• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Recent posts

#81
Mosselbaai neem kennis.......

Ondersoek van misdaad is en bly 'n Sentrale Owerheid funksie – Provinsies die Munisipaliteite het volgens huidige wetgewing in RSA geen mag om misdaad te ondersoek nie.

DAAROM

Tot op datum verneem die MGEV dat daar sedert die opening van die JOC in Augustus 2022 nog nie een suksesvolle saak teen misdaad en misdrywe was nie.

Mosselbaai en sy gemeenskappe  kan nie bekostig om te betaal vir 'n polisiemag in die SAPD en die funksie word letterlik gedupliseer met die gemeenskap se munisipale gelde nie.

Veiligheid is 'n funksie van die Suid Afrikanse Weermag (SAW) en Suid Afrikaanse Polisie diens (SAPD)  in samewerking met die Gemeenskap Polisie Forums (GPF's) en Gemeenskap Veiligheid Forums (GVF's).

DIE GRONDWET IS BAIE DUIDELIK DAAROOR DAT MISDAAD EN WEERMAG FUNKSIE HOORT NIE IN 'N MUNISIPALITEIT NIE!!!!! HOEKOM DOEN MOSSELBAAI DIT TEEN DIE KOSTE VAN DIE GEMEENSKAP!!!!

UITNODIGING

Die JOC word vriendelik uitgenooi om elke saak wat suksesvol verhoor word deur die JOC se werksaamhede wat lei tot die veiligheid van die gemeenskap; aan die MGEV te voorsien alle sake sal op die blad beskikbaar gemaak word vir die gemeenskap van Mosselbaai.

INKOMSTE VERDIEN UIT DIE JOC

Die kern verskil tussen die bedryf van die staat en Munisipaliteite is, die staat begroot nie vir inkomste nie  SARS sorg vir die staat.

Munisipaliteit verdien inkomste soortgelyk aan besighede en moet ook so bedryf word elke afdeling moet sy eie inkomste genereer en die gedeeltes soos Verkeer en Brandweer word uit eiendoms Belasting gefinansier.

Die MGEV vereniging verneem dat die JOC na die R35 000 000 spandeer is en in bedryf is nog nie begin inkomste genereer het nie.

Daarom versoek die MGEV die State van die JOC van die dag wat die eerste sent spandeer is om die gebou met die gemeenskap se trustgelde te koop tot op die huidige dag.

DIE GEMEENSKAP HET DIE REG TO DIE INLIGTING IN DIE GRONDWET VAN RSA STAAN:

Hoofstuk 2: Handves van Regte -- Toegang tot inligting

32. (1) Elkeen het die reg op toegang tot
(a) enige inligting wat deur die staat gehou word; en
(b) enige inligting wat deur ʼn ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of beskerming van enige Regte benodig word.
(2) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie reg gevolg te gee, en kan voorsiening maak vir Redelike maatreëls om die administratiewe en finansiële las op die staat te verlig.

DIE MGEV SAL SELF DIE INLIGTING UIT DIE MUNISIPALE STESLELS TREK OP DIE KOSTE VAN DIE MGEV GEE MGEV NET LEES REGTE OP DIE DATABASIS.

#82

Kommetaar oor die Video:

Punt No.    Video Tyd Van Tot    Nota's van MGEV oor die punt    Skakel na ons Situasie   
100:59 tot 01:05Die Politieke Stelsel is die Probleem nie net ANCLees weer die Probleem
201:15 tot 01:25Reguit oppad na Kommunisme dit is 'n feitMGEV se standpunt Lees
301:44 tot 01:58Die JOC maak ons afhanklik van die Staat!!!!!!!!!  Lees die JOC Probleem
401:59 tot 02:15 Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)Lees oor SEB en die koste
502:22 tot 02:41 Mosselbaai Skryf R74 miljoen af hoekom? Lees die vrae oor die R74mil
603:20 tot 03:40 Suid Afrika ons moet begin veg vir ons Grondwet   Ken die Grondwet van RSA

#83
Die Huidige stryd in Suid Afrika gaan oor:
 

1)    Kommunistiese Stelsel in ons mooi land - Wikipedia oor Kommunisme OF

2)    Selfbeskikking vir almal in ons mooi Land - Wikipedia oor Selfbeskikking

Die Vraag is hoe gaan ons erken wanneer ons met watter stelsel besig is en hoe om dit in ons daaglikse doen en late waar te neem en te bestuur.

ELKE AKSIE WAT ONS DOEN GAAN NA DIE EEN OF DIE ANDER KANT NOOIT STAAN ONS STIL NIE.

Die beste voorbeeld is Hartenbos voor 1994 was Hartenbos 100% outonoom en deur die mense van die dorp bestuur – Selfbeskikking was 100% aan die orde van die dag.

