• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Recent posts

#62
Neem Kennis van die Ouditeur Generaal se  verslae Punt 1

Nie alle raadslede het hul finansiële belange verklaar nie, soos vereis deur Bylae 1, Artikel 7 van die Wet op Munisipale Stelsels.

Die gemeenskap vra kan alle Raadslede Finansiële belange  aan die MGEV voorsien word!!!!
#63
Belangrike Hofuitsprake / Saak no: 120856/2023 -
Last post by Administrator - Feb 06, 2024, 07:52 AM
Burgerspark Pretoria Saak.pdf

Skakel na die saak op die kuberruimte

Neem Kennis van Bl 1 tot 3 - Die Notas

1 S v Selebi 2012 (1) SACR 209 (SCA); 2012 (1) SA 487 (SCA)

2 Which says members of cabinet, of which the President is one, may not undertake any paid work
other than one for which they have been elected or appointed in public office.

3 The Prevention and Combating of Corrupt Practices Act, 2004, which enjoins all persons in
positions of authority (such as a President) who know or ought reasonably to have known or
suspected that another person has committed crimes including theft involving R100,000 or more to
report such knowledge or suspicion to the Directorate for Priority Crime Investigation.

4 The Ngcobo Panel observed as follows in its Report of the Section 89 Independent Panel
Appointed to Conduct a Preliminary Enquiry on the Motion proposing a Section 89 Enquiry,
and concluded that the President has a case to answer for not reporting the theft of "probably more
than US$580,000" in foreign currency that had been concealed in pieces of furniture at his
Phalaphala farm to the DPCI as required by section 34(1) of PRECCA:

"243. ... One reason for forcing people to report theft of R100,000 or more is to stamp out
money laundering or organized crime by forcing individuals to report theft of large sums of
money that the owners of the money may be reluctant to report for fear of being called
upon to account for the stolen money.
244. A person who keeps huge sums of illicit money concealed at his or her house is
unlikely to report the theft of such money for fear of being discovered that he or she is
involved in money laundering. This would be too much to expect of human nature. For
this reason, the legislature considered it prudent to require any person who has
knowledge of the commission of the offence of theft to report it. If you happen to know or
ought reasonably to have known or suspected that this money has been stolen from the
owner, the law requires you report this theft so that the owner of the money can be called
upon to explain the source of the money as well as why he or she did not report the theft.

245. The owner of the money stolen is also required to report theft of his or her money.
That you happen to be a victim of crime yourself, matters not. You must report the theft."

5 At the State Capture Commission on Wednesday 28 April 2021

#64
Skakel na die regskoste van die laaste 10 jaar

Volgens die Finansiële state is Regskoste in die laaste 10 jaar van 2013 tot 2023 met 489% op waar die gemiddelde Inflasie koers die 10 jaar 45% was.

Uit die Finansiële state is dit nie duidelik wat die Regskoste Afdeling vir die 10 Jaar beloop het nie.

Kan die personeel koste van die Regs afdeling asseblief aan die gemeenskap beskikbaar gestel word.

Dit is belangrik vir die MGEV en die gemeenskap om presies te weet wat die Regsaksies die grondeienaars en inwoners kos per jaar.

Om te kan bepaal wat die regsaksie die gemeenskap kos is die Volgende:

1) Die Koste van Regs Kontrakteurs
2) Die Koste van die Personeel Regs afdeling
3) Die koste van die Munisipale Hof Regs Personeel
4) Die Koste van die Munisipale Hof Ander Personeel
5) Bedryf koste van die Laerhof en Reg afdeling


#65
Grondwet van Suid Afrika, 1996 - Aanlyn op datum

Die Grondwet bepaal in Artikel 6 (3) B

Munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners in aanmerking neem.

Toe die MGEV laas gekyk het praat 75% van Mosselbaai Afrikaans.
Die gemeenskap vra hoekom is Afrikaans as voertaal deur die Raad verwerp?
Hoekom kan die gemeenskap nie Afrikaans praat as on na die Munisipale laerhof gaan nie?
Die ontvangs by die Munisipale hof kan skaars Engels praat!!!!!!!

Tale - Die Grondwet van RSA

6.
(1) Die amptelike tale van die Republiek is Sepedi, Suid-Sotho, Tswana, Swati, Venda,
Tsonga, Afrikaans, Engels, Ndebele, Xhosa en Zulu.

(2) Gesien die historiese inkorting van die gebruik en status van die inheemse tale van
ons mense, moet die staat praktiese en daadwerklike maatreëls tref om die status
van dié tale te verhoog en hul gebruik te bevorder.
(3)

(a) Die nasionale regering en provinsiale regerings kan enige bepaalde amptelike
tale vir regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming van gebruik,
doenlikheid, koste, streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes
en voorkeure van die bevolking as geheel of in die betrokke provinsie; maar die
nasionale regering en elke provinsiale regering moet minstens twee amptelike
tale gebruik.

(B) Munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners in
aanmerking neem.
#66
Her Aanstel van Colin Puren

Colin Puren: Dr M Gratz het Mr Puren afgedank in 2016 – in Februarie 2017 is Mr Puren weer aangestel deur
Adv. Thys Giliomee. Wat het die afdanking en aanstelling van Puren die Mosselbaai Belasting Betaler Gekos?

As dit nie vir Anco Baker was wat opgestaan het en gesê het genoeg is genoeg nie sou Mosselbaaiers ook die R500 000  verloor het.

Skakel na Anco Baker Berig


#67
Marius Botha Ontslag in die Pers


Het die afbetaal van Marius Botha die Grond Eienaars van Mosselbaai gekos?

Plus die vervangende amptenaar kostes in die tyd van betaalde verlof van die afgedankte uit MBM.

Wat is die presiese koste wat dit die Grond eienaar van Mosselbaai gekos het oor die afgelope 9 jaar?
#68
Adv. T Giliomee ontslag

Adv. Thys Giliomee se ontslag het die grond eienaars R4 000 000 uit die sak gejaag. Is dit waar?

Vrae en stellings ontvang vanuit die gemeenskap:

Thys Gilliomee. MM aangestel op vreemde wyse. Met die R9m saak oor sy kop wat 'verdwyn'
het gedurende sy amps termyn as Hoof van Drankraad. Sy hantering van beide Riverside EN
Seemeeu se hofsake wat ons belastingbetalers moes opdok voor, en sy verwydering uit ons
munisipaliteit: Ek sal graag wil hoor of dit wel gepaard gegaan het met R12m handskud? En
was dit munisipale gelde wat aan hom gegee is?

#69
Dr M Gratz se ontslag

DR M Gratz ontslag het die grondeienaars van Mosselbaai R6 000 000 gekos. Is dit waar?

Wat was die redes vir die ontslag van Dr M Gratz?
#70
Lees die Probleme van ondervind in die Middedorp - Moet die CID nie daarna kyk nie?

Probleme van Sake Ondernemings

Is die finansiële state van die CID beskikbaar vir die MGEV.