• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Kommunisme V/S Selfbeskikking waar staan jy? -- Wat om daarmee te maak

Started by Administrator, Jan 20, 2024, 12:00 PM

Previous topic - Next topic

Administrator

Die Huidige stryd in Suid Afrika gaan oor:
 

1)    Kommunistiese Stelsel in ons mooi land - Wikipedia oor Kommunisme OF

2)    Selfbeskikking vir almal in ons mooi Land - Wikipedia oor Selfbeskikking

Die Vraag is hoe gaan ons erken wanneer ons met watter stelsel besig is en hoe om dit in ons daaglikse doen en late waar te neem en te bestuur.

ELKE AKSIE WAT ONS DOEN GAAN NA DIE EEN OF DIE ANDER KANT NOOIT STAAN ONS STIL NIE.

Die beste voorbeeld is Hartenbos voor 1994 was Hartenbos 100% outonoom en deur die mense van die dorp bestuur – Selfbeskikking was 100% aan die orde van die dag.

Tussen 1994 tot 1996 is Hartenbos ingelyf by Mosselbaai; sentrale bestuur word nou toegepas in Hartenbos en Hartenbossers neem nie meer die daaglikse bestuur besluite van ons dorp nie.

Besluite word deur 'n sentrale liggaam gedoen buite ons Hartenbossers se beheer en die mense wat bestuursbesluite oor ons mooi dorpie neem bly nie eers in die dorp nie.

DIE NUWE MUNISIPALE STELSEL IN SUID AFRIKA IS 'N STAPPIE IN DIE RIGTING VAN KOMMUNISME WEG VAN SELFBESKIKKING.

So moet elke ding wat ons lees en ons lewe beïnvloed deur die hele Suid Afrika geanaliseer word en 'n besluit moet geneem word. Vat die aksie ons nader aan Kommunisme of Selfbeskikking?

A)    Die gesprek ook "Crypto Currencies" neem dit ons geld na sentrale bestuur of gemeenskap bestuur?

ANTWOORD:

Sentrale Bestuur. Met ander woorde "Crypto Currencies" neem ons 'n stappie nader aan Kommunisme

B)    Die Gesprek oor die nuwe aanslag gebied in Mosselbaai (Aangeheg hier onder) "Central City Improvement District" (CCID). Sit dit die beheer en die invordering van die gelde in die hande van die Munisipaliteit of die gemeenskap.

ANTWOORD:

Die Munisipaliteit beheer die geld op die einde van die dag neem die CCID ons 'n stappie nader aan Kommunisme.

C)    Die Gesprek oor die Strategiese Beplanning vir 2024 Sit dit die Plan vir 2024 beheer en die invordering van die gelde in die hande van die Munisipaliteit of die gemeenskap.

ANTWOORD:

Die gemeenskap beheer die Dispuut geld op die einde van die dag neem die NBU dispuut stelsel ons 'n stappie in die rigting van selfbeskikking.

D)    Die Gesprek oor die JOC en die Buurtwagte van Mosselbaai Gesprek en Feite oor die JOC

Aangeheg: CSF 26 SEPTEMBER 2022 Meeting.pdf  Lees deur en sien wat die sentralisasie Mosslebaairs uit die sak jaag - Onthou Gemeenskap Veiligheid Forums (GVF's) en Buurtwagte doen die werk reeds vir jare as gemeenskapdiens gratis. Hoekom moet ons nou daarvoor miljoene betaal.

Neem die JOC Mosselbaai na sentrale bestuur of gemeenskap bestuur?

ANTWOORD:

Die JOC neem Mosselbaai se gemeenskapsveiligheid na sentrale beheer!! Op die einde van die dag neem die JOC ons 'n stappie nader aan Kommunisme.

BEGIN ELKE AKSIE WAT GENEEM WORD AAN DIE GEDAGTE HIERBO MEET EN TREE DAN OP TEN GUNSTE VAN KOMMUNISME OF SELFBESKIKKING – DIT IS JOU BESLUIT.

ELKE PERSOON MOET BESLUIT WAARHEEN HY GRAAG WIL SIEN DIE LAND MOET GAAN!!!! EN DAN OPTREE MET KENNIS.

Die NBU en die MGEV staan en veg vir Selfbeskikking in Suid Afrika deur die howe van die land.

Politiek in die Munisipale sektor is 'n euwel wat deur die gemeenskappe van Suid Afrika verwoes moet word. In die meeste gemeenskappe is dit moontlik met die NBU Dispuut stelsel.

POLITIEK HOORT NIE IN 'N DIENSTE SEKTOR NIE.