Tussen 1994 tot 1996 is Hartenbos ingelyf by Mosselbaai; sentrale bestuur word nou toegepas in Hartenbos en Hartenbossers neem nie meer die daaglikse bestuur besluite van ons dorp nie.

Besluite word deur 'n sentrale liggaam gedoen buite ons Hartenbossers se beheer en die mense wat bestuursbesluite oor ons mooi dorpie neem bly nie eers in die dorp nie.

DIE NUWE MUNISIPALE STELSEL IN SUID AFRIKA IS 'N STAPPIE IN DIE RIGTING VAN KOMMUNISME WEG VAN SELFBESKIKKING.

So moet elke ding wat ons lees en ons lewe beïnvloed deur die hele Suid Afrika geanaliseer word en 'n besluit moet geneem word. Vat die aksie ons nader aan Kommunisme of Selfbeskikking?

A)    Die gesprek ook "Crypto Currencies" neem dit ons geld na sentrale bestuur of gemeenskap bestuur?

ANTWOORD:

Sentrale Bestuur. Met ander woorde "Crypto Currencies" neem ons 'n stappie nader aan Kommunisme

B)    Die Gesprek oor die nuwe aanslag gebied in Mosselbaai (Aangeheg hier onder) "Central City Improvement District" (CCID). Sit dit die beheer en die invordering van die gelde in die hande van die Munisipaliteit of die gemeenskap.

ANTWOORD:

Die Munisipaliteit beheer die geld op die einde van die dag neem die CCID ons 'n stappie nader aan Kommunisme.

C)    Die Gesprek oor die Strategiese Beplanning vir 2024 Sit dit die Plan vir 2024 beheer en die invordering van die gelde in die hande van die Munisipaliteit of die gemeenskap.

ANTWOORD:

Die gemeenskap beheer die Dispuut geld op die einde van die dag neem die NBU dispuut stelsel ons 'n stappie in die rigting van selfbeskikking.

D)    Die Gesprek oor die JOC en die Buurtwagte van Mosselbaai Gesprek en Feite oor die JOC

Aangeheg: CSF 26 SEPTEMBER 2022 Meeting.pdf  Lees deur en sien wat die sentralisasie Mosslebaairs uit die sak jaag - Onthou Gemeenskap Veiligheid Forums (GVF's) en Buurtwagte doen die werk reeds vir jare as gemeenskapdiens gratis. Hoekom moet ons nou daarvoor miljoene betaal.

Neem die JOC Mosselbaai na sentrale bestuur of gemeenskap bestuur?

ANTWOORD:

Die JOC neem Mosselbaai se gemeenskapsveiligheid na sentrale beheer!! Op die einde van die dag neem die JOC ons 'n stappie nader aan Kommunisme.

BEGIN ELKE AKSIE WAT GENEEM WORD AAN DIE GEDAGTE HIERBO MEET EN TREE DAN OP TEN GUNSTE VAN KOMMUNISME OF SELFBESKIKKING – DIT IS JOU BESLUIT.

ELKE PERSOON MOET BESLUIT WAARHEEN HY GRAAG WIL SIEN DIE LAND MOET GAAN!!!! EN DAN OPTREE MET KENNIS.

Die NBU en die MGEV staan en veg vir Selfbeskikking in Suid Afrika deur die howe van die land.

Politiek in die Munisipale sektor is 'n euwel wat deur die gemeenskappe van Suid Afrika verwoes moet word. In die meeste gemeenskappe is dit moontlik met die NBU Dispuut stelsel.

POLITIEK HOORT NIE IN 'N DIENSTE SEKTOR NIE.


#84
Strategiese Beplanning vir 2024 – Deel wyd en suid laat die hele Suid Afrika kennis neem van die pad na Selfbeskikking vir almal.

Video Voorlegging van die Strategiese Plan 2024

Laai die MGEV Strategiese plan vir Mosselbaai af en volg die Video om kennis te neem van hoe Suid Afrika van die Kabaal gered kan word.

Klik hier om die dokument af te laai

Klik Hier om by die Mosselbaai Grondeienaars Verenging aan te sluit "WhatsApp" – BEDOEL VIR DIE HELE SUID AFRIKA

#85
Ons as gemeenskappe moet begin kyk hoe ons Trustgeld bestuur word deur ons Munisipaliteit as ons dit nie begin doen nie gaan hulle ons bankrot maak.
#86
1) Sien Berig: TNPA, AFRO FISHING SIGN LEASE FOR FISH MEAL PLANT - Aangeheg
2) Neem Kennis van die Vismeel fabriek in Namibië van MB De Klerk van die Firma De Klerk, Horn en Coetzee Ing. - Aangeheg
3) 01 Februarie 2020 - Berig in Mosselbay On The Line - Aangeheg
4) Journalist threatened for naming directors in Fishing business - Aangeheg
5) Fishrot: The corruption scandal entwining Namibia and Iceland - Aangeheg

Neem Kennis Huur Kontrak vir 10 Jaar geteken - Mosselbaai Munisipaliteit hoekom weer die gemeenskap van Mosselbaai deur die selfde trauma stuur. Die vraag kom op wat is daarin vir die Munisipaliteit dat hulle nie leer uit die verlede nie.
#87
Bekende Spaar en Krediet Instellings in Suid Afrika

Orania Spaar en Krediet (OSK)
Kleinfontein Spaar en Krediet (KSK)

Terugvoering ontvang van Johan Erasmus oor die Moontlike Mosselbaai Spaar en Krediet (MSK).

