• Welcome to Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV).
 

Recent posts

#41
Die Mosselbaai-Grondeienaarsvereniging (MGEV) Ondersoek:

Skakel na die nuutste, feitelik gebaseerde verslag aan die Mosselbaai-grondeienaars, oor die 2024/25 begroting.

Die MGEV is al sedert 2019 besig met 'n voortdurende forensiese ondersoek na die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit. Meer as 15 000 bladsye is oor 'n tydperk van 5 jaar daagliks ondersoek en honderde feitelike verslae is aan die grondeienaars van Mosselbaai beskikbaar gestel.

Dit was 'n groot verrassing om drie maatskappye wat in Gauteng gebaseer is, tesame met die Mosselbaai-munisipaliteit aan te hoor en om artikels, berigte en verslae deur te werk met betrekking tot wat hulle indrukke van ons dorp se finansies is. Volgens hulle waarnemings gaan dit baie goed met Mosselbaai - die beste in Suid-Afrika!


Die AfriForum en Solidariteit Besoek:

Diegene wat AfriForum en Solidariteit se toeligting deur Kallie Kriel en Flip Buys bygewoon het, sal waarskynlik kan bevestig dat die drie instellings presies dieselfde feitelik verkeerde en onwaar boodskappe en aannames ten opsigte van Mosselbaai kom herhaal het. DIE KRITIESE VRAAG IS: HOEKOM DOEN HULLE DIT?

Afri-Forum en Solidariteit se Bevindinge na Besoek aan Mosselbaai

Dit is baie interessant om daarop te let dat MGEV reeds in Oktober 2022 geskryf het. Mosselbaai behoort in 80 gemeenskapsbetrokkenheid selfbestuurende eenhede opgedeel te word soos Artikel 235 van Die Grondwet van RSA dit uitspel. 

Die Ratings Africa Berigte:

Die koste om die ondersoek te laat doen het R250 000 beloop. In Mosselbaai se geval was die ondersoek oor 'n tydperk van vier dae gedoen, bestaande uit twee onderhoude van een uur elk wat per dag gevoer is. Die uitslag van die vier dae se ondersoeke word in die berigte hieronder uiteengesit.

MGEV het op die dag wat die berigte geplaas is kontak met Ratings Africa gemaak om te verstaan hoe hulle aan hulle informasie kom wat die basis van hulle navorsingsverslag en gradering is. Tot op hede het MGEV nog geen terugvoering van hierdie navraag ontvang nie.

Sien MGEV se drie e-posse van 15 en 16 April 2024 aan Mnr Charl Kocks van Ratings Africa oor die berigte se geloofwaardigheid.

Mosselbaai Munisipalitiet Ratings Africa 1.JPGMosselbaai Munisipalitiet Ratings Africa 2.JPG
Ratings Africa e-pos 1.pdf
Ratings Africa e-pos 2.pdf
Ratings Africa e-pos 3.pdf

Tot op hede het MGEV nog geen terugvoering van Mnr Charl Kocks van Ratings Africa ontvang nie.

Die Politiek:

Die lede van MGEV vra gereeld vir watter party gestem moet word in verkiesings. MGEV se standpunt is "geen politiek in ons gesprekke nie". In dié geval gaan ons 'n antwoord gee.

Stem vir die party wat die gemeenskap se belange op die hart dra omdat hulle met hulle hart daarin is. Moenie vir die enkeles stem wat deur die kabaal befonds word nie, hulle dra die belange van die een wat vir hulle geld gee op die hart. Geld speel vir hulle 'n veel groter rol as 'n gemeenskap wat gelukkig is.

Hier is dié vir wie jy nié moet stem nie - dié met 'n liefde vir geld en 'n gekoopte lojaliteit vir die kabaal as die hoofredes:

Wie word deur die kabaal Betaal - kelange van die kabaal eerste nie gemeenskap.JPG

Meer detail oor die vyf politieke partye wat deur die kabaal befonds word kan op die skakel hieronder gevind word.

"Volg die geld" - hier is dit duidelik wie vir wie bestuur en beheer

Die Oplossing:

Dit is 'n gegewe feit dat die uitdagings van Suid-Afrika nie deur politieke middele opgelos sal word nie. Die huidige politieke stelsel het in die eerste plek die probleme veroorsaak, en slegs 'n drastiese verandering in die stelsel kan dinge verander.

Die enigste wettige en werkbare stelsel is die NBU-Dispuutstelsel. Gemeenskappe moet beheer neem oor hulle eie belastinggeld deur gebruik te maak van die wettige NBU Dispuutstelsel.

