Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV)

Gemeenskap Betrokkenheid by ons Munisipale Dienste, Sake, Regsafdeling en Finansies => Munisipale Regsdienste - Die Gemeenskap Vra: => Topic started by: Administrator on Feb 05, 2024, 07:30 PM

Title: Grondwet van Suid Afrika, 1996
Post by: Administrator on Feb 05, 2024, 07:30 PM
Grondwet van Suid Afrika, 1996 - Aanlyn op datum (https://www.justice.gov.za/constitution/SAConstitution-web-afr.pdf)

Die Grondwet bepaal in Artikel 6 (3) B

Munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners in aanmerking neem.

Toe die MGEV laas gekyk het praat 75% van Mosselbaai Afrikaans.
Die gemeenskap vra hoekom is Afrikaans as voertaal deur die Raad verwerp?
Hoekom kan die gemeenskap nie Afrikaans praat as on na die Munisipale laerhof gaan nie?
Die ontvangs by die Munisipale hof kan skaars Engels praat!!!!!!!

Tale - Die Grondwet van RSA

6.
(1) Die amptelike tale van die Republiek is Sepedi, Suid-Sotho, Tswana, Swati, Venda,
Tsonga, Afrikaans, Engels, Ndebele, Xhosa en Zulu.

(2) Gesien die historiese inkorting van die gebruik en status van die inheemse tale van
ons mense, moet die staat praktiese en daadwerklike maatreëls tref om die status
van dié tale te verhoog en hul gebruik te bevorder.
(3)

(a) Die nasionale regering en provinsiale regerings kan enige bepaalde amptelike
tale vir regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming van gebruik,
doenlikheid, koste, streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes
en voorkeure van die bevolking as geheel of in die betrokke provinsie; maar die
nasionale regering en elke provinsiale regering moet minstens twee amptelike
tale gebruik.

(B) Munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners in
aanmerking neem.