Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV)

Gemeenskap Betrokkenheid by ons Munisipale Dienste, Sake, Regsafdeling en Finansies => Munisipale Regsdienste - Die Gemeenskap Vra: => Topic started by: Administrator on Feb 05, 2024, 08:20 PM

Title: Regskoste van 2013 tot 2023
Post by: Administrator on Feb 05, 2024, 08:20 PM
Skakel na die regskoste van die laaste 10 jaar (https://mgev.co.za/index.php?topic=20.0)

Volgens die Finansiƫle state is Regskoste in die laaste 10 jaar van 2013 tot 2023 met 489% op waar die gemiddelde Inflasie koers die 10 jaar 45% was.

Uit die Finansiƫle state is dit nie duidelik wat die Regskoste Afdeling vir die 10 Jaar beloop het nie.

Kan die personeel koste van die Regs afdeling asseblief aan die gemeenskap beskikbaar gestel word.

Dit is belangrik vir die MGEV en die gemeenskap om presies te weet wat die Regsaksies die grondeienaars en inwoners kos per jaar.

Om te kan bepaal wat die regsaksie die gemeenskap kos is die Volgende:

1) Die Koste van Regs Kontrakteurs
2) Die Koste van die Personeel Regs afdeling
3) Die koste van die Munisipale Hof Regs Personeel
4) Die Koste van die Munisipale Hof Ander Personeel
5) Bedryf koste van die Laerhof en Reg afdeling