Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV)

Voorgestelde Mosselbaai Kanton met sy voorgestelde Self Bestuur Forums (SBF) => Voorgestelde Self Bestuur Forums (SBF's) In die Mosselbaai munisipale gebied => Topic started by: Administrator on Oct 21, 2022, 08:54 PM

Title: Mosselbaai kan in 80 to 100 of selfs meer SBF'S opgedeel word
Post by: Administrator on Oct 21, 2022, 08:54 PM
Dink 'n bietjie daaroor hoe kan iemand wat in Kwanonqaba bly 'n besluit neem oor die klagtes wat uit Gouritz of Hersham kom. Daar moet 'n nuwe sisteem in plek kom wat vir Gouritz of Hersham se mense ken wat inwoners se klagtes namens die Munisipale sektor hanteer en bestuur. Daardie liggaam of sisteem kan deur die nuwe Self Bestuur Forum (SBF) van Gouritz of Hersham gedoen word daar waar die probleem is.

Die totale bedienings oppervlakte van Mosselbaai Munisipaliteit is +/- 2100km2, wat dit ontoereikend maak vir effektiewe dienslewering. In hierdie opsig moet ons as eienaars direk betrokke raak. Die Gemeenskaps Polisiërings Forum is 'n goeie model, wat reeds bewys is.

Die tegniese verskille tussen GPF (CPF) en GVF (CSF) – Gemeenskaps Veiligheids Forum dui daarop dat beide wel geskik is vir die bestuur van veiligheids aspekte, maar nie noodwendig vir gemeenskaps dienslewerings projekte nie.

Die Mosselbaai Self Bestuur Forums kan moontlik in dienslewering 'n groot rol speel die SBF kan soos volg opgedeel word:

Aangheg is 'n Kaart van die Mosselbaai Munisipale Gebied 2011m2 in totaal.

Klik op die skakel hieronder om die detail van elke gebied te sien Let daarop 'n nuwe "TAB" word oopgemaak vir elke gebied.

Voorgestelde Gebied 1 kaarte - 01-20 (https://mgev.co.za/index.php?topic=14.0)
Voorgestelde Gebied 2 kaarte - 21-40 (https://mgev.co.za/index.php?topic=15.0)
Voorgestelde Gebied 3 kaarte - 41-60 (https://mgev.co.za/index.php?topic=16.0)
Voorgestelde Gebied 4 kaarte - 61-80 (https://mgev.co.za/index.php?topic=18.0)
Voorgestelde Gebied 5 kaarte - 81-100 (https://mgev.co.za/index.php?topic=19.0)