Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV)

Gemeenskap Betrokkenheid by Veiligheid, Weerbaarheid en Sekuriteit => Die Munisipale JOC Is On Grondwetlik - Die Gemeenskap Vra: => Topic started by: Administrator on Jan 23, 2024, 05:07 PM

Title: Sake voortspruitend uit die JOC se aktiwiteite
Post by: Administrator on Jan 23, 2024, 05:07 PM
Mosselbaai neem kennis.......

Ondersoek van misdaad is en bly 'n Sentrale Owerheid funksie – Provinsies die Munisipaliteite het volgens huidige wetgewing in RSA geen mag om misdaad te ondersoek nie.

DAAROM

Tot op datum verneem die MGEV dat daar sedert die opening van die JOC in Augustus 2022 nog nie een suksesvolle saak teen misdaad en misdrywe was nie.

Mosselbaai en sy gemeenskappe  kan nie bekostig om te betaal vir 'n polisiemag in die SAPD en die funksie word letterlik gedupliseer met die gemeenskap se munisipale gelde nie.

Veiligheid is 'n funksie van die Suid Afrikanse Weermag (SAW) en Suid Afrikaanse Polisie diens (SAPD)  in samewerking met die Gemeenskap Polisie Forums (GPF's) en Gemeenskap Veiligheid Forums (GVF's).

DIE GRONDWET IS BAIE DUIDELIK DAAROOR DAT MISDAAD EN WEERMAG FUNKSIE HOORT NIE IN 'N MUNISIPALITEIT NIE!!!!! HOEKOM DOEN MOSSELBAAI DIT TEEN DIE KOSTE VAN DIE GEMEENSKAP!!!!

UITNODIGING

Die JOC word vriendelik uitgenooi om elke saak wat suksesvol verhoor word deur die JOC se werksaamhede wat lei tot die veiligheid van die gemeenskap; aan die MGEV te voorsien alle sake sal op die blad beskikbaar gemaak word vir die gemeenskap van Mosselbaai.

INKOMSTE VERDIEN UIT DIE JOC

Die kern verskil tussen die bedryf van die staat en Munisipaliteite is, die staat begroot nie vir inkomste nie  SARS sorg vir die staat.

Munisipaliteit verdien inkomste soortgelyk aan besighede en moet ook so bedryf word elke afdeling moet sy eie inkomste genereer en die gedeeltes soos Verkeer en Brandweer word uit eiendoms Belasting gefinansier.

Die MGEV vereniging verneem dat die JOC na die R35 000 000 spandeer is en in bedryf is nog nie begin inkomste genereer het nie.

Daarom versoek die MGEV die State van die JOC van die dag wat die eerste sent spandeer is om die gebou met die gemeenskap se trustgelde te koop tot op die huidige dag.

DIE GEMEENSKAP HET DIE REG TO DIE INLIGTING IN DIE GRONDWET VAN RSA STAAN:

Hoofstuk 2: Handves van Regte -- Toegang tot inligting

32. (1) Elkeen het die reg op toegang tot
(a) enige inligting wat deur die staat gehou word; en
(b) enige inligting wat deur ʼn ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of beskerming van enige Regte benodig word.
(2) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie reg gevolg te gee, en kan voorsiening maak vir Redelike maatreëls om die administratiewe en finansiële las op die staat te verlig.

DIE MGEV SAL SELF DIE INLIGTING UIT DIE MUNISIPALE STESLELS TREK OP DIE KOSTE VAN DIE MGEV GEE MGEV NET LEES REGTE OP DIE DATABASIS.