Hi Johan. Local currency is n baie goeie konsep wat al n paar plekke in d wêreld plaaslike gemeenskappe van ondergang gered het. Heelwat voorbeelde op die internet. Ons het al oorweeg om te implementeer, maar die regte plaaslike gemeenskap moet daarmee begin, dan kan dit uitkring.






#88
Die Grondwet van RSA Artikel 152 (1) en (2) en Artikel 153: Die rol van die Munisipaliteit - Aangeheg Onder

Artikel 152 - Aangeheg

1 (d) Om 'n veilige en gesonde omgewing te bevorder
1 (e) Om gemeenskap-organisasies aan te moedig
2 Om binne sy finansiële vermoë die oogmerke te verwesentlik.

Artikel 153 - Aangeheg

(a) Om voorang te verleen aan basiese behoeftes en gemeenskap ontwikkeling te bevorder

NIE OM 'N JOC VIR R25 000 000 TE BOU NIE. PANSER VOERTUIE VAN R5 000 000 TE KOOP. HONDE K9 EENHEID VAN R1 000 000 BEGIN EN R5 000 000 PER JAAR AAN SY BEDRYFS KOSTE TE SPANDEER TEN KOSTE VAN DIE GEMEENSKAP NIE. SONDER DAT DAAR ENIGE INKOMSTE ONTVANG WORD NIE!!!
Berig oor die JOC Mosselbaai Advertiser 19 Augustus 2022

Die buurtwagte doen die werk as diens aan die gemeenskap gratis en vrywillig. Elke buurtwag of GVF na die interne behoefte van die gemeenskap in die omgewing. Dit kan nie en mag nie sentraal bestuur en oorgeneem word van die gemeenskap nie, DIT IS TEEN DIE BEPALINGS VAN DIE GRONDWET. Nou kos dit die gemeenskap R5 000 000 per jaar.

Hoe kan 'n persoon wat in Kwanonqaba of Diaz strand woon na die veiligheid van die mense van Gourits, Groot Brak, Glentana of Hartenbos omsien.
Dit is die werk van die buurtwag of GVF in samewerking met die SAPD. Is daar nie reeds 'n SAPD waarvoor die gemeenskap betaal wat daardie funksie moet vervul nie?

Burgers Park Pretoria Hofuitspraak

Neem Kennis van die hofuitspraak punt 2 onder - Aangeheg.

"1 S v Selebi 2012 (1) SACR 209 (SCA); 2012 (1) SA 487 (SCA)
2 Which says members of cabinet, of which the President is one, may not undertake any paid work
other than one for which they have been elected or appointed in public office."


Neem kennis dat enige persoon wat in 'n openbare posisie is mag nie ander werk doen of inkomste verdien nie - Die MGEV sal graag wil weet hoeveel van die R3 050 000 is aan Raadslid Leon van Dyk betaal.

Sien Aangeheg: 2022-23 Finansiële state die koste van die JOC

JOC Municipality CSF 26 SEPTEMBER 2022 Meeting Aangeheg ..... Neem kennis van die JOC vergadering.

