Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV)

Huidige Stand Van Sake van die MGEV => Korrespondensie met Ander Instellings => Topic started by: Administrator on Apr 20, 2024, 12:29 PM

Title: Skrywe aan mnr Charl Kocks Hoof van Ratings Africa
Post by: Administrator on Apr 20, 2024, 12:29 PM
Agtergrond:

Werk eers deur die dokument:

MGEV se ondersoek na die finansies van Mosselbaai Munisipaliteit (https://mgev.co.za/index.php?topic=80.0)

1) Mosselbaai-munisipaliteit Ratings Africa - Datum 12 April 2024.JPG 2) Mosselbaai-munisipaliteit Ratings Africa - Datum 12 April 2024.JPG

Dit was 'n groot verrassing om Ratings Africa wat in Gauteng gebaseer is, se berigte in Mosselbaai Advertizer  deur te werk met betrekking tot wat hulle indrukke van ons dorp se finansies is. Volgens hulle waarnemings gaan dit baie goed met Mosselbaai - die beste in Suid-Afrika!

By navraag het die MGEV uitgevind dat die koste om die ondersoek te laat doen R250 000 was. In Mosselbaai se geval was die ondersoek gedoen oor 'n tydperk van vier dae, bestaande uit twee onderhoude van een uur elk wat per dag gevoer is. Die uitslag van die vier dae se ondersoeke word in die berigte hierbo uiteengesit.

MGEV het op die dag wat die berigte geplaas is kontak gemaak met Ratings Africa om te verstaan hoe hulle aan hulle informasie kom wat die basis van hulle navorsingsverslag en gradering is. Tot op hede het MGEV nog geen terugvoering van hierdie navraag ontvang nie.

Sien MGEV se vier e-posse van 15, 16 en 19 April 2024 aan Mnr Charl Kocks van Ratings Africa oor die berigte se geloofwaardigheid.

Ratings Africa e-pos 1 - Datum 15 April 2024.pdf
Ratings Africa e-pos 2 - Datum 15 April 2024.pdf
Ratings Africa e-pos 3 - Datum 16 April 2024.pdf
Ratings Africa e-pos 4 - Datum 19 April 2024.pdf

Tot op hede het MGEV nog geen terugvoering van Mnr Charl Kocks van Ratings Africa ontvang nie.