Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV)

Finansies van Mosselbaai Munisipaliteit => Ouditeur Generaal verslae => Topic started by: Administrator on May 30, 2022, 09:38 AM

Title: Opsomming van die Ouditeur Generaal Verslae Oor 13 Jaar (2009 tot 2021)
Post by: Administrator on May 30, 2022, 09:38 AM
Die media vertel vir Suid-Afrika dat Mosselbaai die beste bestuur word van al die Munisipaliteite in die land. Tydens die ondersoek het MGEV deur die Ouditeur Generaal se verslae gewerk die MGEV het baie probleme gevind wat grond eienaars bekommerd moet maak oor die bestuur van MBM.

Heel onder aangeheg, is 'n kort opsomming - jaar vir jaar vanaf 2009 tot 2021 - wat uit die verslae uitstaan vir die MGEV wat in belang is vir die Mosselbaai Grond eienaar. Mosselbaai Munisipaliteit het sedert 2017 nie 'n skoon oudit gehad nie!!!!
Doen asseblief self die ondersoek - alle inligting is beskikbaar en kan hieronder afgelaai word.


Net soos die Ouditeur generaal se punt nommer 16 van die opsommende verslag, het die verval in MBM in 2017 begin. Belangrik om daarop te let in die Ouditeur generaal se verslae: Die BYLAE wat verklaar: 'However, future events or conditions may cause the municipality to cease operating as a going concern', verskyn SLEGS vanaf 2017 tot huidig' dit laat die MGEV probleme sien kom. In die privaat sektor beteken so 'n verslag dat likwidasie en bankrotskap vir die besigheid nie ver is  nie. Voorgaande is 20 punte uit 13 jaar se verslae geneem wat meer as 250 bladsye insluit.

Doen u eie navorsing. Die bladsye hieronder is een bladsy per jaar opsommings van die Ouditeur generaal se volledige verslae. Die voledige verslae kan hier afgelaai word van Dropbox: Mosselbaai Munisipaliteit Geouditeerde Finansiële State en Oudit verslae vir die jare 2009 tot 2022 (https://www.dropbox.com/sh/a4adnjp6g1srics/AACjpfZ-9LaQGUp15rWEQuRya?dl=0) Hierdie leêr is 125mb groot en is meer as 3000 bladsye in PDF formaat.