Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV)

Huidige Stand Van Sake van die MGEV => Water Komitee => Topic started by: Administrator on Jan 27, 2024, 07:33 PM

Title: Water Kommitee
Post by: Administrator on Jan 27, 2024, 07:33 PM
Sien Hofsaak aangeheg:

Woodlands HEV vs Mangaung munisipaliteit Uitspraak 13 Desember 2023

Jaap Kelder

Kommentaar

Woodlands HEV vs Mangaung munisipaliteit

Vullisverwydering vs Water

Die Woodhill inwoners het nou die reg verkry om hulle eie vullisverwydering te doen.  Dit is 'n munisipale diens in terme van die Munisipale Stelsels Wet 32/2000.  Dit is gelukkig 'n stap vorentoe en 'n groot gerusstelling vir bv. Reddersburg wat al die afgelope vyf jaar hulle eie vullisverwydering hanteer. Hulle is derhalwe nou nie meer op risiko op die punt nie.

Water is egter 'n ander storie. 

Water word deur munisipaliteite, as Water Diensverskaffers,  versprei in terme van die Water Wette 108/1997, 36/1998 en die Water Regulasies  van 8 Junie 2001.

Jy het derhalwe geen reg om by waterverspreiding in te meng op grond van die Woodhill vullisverwydering uitspraak nie.

Soos reeds verskeie kere genoem kan inwoners slegs by water verspreiding betrokke raak dmv. Water Komitees.  Dit is wat die Water Wette sê.  Dit gaan 'n "laaang"  pad wees om te stap, minstens vier-vyf jaar maar hoe gouer daarmee begin word hoe gouer gaan inwoners beheer oor die waterverspreiding kry.

Wat verder belangrik is , is dat elke dorp sal self sy Water Komitee aan die gang moet kry want die blote feit dat een dorp 'n Water komitee tot stand gebring het beteken hoegenaamd nie dat dit outomaties op ander dorpe van toepassing gaan wees soos in die geval van hofuitsprake nie. 

Wat egter sou help is wanneer een dorp eers 'n Water Komitee op die been het,  hetsy dmv. samewerking met die Dept. van Waterwese of heelwaarskynlik a.g.v.. 'n hofbevel,  dit die pad sou baan vir ander dorpe om ook hulle Water Komitees vinniger in plek te kry.  Hoe gouer een dorp dus bereid gaan wees om die pad te stap hoe meer dit in die belang van alle ander dorpe gaan wees.

Die probleem is en bly egter finansies.  Om 'n Water Komitee erken te kry gaan geld kos want elke stap wat geneem gaan word sal aanvanklik met die samewerking van 'n advokaat wat in water sake spesialiseer bespreek moet word en dit kom nie verniet nie.  Sou ons hof toe moet gaan moet jy jouself reg maak maak vir 4- 5 jaar in die howe met minstens R 400 000 se regskostes.  Vra my ek weet hoe lank hofsake duur en wat hofsake kos. Kyk nou maar net na die Koingnaas saak  Twee jaar in die howe en amper R 800 000 verder en ons het nog nie eers 'n uitspraak in die laagste hooggeregshof nie !  Sou die uitspraak teen ons wees beteken dit volbank toe, daarna Appèlhof en daarna eers die Konstitusionele Hof !  Ek weet nie eers of ek dit nog gaan beleef nie !

Dit beteken egter nie dat ons nie so gou moontlik op een dorp met die totstandkoming van 'n Water Komitee moet begin nie want as jy dink dat elektrisiteit vandag 'n probleem is wag net totdat water 'n probleem word !  Elektrisiteit kan jy nog altyd opwek dmv. kragopwekkers, sonkrag, water turbines, windkrag maar die dag as water op is dan is dit op !!  Die probleem is dat daar moontlik water in oorvloed sal wees maar soos die liedjie gaan " Water, water every where but not a drop to drink". omdat die bestaande water so besoedel gaan wees dat dit totaal ongeskik vir menslike/dierlike verbruik is.  Neem net die voorbeeld van Hartbeespoortdam.  Hulle moet water van Rand Water kry omdat Hartbeespoortdam die grootste riool dam in die wêreld is en die water ongeskik is vir menslike en dierlike gebruik.  Al wat dan gaan oorbly is boorgate maar op 'n dorp soos Sannieshof is die ondergrondse water oor die afgelope 100 jaar so besoedel  a.g.v.. "french drains " dat dit nie eers op die rugbyvelde gebruik kan word nie ! 

Wat egter tans van kritiese belang is, is dat daar rekord gehou word van die oortredings van die Water Wette, soos besoedeling deur nie-werkende rioolwerke en die nie-beskikbaarheid van water hetsy agv. van onvoldoende druk of water onderbrekings.  Die inligting moet oor 'n redelike periode strek sodat die oortredings aan Waterwese en later aan die hof voorgelê kan word. 

Die inligting sal dan op sy beurt die wettige gronde verskaf vir die stigting van Water Komitees.

Dit is natuurlik so dat daar moontlik 'n verandering in die regering gaan wees na die komende verkiesing maar ek is nie optimisties dat ons die verskaffing van water aan die politici kan oorlaat nie.

Geskryf Deur

Jaap Kelder - 2024-01-27