• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

MGEV se nuwe bestuur, aktiewe lede en vennote wat ons visie deel

Started by Administrator, Jun 11, 2022, 06:48 PM

Previous topic - Next topic

Administrator

Die nuwe bestuur van die MGEV bestaan  uit toegewyde individue wat die belange van die Mosselbaai-gemeenskap op die hart dra. Ons lede sluit in 'n diverse groep inwoners wat aktief betrokke is by die bevordering van deursigtigheid en verantwoordbaarheid binne die munisipaliteit. Ons vennote sluit aan by ons visie en werk saam om 'n beter toekoms vir almal te verseker.

Dokumente van Belang:

1) MGEV Grondwet aanvaar en onderteken
2) Wet Bevordering van toegang tot inligting Wet 2 van 2000
3) Gids vir die gebruik van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting Wet 2 van 2000 
4) Mossel Bay Munisipality Promotion of access to Information 27 July 2023

Uittreksel van die MGEV-skrywe aan die Mosselbaai Munisipaliteit via Herbie Oosthuizen op 22 Julie 2024
MGEV Skrywe vaan Herbie Oosthuizen op 22 Julie 2024.JPG
Belangrike agtergrond inligting oor die MGEV se begin jare - Lees Gerus die volledige dokument hieronder:
MGEV skrywe aan Herbie Oosthuizen 22 Julie 2024
Lees noukeurig drie jaar se onbeantwoorde vra. Dit het in Julie 2024 tot 'n einde gekom.

Drie en Twintig jaar het dit vir Mosselbaai Munisipaliteit geneem om te voldoen aan die "PAIA" wet 2 van 2000. Die wet vereis dat staats en privaat instellings Bevordering van toegang tot inligting Handleidings moet opstel. Die stand van sake het die werk van die MGEV met 3 jaar vertraag.
Webblad van Mosselbaai Munisipaliteit PAIA Handleiding.jpg
As gevolg van die Mosselbaai Munisipalitiet se weerhouding van kritise inligting het dit veroorsaak dat die vereniging nie kon funksioneer soos ons grondwet vereies nie.
1) Aritkel 32 van die Grondwet van RSA.jpg
Die enigste stryd van die MGEV sedert sy stigting was om Artikel 32 van die Grondwet van die RSA in Mosselbaai 'n realiteit te maak. Hierdie artikel, saam met die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (Wet 2 van 2000), dwing owerhede om inligting bekend te maak om verantwoordbaarheid oor openbare geld en deursigtigheid te bevorder.

Die MGEV het in Junie 2024 'n nuwe bestuurskomitee aangestel en beoog om in September 2024 met die invordering van ledegelde te begin. Die eerste doel van die nuwe komitee is om die belange van die Mosselbaai-gemeenskap teen wanadministrasie te beskerm.

Die eerste 3 PAIA navrae is reeds aan Mosselbaai Munisipalitiet gerig soos volg:

1) PAIA Navraag 1 - Van - 2024-07-18 - Lenings van Mosselbaai Munisipaliteit
2) PAIA Navraag 2 - Van - 2024-07-22 - Waarderingsrol en Promulgasie Navrae 
3) PAIA Navraag 3 - Van - 2024-07-23 - Begroting 2024/25 en Publieke Deelname

MGEV is sedert 15 Mei 2024 'n lid van die "Garden Route Ratepayers Alliance Group" (GR-RPA). Die GR-RPA is onlangs gestig met die doel om alle grondeienaarsverenigings in die Tuinroete aan die probleme wat deur die verskillende gemeenskappe ondervind word te laat saamwerk. MGEV is genooi om die GR-RPA toe te spreek oor die probleme in Mosselbaai en ook die stelsels wat ons gebruik om met ons lede in kontak te bly. MGEV het amptelik lid geword tydens die GR-RPA se derde vergadering wat op 15 Mei 2024 in Oudtshoorn gehou is. Die GR-RPA vergader elke 3 maande om strategieƫ te bepaal en probleme wat almal raak te bespreek.