Kyk hierna: Video van burgemeester se begrotingsboodskap (https://vimeo.com/1026832584) -
0:20 minute in die video bespreek die burgemeester 'n ooreenkoms wat met die Mosselbaai-gemeenskap aangegaan is. Die begrote lenings beloop tot R439 806 695, wat meer is as die goedgekeurde mandaat van 2021/22. Kyk asseblief na punt 3 hieronder vir meer inligting.
0:50 minute in die video praat die burgemeester van R186 000 wat geleen word maar in die begrotingsdokumente leen die munisipaliteit R186 860 000. (Duisende genoem maar miljoene in werklikheid)
2:50 minute in die video praat die burgemeester van belastingtariefverhogings. Lees punt 4.
3:40 minute in die video praat die burgemeester van elektrisiteitswins. Die gans wat die goue eiers gelê het. Lees punt 5 van dié gans.
4:20 minute in die video praat die burgemeester van deernispakkette. Lees punt 6 hieronder van die begrotingsondersoek.
Die agt onwaarhede verkondig en die WERKLIKE verliese en BEGROTE verliese en skade as gevolg van die misleiding van ons burgemeester, meneer Dirk Kotze. Die laaste misleiding, deur die media te gebruik (misbruik?), het diepliggende gevolge en sal vir baie jare wanpersepsies vir Mosselbaaiers skep.
DOEN ASSEBLIEF SELF ONDERSOEK VAN HIERDIE FEITE.| Punt | Beskrywing van die begrotingsprobleme vir Mosselbaai en sy mense | Die gevolge van die probleem | Aanhangsels: klik om te lees |
| 1 | Skuld vermeerder van R30 miljoen tot R614 miljoen in 9 jaar | Verhoging van 1992% | Kapitaalbegroting vir 9 jaar |
| 2 | Rente van R3.8 miljoen per jaar neem toe tot R57.5 miljoen per jaar | Rentelas vermeerder met 1396% | Rentebegroting vir 9 jaar |
| 3 | Begrote lenings is R439 806 695 MEER as die goedgekeurde mandaat | Ons moet dit teenstaan | Mandaat: lees detail hier |
| 4 | Onregverdige belastingverhogings: 35% in 7 Jaar verarm gemeenskap | Ons moet 'n dispuut (https://mgev.co.za/index.php?topic=10.0) verklaar | Belastingtariefbegroting vir 7 jaar |
| 5 | Elektrisiteitstariewe in begroting van 2024-25 | Ons moet begin saamstaan | Belastingtariewe en elektrisiteitstariewe |
| 6 | Deernispakkette in begroting van 2024-25 | R74 miljoen afgeskryf 2022/23 | Deerniskoste buitensporig. Maak nie sin nie |
| 7 | Media: vals berigte en misleiding bring oneindige skade aan Mosselbaai | Die impak is oneindig | Die diepliggende skade van VALS GETUIENIS! |