Die MGEV se ondersoek na die finansies van Mosselbaai-munisipaliteit het vasgestel dat die begin van die verval van ons dorp se finansies in 2017 begin het:
Hoekom is die ondersoek gedoen? (https://mgev.co.za/index.php?topic=1.msg1#msg1)
10 jaar gelede - Mosselbaai-munisipaliteit skuldvry. Sonder skuld! Hoe lyk ons vandag? (https://mgev.co.za/index.php?topic=2.0)
Die ouditeur-generaal se verslae het baie en wesentlike probleme uitgewys!
(https://mgev.co.za/index.php?topic=3.0)
Vrae oor die 2024/25 begroting. (https://mgev.co.za/index.php?topic=80.0)
Ten spyte van ons ondersoek publiseer Ratings Afrika die volgende:
1) Op Donderdag, 26 April 2018, Mossel Bay Advertiser berig oor die Ratings Afrika verslag (https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/Local-News/mossel-bay-rated-tops-201804250413)
2) Op Dinsdag, 20 April 2021, Mossel Bay Advertiser berig oor die Ratings Afrika verslag (https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/Local-News/mossel-bay-most-financially-sustainable-202104200359)
3) Op Maandag, 22 April 2024, Mossel Bay Advertiser berig oor die Ratings Africa verslag (https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/Local-News/premier-speaks-to-business-chamber-202404221133)
Konteks: Die 'goeie verslag' word beskikbaar gestel kort voor die verkiesing van 2024 wat gehou gaan word op 29 Mei 2024.
Dit is merkwaardig dat 'positiewe nuus' oor Mosselbaai-munisipaliteit in die media verskyn veral wanneer daar 'n begroting ter sprake is óf wanneer daar 'n verkiesing is. Mosselbaai se inwoners word deur 'goeie nuus' gesus (gemanipuleer?). Om antwoorde van verkose politieke ampsdraers te kry ten opsigte van kritiese vrae is om die minste te sê 'n onverkwiklike proses.
Die gemeenskap het die volgende vrae: 1. Wie het die R250 000 ondersoek deur Ratings Afrika gefinansier?
2. Was die ses instellings wat die verslag versprei het bewus van die Mosselbaai-grondeienaarsvereniging (MGEV) se oudit en verskeie verslae wat MGEV sedert 2022 uitgebring en beskikbaar gestel het?
Hierdie instellings sluit in:
- Die Munisipaliteit van Mosselbaai
- Die Demokratiese Alliansie (DA)
- AfriForum
- Solidariteit
- Mosselbaai Sakekamer
- Mnr. Alan Winde, die premier van die Wes-Kaap