afrika uitgebring.

In die 2018 verslag van Ratings Afrika word verwys na 'n Ratings Afrika-ondersoek wat in 2012 die volgende bevind het:  "However, even the high-scoring local municipalities have experienced a weakening trend, with only three receiving a score of 80 or more compared to nine in 2012." MGEV kon nie hierdie 2012-ondersoek en -bevindings  op die internet vind nie.

Van beskikbare gegewens kon wel onder andere die volgende bevind word:

1) Op Donderdag, 26 April 2018 plaas Mossel Bay  Advertiser 'n berig oor 'n Ratings Afrika-verslag.

2) Op Dinsdag, 20 April 2021, plaas Mossel Bay Advertiser 'n berig oor 'n nuwe Ratings Afrika-verslag.

3) Op Maandag, 22 April 2024, berig Mossel Bay Advertiser van die nuutste verslag van Ratings Afrika.

Wat opvallend is dat hierdie beriggewing gedoen is kort voor die komende verkiesing van 2024 wat gehou gaan word op 29 Mei 2024.

Die detail van die drie verslae van Ratings Afrika kan op die skakel gelees word:
https://mgev.co.za/index.php?topic=92.0

Volgens MGEV se onafhanklike ondersoek na die finansies van Mosselbaai, wat strek oor 'n periode van 20 jaar - sedert 2003 - is dat daar 'n opvallende en merkbare verswakking en agteruitgang van Mosselbaai-munisipaliteit se finansies is wat sedert 2017 plaasvind.

Alle stawende besonderhede kan op die gegewe skakels gevind word - feite wat direk uit amptelike geouditeerde finansiƫle state verkry is. Langs elke stelling en gevolgtrekking wat deur MGEV gemaak word is die betrokke bladsynommer en die inligting waarop MGEV se stellings en gevolgtrekkings berus.

1)    Die rede vir die MGEV se ondersoek - Mosselbaai-grondeienaarsvereniging (MGEV)
2)    Probleme ondervind met die eerste ondersoek https://mgev.co.za/index.php?topic=2.0
3)    Ouditeur-Generaal se verslae oor 'n periode van 13 jaar: https://mgev.co.za/index.php?topic=3.0
4)    Hoe die gemeenskap verarm  word: https://mgev.co.za/index.php?topic=5.0
5)    MGEV se ingesteldheid is nie konflik nie, maar konstruktiewe deelname: https://mgev.co.za/index.php?topic=7.0
6)    Die begroting van 2024 tot 2027 wek kommer: https://mgev.co.za/index.php?board=46.0
7)    Misleiding lei tot skade: skrywes aan ander instansies:  https://mgev.co.za/index.php?board=54.0

Hierdie skrywe word ook vir kennisname aan die volgende instansies gestuur aangesien die probleem hulle belange en moontlike optrede direk raak:

1) Demokratiese Alliansie (DA): Mnr John Steenhuisen - e-pos: parliamentaryleader@da.org.za
2) Solidariteit: Mnr Flip Buys - e-pos: service@solidarity.co.za
3) AfriForum: Mnr Kallie Kriel E-pos adres: kallie.kriel@afriforum.co.za en navrae@afriforum.co..za
4) Mosselbaai Sakekamer: Mnr Albert Wiffen - admin@mosselbaychamber.co.za
5) Die premier van die Wes-Kaap: Mnr. Alan Winde - alan.winde@westerncape.gov.za
6) Herbie Oosthuisen Prokureurs: Mnr. Herbie Oosthuisen - herbie@holaw.co.za
7) Mosselbaai-munisipaliteit: Mnr Dirk Kotze - epos:  dkotze@mosselbay.gov.za en Mnr Colin Puren cpuren@mosselbay.gov.za

Die MGEV se vrae en versoeke bly  tot op hede onbeantwoord. MGEV bly egter steeds besord en bekommerd - 'n bekommernis wat al so vroeg soos 2022 (24 maande) geverbaliseer is -  oor die probleme met die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit.

Indien daar iewers 'n misverstand is, stel MGEV asseblief onmiddellik in kennis sodat dit reggestel kan word.


Vriendelike groete
Johan Grabe
Voorsitter: MGEV