Lees alles hier oor die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU) se wettige de facto selfbeskikking. Lees alles hier oor waar die MGEV in die proses inpas met betrekking tot de facto selfbeskikking- en promulgasieondersoek.

Die aktivering van die NBU-stelsel deur die MGEV sal die belastinggeld van die Mosselbaai-gemeenskap terugplaas in die hande van diegene wat vir alles betaal. Sodra dit gebeur, bestuur 'n nuwe liggaam die geldsake met volle beheer. Die MGEV onderhandel vanaf daardie punt af met gesag oor wat waar bestee word, en deur wie en hoeveel, met die beursie terug in die hande van die gemeenskap.

Die huidige stelsel in Suid-Afrika het politici laat vergeet wie dit is wat hulle voer. Dit is nie die staat of die politieke party nie. Dit is die gemeenskap wat deur hulle gedien behoort te word. DIE GEMEENSKAP SE GELD MOET DRINGEND GEREGULEER WORD.


#42
Kyk Die Video:

https://www.youtube.com/watch?v=BqZSgZpctxE

Ruggraatloos Munisipale bestuur in Brussel wat die toelaat:

Die Onderdrukking van Konserwatiewe Denke: 'n Blik op die Natcon Brussels Beraad

In die hedendaagse wêreld word ons dikwels gekonfronteer met die tendens om konserwatiewe denke en denkers te onderdruk. Dit is 'n tendens wat wyd versprei is en dikwels in die nuus voorkom. Een so 'n voorbeeld is die onlangse gebeure rondom die Natcon Brussels Beraad1.

Die Natcon Brussels Beraad, 'n byeenkoms wat die idee van die nasie, die beginsel van nasionale onafhanklikheid en die herlewing van unieke nasionale tradisies vier1, het onlangs drie keer van aanbiedingsportaal moes verander. Dit was te danke aan 'n reeks uitdagings en teenstand wat die organisasie van die beraad bemoeilik het.

Die beraad, wat op 16 en 17 April 2024 in Brussel, België, gehou is1, het 'n verskeidenheid openbare figure, joernaliste, geleerdes en studente bymekaar gebring1. Ondanks die struikelblokke, het die beraad voortgegaan en 'n platform gebied vir konserwatiewe denkers om hul idees en sienings te deel4.

Die feit dat die beraad drie keer van aanbiedingsportaal moes verander, is 'n duidelike aanduiding van die druk wat op konserwatiewe denkers geplaas word. Dit is 'n tendens wat ons as 'n gemeenskap moet aanspreek en uitdaag.

Die onderdrukking van konserwatiewe denke is nie net 'n aanval op individuele vryheid van spraak nie, maar ook 'n bedreiging vir die demokratiese proses. Dit is belangrik dat ons alle stemme in die gesprek toelaat, ongeag of ons altyd saamstem met hulle sienings of nie.

In die lig van hierdie gebeure, moet ons voortgaan om die regte van alle denkers te beskerm, ongeag hul politieke oortuigings. Die Natcon Brussels Beraad is 'n duidelike voorbeeld van hoe belangrik dit is om 'n platform vir alle stemme te bied, en ons moet voortgaan om hierdie reg te beskerm en te bevorder.

Ons moet ook erken dat die onderdrukking van konserwatiewe denke 'n internasionale probleem is. Dit is nie beperk tot 'n enkele land of streek nie, maar is 'n wêreldwye verskynsel. Daarom moet ons saamwerk om hierdie uitdaging op 'n globale skaal aan te spreek.

In sluiting, die gebeure rondom die Natcon Brussels Beraad dien as 'n sterk herinnering aan die belangrikheid van vryheid van spraak en die noodsaaklikheid om alle stemme in die gesprek te inkludeer. Ons moet voortgaan om hierdie waardes te beskerm en te bevorder, en staan teen die onderdrukking van enige denke, insluitend konserwatiewe denke.