Die gemeenskap van Mosselbaai is op 3 Februarie 2024 gevra wie hulle dink die beste sal wees om die JOC te bestuur 1 stem die Munsipalitiet en 61 stemme die 80 buurtwagte van Mosselbaai.
#89
01-) Stigting van die MGEV - Vrydag 10 Junie 2022 tyd 12H00 - Sien voorlegging aangeheg
02-) Eerste vergadering van die gekose MGEV komitee – Gehou 26 Oktober 2022 aangeheg
03-) Grondwet van die MGEV – Onderteken op 29 Oktober 2022 aangeheg     
04-) Besoek aan die Mosselbaai-munisipaliteit (MM) se Raad - op 31 Oktober 2022 aangeheg
05-) Versoek vir 2de vergadering met Mosselbaai-munisipaliteit - Op 3 November 2022 aangeheg
06-) Eerste uitnodiging om saam te gesels oor samewerking - 08 Augustus 2022
07-) Eerste brief van mnr Herbie Oosthuizen oor die MGEV - 23 Augustus 2022
08-) Opvolg van navrae wat langer as een jaar uitstaande is - 18 Januarie 2024
09-) Ontvangserkenning van Opvolg van navrae langer as een jaar uitstaande - 18 Januarie 2024
10-) Vrae vanuit die gemeenskap met verwysing na punt 8 en 9 hierbo - 18 Januarie 2024
11-) Ontvangserkenning van Navrae Gemeenskap - Verwysingsnommer 10926437 en lêer nr 15-1-1-3 - 18 Januarie 2024
12-) Skrywe ontvang van Herbie Oosthuizen oor Mosselbaai-munisipaliteit - 24 Januarie 2024
13-) MGEV se eerste skrywe aan Herbie Oosthuizen oor munisipale sake - 25 Januarie 2024
14-) Herbie Oosthuizen tweede skrywe aan MGEV direk aan MM geantwoord - 14 Augustus 2022
15-) Herbie Oosthuizen derde skrywe aan MGEV - 23 Augustus 2023
16-) Herbie Oosthuizen vierde skrywe aan MGEV - 08 Februarie 2023
17-) MGEV tweede skrywe aan Herbie Oosthuizen 31 Januarie 2024
18-) Mossel Bay Advertiser Berig Vrydag bl 3 regs onder 5 November 2021.
19-) Herbie Oosthuizen hanteer van gemeenskap se vrae aan MM. Skrywe van 12 Maart 2024
20.1-) MGEV antwoord op skrywe 19 van Herbie Oosthuizen 21 Maart 2024.
20.2-) JOC Municipality CSF Meeting 26 SEPTEMBER 2022
20.3-) Burgers Park Community vs Tshwane Metro Case 120856-2023. 04 December 2023
21.1-) MGEV opvolg op skrywe 20.1 aan Herbie Oosthuizen 28 Maart 2024
21.2-) Community Safety Invite 24  March 2024
21.3-) Community Safety Agenda 24  March 2024
21.4-) Wet 19 van 2009
21.5-) MM skrywe 14 Desember 2022
21.6-) Skrywe Dirk Kotze versoek info 1 Februarie 2023
21.7-) WC043 Mossel Bay AFS 2005-06
21.8-) Waardasierolgeskiedenis 28 Maart 2024
KLIK OP DIE DOKUMENT OM OOP TE MAAK - 16 April 2024
22-) MGEV Opvolg op skrywe 20.1 aan Herbie Oosthuizen 21 Maart 2024
23-) Herbie Oosthuizen skrywe ontvang 16 April 2024
24.1-) MGEV skrywe aan Herbie Oosthuizen 16 April 2023
24.2-) Waardasierolsiklusse Mosselbaai-munisipaliteit 2003 tot 2024
24.3-) Kapitaalbegroting vir 9 jaar 2018-2019 tot 2026-2027 
24.4-) Rentebegroting vir 9 jaar 2018-2019 tot 2026-2027
24.5-) Mandaatprobleem Lees Detail Hier
24.6-) Belasting Tariefbegroting vir 7 jaar
24.7-) Belastingtariewe en Elektrisiteitstariewe in begroting van 2024-25
24.8-) Uitgemaakte inkomste en behoeftige huishoudings
25-) Amptelike beswaar teen 2024-25 begroting ingedien 16 April 2024
26-) Beswaar teen die begroting van 2024-25 - Ontvangserkenning 
27-) MGEV skrywe aan Herbie Oosthuizen 6 Mei 2024 - Belasting is onwettig gehef vir 5 Jaar
28-) Herbie Oosthuizen skrywe van 2024-06-07.pdf
29-) MGEV skrywe aan Herbie Oosthuizen 22 Julie 2024.pdf
29.1-) MGEV Grondwet 29 Okt 2022 Aanvaar en onderteken.pdf
29.2-) Bevordering van toegang tot inligting Wet 2 van 2000.pdf
29.3-) Mossel Bay Munisipality Promotion of access to Information 27 July 2023 (2).pdf
29.4-) Gids vir die gebruik van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting Wet 2 van 2000 (3).pdf
     
 
#90
Hier is 4 Dokumente wat standaard dokumente is wanneer die Dispuut geimplementeer word.
Die vyfde dokument wys hoe die Koingnaas saak se koste deur die dispuut stelsel betaal is.

1)    Dispuut brief - Die brief wat aan die Munisipaliteit Oorhandig word as die dispuut verklaar word.
2)    Maandelikse Rekening aan die Grondeienaar – Let op Dispuut detail is op die faktuur.
3)    Dispuut Heffings verslag - die somtotaal van eienaars wat die dispuut geteken het.
4)    Munisipale verslag – op die verslag sal gesien kan word hoeveel van die dispuut reeds geëis is .
5)    Die regskoste van die Koingnaas Hofsaak is hoofsaaklik deur die dispuut gelde gedek.

KBBV - Regskoste Uiteengesit Finaal.pdf