• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

MGEV feitelike Ondersoek v/s Ratings Africa Berigte, AfriForum Besoek en Politiek

Started by Administrator, Apr 19, 2024, 07:17 AM

Previous topic - Next topic

Administrator

Die Mosselbaai-Grondeienaarsvereniging (MGEV) Ondersoek:

Skakel na die nuutste, feitelik gebaseerde verslag aan die Mosselbaai-grondeienaars, oor die 2024/25 begroting.

Die MGEV is al sedert 2019 besig met 'n voortdurende forensiese ondersoek na die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit. Meer as 15 000 bladsye is oor 'n tydperk van 5 jaar daagliks ondersoek en honderde feitelike verslae is aan die grondeienaars van Mosselbaai beskikbaar gestel.

Dit was 'n groot verrassing om drie maatskappye wat in Gauteng gebaseer is, tesame met die Mosselbaai-munisipaliteit aan te hoor en om artikels, berigte en verslae deur te werk met betrekking tot wat hulle indrukke van ons dorp se finansies is. Volgens hulle waarnemings gaan dit baie goed met Mosselbaai - die beste in Suid-Afrika!


Die AfriForum en Solidariteit Besoek:

Diegene wat AfriForum en Solidariteit se toeligting deur Kallie Kriel en Flip Buys bygewoon het, sal waarskynlik kan bevestig dat die drie instellings presies dieselfde feitelik verkeerde en onwaar boodskappe en aannames ten opsigte van Mosselbaai kom herhaal het. DIE KRITIESE VRAAG IS: HOEKOM DOEN HULLE DIT?

Afri-Forum en Solidariteit se Bevindinge na Besoek aan Mosselbaai

Dit is baie interessant om daarop te let dat MGEV reeds in Oktober 2022 geskryf het. Mosselbaai behoort in 80 gemeenskapsbetrokkenheid selfbestuurende eenhede opgedeel te word soos Artikel 235 van Die Grondwet van RSA dit uitspel. 

Die Ratings Africa Berigte:

Die koste om die ondersoek te laat doen het R250 000 beloop. In Mosselbaai se geval was die ondersoek oor 'n tydperk van vier dae gedoen, bestaande uit twee onderhoude van een uur elk wat per dag gevoer is. Die uitslag van die vier dae se ondersoeke word in die berigte hieronder uiteengesit.

MGEV het op die dag wat die berigte geplaas is kontak met Ratings Africa gemaak om te verstaan hoe hulle aan hulle informasie kom wat die basis van hulle navorsingsverslag en gradering is. Tot op hede het MGEV nog geen terugvoering van hierdie navraag ontvang nie.

Sien MGEV se drie e-posse van 15 en 16 April 2024 aan Mnr Charl Kocks van Ratings Africa oor die berigte se geloofwaardigheid.

Mosselbaai Munisipalitiet Ratings Africa 1.JPGMosselbaai Munisipalitiet Ratings Africa 2.JPG
Ratings Africa e-pos 1.pdf
Ratings Africa e-pos 2.pdf
Ratings Africa e-pos 3.pdf

Tot op hede het MGEV nog geen terugvoering van Mnr Charl Kocks van Ratings Africa ontvang nie.

Die Politiek:

Die lede van MGEV vra gereeld vir watter party gestem moet word in verkiesings. MGEV se standpunt is "geen politiek in ons gesprekke nie". In dié geval gaan ons 'n antwoord gee.

Stem vir die party wat die gemeenskap se belange op die hart dra omdat hulle met hulle hart daarin is. Moenie vir die enkeles stem wat deur die kabaal befonds word nie, hulle dra die belange van die een wat vir hulle geld gee op die hart. Geld speel vir hulle 'n veel groter rol as 'n gemeenskap wat gelukkig is.

Hier is dié vir wie jy nié moet stem nie - dié met 'n liefde vir geld en 'n gekoopte lojaliteit vir die kabaal as die hoofredes:

Wie word deur die kabaal Betaal - kelange van die kabaal eerste nie gemeenskap.JPG

Meer detail oor die vyf politieke partye wat deur die kabaal befonds word kan op die skakel hieronder gevind word.

"Volg die geld" - hier is dit duidelik wie vir wie bestuur en beheer

Die Oplossing:

Dit is 'n gegewe feit dat die uitdagings van Suid-Afrika nie deur politieke middele opgelos sal word nie. Die huidige politieke stelsel het in die eerste plek die probleme veroorsaak, en slegs 'n drastiese verandering in die stelsel kan dinge verander.

Die enigste wettige en werkbare stelsel is die NBU-Dispuutstelsel. Gemeenskappe moet beheer neem oor hulle eie belastinggeld deur gebruik te maak van die wettige NBU Dispuutstelsel.

Lees alles hier oor die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU) se wettige de facto selfbeskikking. Lees alles hier oor waar die MGEV in die proses inpas met betrekking tot de facto selfbeskikking- en promulgasieondersoek.

Die aktivering van die NBU-stelsel deur die MGEV sal die belastinggeld van die Mosselbaai-gemeenskap terugplaas in die hande van diegene wat vir alles betaal. Sodra dit gebeur, bestuur 'n nuwe liggaam die geldsake met volle beheer. Die MGEV onderhandel vanaf daardie punt af met gesag oor wat waar bestee word, en deur wie en hoeveel, met die beursie terug in die hande van die gemeenskap.

Die huidige stelsel in Suid-Afrika het politici laat vergeet wie dit is wat hulle voer. Dit is nie die staat of die politieke party nie. Dit is die gemeenskap wat deur hulle gedien behoort te word. DIE GEMEENSKAP SE GELD MOET DRINGEND GEREGULEER WORD.