- Die Gevaar wat Mosgas vir die Grond Eienaars van Mosselbaai inhou.
- Die Gevaar van die in en uitgang van die Hoofpad by die hof wat onlangs die lewe van 'n 18 jarige ge-eis het.
- Die probleem van die huis-lose mense wat onlangs die moord van 'n bejaarde in Pinnacle Point veroorsaak het.
- Die Grond Eienaars het die reg tot: Die detail van elke hooggeplaaste amptenaar se ontslag. Ingesluit die betaalde verlof en ontslag koste van die amptenaar wat afgedank is. Plus die vervangende amptenaar kostes in die tyd van betalende verlof van die afgedankte uit MBM. Die presiese koste wat dit die Grond eienaar van Mosselbaai gekos het oor die afgelope 7 jaar. Hierdie kostes vir die grond eienaar kon nie uit die Tesorie dokumente verkry word nie.
- Die Gevaar wat die brandstof aflaai plek langs die Langeberg Mall vir die Grond Eienaars van Mosselbaai inhou.
- Wat is die koste vir die grond eienaar van die spanne munisipale werkers wat die gras op munisipale gebied sny; wat in Klein brak en res van Mosselbaai die grootste gedeelte van die dag onder die bome slaap.
- Daar is 'n hele lys tenders waaroor die MGEV vrae vir die MBM het. Hierdie vrae oor die tender probleme sal na die 13 Junie 2022 met MBM opgeneem word, en op die platform gepubliseer word.
Enige Grond eienaar is welkom om punte van kommer op die blad te plaas deur e-pos te stuur aan admin@mgev.co.za (admin@mgev.co.za). Tydens die stigtings vergadering sal die werk nie hier genoem nie ook bespreek en by die lys gevoeg word.
Die MGEV se werk sal begin op Maandag 13 Junie 2022.