Wat ek op WhatsApp wil pos om die mense na die Artikel te trek is:

Die aanslag teen Munisipalitiete oor die hele wereld is duidelik uit die Besoek van Erenst Roets in Brussels. Lees alles op die Skakel.
#43
Begrotings 2024/25 / Begroting 2024/25 Vrae
Last post by Administrator - Apr 11, 2024, 08:08 PM
Kyk hierna: Video van burgemeester se begrotingsboodskap -
0:20 minute in die video bespreek die burgemeester 'n ooreenkoms wat met die Mosselbaai-gemeenskap aangegaan is. Die begrote lenings beloop tot R439 806 695, wat meer is as die goedgekeurde mandaat van 2021/22. Kyk asseblief na punt 3 hieronder vir meer inligting.
0:50 minute in die video praat die burgemeester van R186 000 wat geleen word maar in die begrotingsdokumente leen die munisipaliteit R186 860 000. (Duisende genoem maar miljoene in werklikheid)
2:50 minute in die video praat die burgemeester van belastingtariefverhogings. Lees punt 4.
3:40 minute in die video praat die burgemeester van elektrisiteitswins. Die gans wat die goue eiers gelê het. Lees punt 5 van dié gans.
4:20 minute in die video praat die burgemeester van deernispakkette. Lees punt 6 hieronder van die begrotingsondersoek.

Die agt onwaarhede verkondig en die WERKLIKE verliese en BEGROTE verliese en skade as gevolg van die misleiding van ons burgemeester, meneer Dirk Kotze. Die laaste misleiding, deur die media te gebruik (misbruik?), het diepliggende gevolge en sal vir baie jare wanpersepsies vir Mosselbaaiers skep. DOEN ASSEBLIEF SELF ONDERSOEK VAN HIERDIE FEITE.

Punt    Beskrywing van die begrotingsprobleme vir Mosselbaai en sy mense    Die gevolge van die probleem    Aanhangsels: klik om te lees   
1Skuld vermeerder van R30 miljoen tot R614 miljoen in 9 jaar    Verhoging van 1992%Kapitaalbegroting vir 9 jaar
2Rente van R3.8 miljoen per jaar neem toe tot R57.5 miljoen per jaar Rentelas vermeerder met 1396%Rentebegroting vir 9 jaar 
3Begrote lenings is R439 806 695 MEER as die goedgekeurde mandaatOns moet dit teenstaanMandaat: lees detail hier 
4Onregverdige belastingverhogings: 35% in 7 Jaar verarm gemeenskapOns moet 'n dispuut verklaarBelastingtariefbegroting vir 7 jaar 
5Elektrisiteitstariewe in begroting van 2024-25Ons moet begin saamstaanBelastingtariewe en elektrisiteitstariewe 
6Deernispakkette in begroting van 2024-25R74 miljoen afgeskryf 2022/23Deerniskoste buitensporig. Maak nie sin nie 
7Media: vals berigte en misleiding bring oneindige skade aan Mosselbaai Die impak is oneindigDie diepliggende skade van VALS GETUIENIS!    

#44
Begoting van 2024-25.jpg

Indien die lenings aangegaan word soos begroot, gaan die uitstaande skuld van Mosselbaai Munisipaliteit in 7 Jaar toeneem van R31 miljoen na R492 miljoen. Dit verteenwoordig 'n toename van 1595%. Mosselbaai Grondeienaars, ons kan dit nie bekostig nie!

Ons moet beheer begin neem oor ons trustgelde in die hande van Mosselbaai Munisipaliteit!

Capital Budget for the Last 6 Years 2018-2019 to 2024-2025.pdf

Luister weereens na die Burgemeester hoe hy die lening van R186 Miljoen aankondig - Die manne kan nie somme doen nie! Dit is hoekom dinge so lyk. - 0.45 Minute in die video.


#45
Sien Dokumente aangeheg. Besluit self wie bestuur die RSA.

1) Whose Vote Counts_ South Africa_Party donations.xlsx

2) Organogram van wie Bestuur RSA (2).pdf

Die Groot 7. Wat word gegee en die Groot 7 wat ontvang - Die Detail Excel Bald in PDF formaat.

1) Whose Vote Counts_ South Africa_Party donations.pdf

Sien hoeveel geld kry die 3 partye van die groot 7 skenkers.

3) EFF open to coalition with ANC, DA raises concerns.pdf

Bron van Artikel


#46
Die MGEV se reddingspoging van Suid-Afrika deur middel van die NBU Dispuutstelsel gaan bekend staan as die Rentmeesterskap Projek van Suid-Afrika.

Hierdie reeks Video's is die rede hoekom Suid-Afrika lyk soos hy lyk.
As ons kennis van die verlede het en dit verstaan kan ons aan 'n nuwe toekoms begin bou.
DIT IS WAARNA ONS ALMAL MOET STREWE. 

Steve Jobs (Stigter van Apple) verduidelik die gedagte die beste <--- Kyk Video.

Kyk na al die Video's op die skakel hieronder, dan kan verstaan word waarvoor die MGEV staan.

Rentmeesterskap Video Reeks op Vimeo