• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Hartenbos GVF - SAPD Optrede die gevolge die regsopinie die koste

Started by Administrator, Feb 09, 2024, 01:55 PM

Previous topic - Next topic

Administrator

Onkunde en wan- / misinterpretasie het meegebring dat verwarring en onsekerheid ontstaan het oor die geldigheid en wettigheid in die toepassing van ledegelde vir die Hartenbos Gemeenskapsveiligheids Forum.

Dit het meegebring dat die vordering van ledegelde tydelik afgeskaf is tot 'n formele regsopinie ingewin is om die regsgronde te bevestig vir die toepassing en aanwending van die aanvaarde grondwet van die HGVF soos op 5 Junie 2023 (https://hartenbos-gvf.co.za/wie-is-ons/).
Daar is vooraf regshulp asook ondersteuning en aanbevelings ingewin wat as riglyne gedien het in die opstel van die regsdokumente en grondwet / konstitusie van die HGVF. Die formele regsopinie van 'n advokaat wat spesialiseer in hierdie gebied, Adv ZF Kriel, dien as amptelike ondersteuningstuk tot die konstitusie en as formele inligtingstuk tot enige onsekerhede wat mag bestaan.

Die implimentering van die lidmaatskap en ledegelde dien nie as model om enige lid uit te skakel as lid nie. Dit dien as model van betrokkenheid en bydrae. Lidmaatskap kan dalk beter omskryf word deur vlak van betrokkenheid. Bv.

-    Ledegelde
-    Aktiewe Komitee / bestuurslid
-    Aktiewe Patrollielid
-    Aktiewe Reaksielid
-    Aktiewe Ratelslid
-    Patrollieskofrooster Meester
-    Deernis ondersteuning (aankope nms bejaardes / siekes / verswaktes)
-    Feeskomitee
-    Verjaarsdag-groep

Of enige derglike betrokkenheid in tyd, brandstofgeld, ondersteuning d.m.v. kennis / opleiding, , ens.

Die diskressie van die betrokke bestuur sal dien as finale beslissing vir elke aansoek .

Kruks van ledegelde:

Diegene wat hul weg oopsien om finansiële bydraes te maak sal hoog op prys gestel word. Die beveiligingsaksie wat geloots is met die installering van die kameras het deurlopende maandelikse finansiële verpligtinge meegebring.

Dit het al 'n groot rol gespeel in die identifisering van misdadigers en ongewenste elemente. Hierdie gaan deurlopend 'n groot rol speel met die ontwikkelingsprojekte, opgraderings en inflaks van nuwe intrekkers. Dit als kan ook meebring dat meer mense tot die poel bygevoeg word wat ook finansieel bydra.

Hierdie kameraprojek is befonds deur die gemeenskap, opgerig en geïnstalleer deur die gemeenskap en word uit eie geakkrediteerde geledere gemonitor sover moontlik.

Dit vorm deel van die "uitgestrekte arms" tussen die gemeenskap en relevante owerhede vir 'n samewerkingsmodel waar die gemeenskap verantwoordelikheid begin neem binne wettige strukture om bv tot hulp te wees waar ons diensleweringsmodelle onder omstandighede te kort skiet of gekniehalter is.

Die HGVF het na al die besighede en privaat wonings in Hartenbos gegaan om die kamera projek van die grond te kry net so onder R500 000 is in 'n kort periode ingevorder. Die belofte aan die gemeenskap van Hartenbos was ons die HGVF sal die kameras in Hartenbos self laat monitor deur goedgekeurde PSIRA instansies.

Nooit sal ons die HGVF toelaat dat enige buite instansie  wat nie die goedkeuring van die gemeenskap wegdra toegelaat word om die kamers te monitor nie.

DIT IS 'N BELOFTE WAT ONS DIE HGVF MOET HOU AAN DIE GEMEENSKAP VAN HARTENBOS WAT DIE KAPITAAL VIR DIE PROJEK VOORSIEN HET.

Aangeheg die volgende dokumente:

1) Hartenbos Kamera Projek net HGVF die kapitale koste.pdf
2) Gemeenskap stemming vir die Kamera Projek en Grondwet (Meer as 60% van die gemeenskap het ja gestem)
3) Regsopinie - letter to client.pdf
4) Regsopinie - Advocates opinion.pdf
5) Regsopinie - Advocates invoice.pdf
6) Regsopinie - full invoice.pdf
7) Regsopinie - Betaling.pdf

MGEV WhatsApp Groep: Skakel om by die Mosselbaai Grondeienaars Vereniging aan te sluit.

Enige verdere navrae oor die Regsopinie van Advokaat Francois Kriel sal op die WhatsApp groep hanteer word.