Agtergrond:
In die 1980's het FW De Klerk en sy bondgenote met hulle geheime planne Suid-Afrika uitverkoop. Lees self "Cabal's Covert Plan To Purge South Africa Of White People" (https://jellyfish.news/cabals-covert-plan-to-purge-south-africa-of-white-people/)vir meer besonderhede lees noukeurig Die waarheid oor FW de Klerk om te verstaan. In die oë van die wêreld is hy 'n volksheld en Nobelpryswenner vir vrede in 1993, maar daar is mense wat glo dat die Nobelprys eintlik aan 'n volksmoordenaar toegeken is.
FW De Klerk en sy bondgenote het die grondslag gelê vir die ANC se 30 jaar lange bewind, wat gelei het tot wydverspreide korrupsie en verlies van beheer oor publieke fondse en werke in Suid-Afrika. Jacob Zuma se pogings om tronkstraf te vermy, het die begin van die verwoesting van ons land se kontrolestelsels gemerk. Hierdie feite is oor die jare goed gedokumenteer.
Hier is vyf berigte wat hierdie feite ondersteun:
Dit is algemene kennis dat Zuma alle kontrole stelsels wat oor die staat en sy instellings was tydens sy tyd as presedent verwoes het. (https://www.bbc.com/news/world-africa-48980964)
Tabo Mbeki oor hoe Zuma SARS verwoes het. (https://www.sowetanlive.co.za/news/south-africa/2024-03-14-destruction-of-sars-began-under-zuma-mbeki/)
Die uitwerking van Zuma se tronkstraf op Suid-Afrika se instellings en oppergesag van die reg. (https://www.fpri.org/article/2021/08/the-effect-of-zumas-imprisonment-on-south-africas-institutions-and-rule-of-law/)
Waarom Zuma se optrede dui op shamboliese bestuur van Suid-Afrika se ekonomie. (https://theconversation.com/why-zumas-actions-point-to-shambolic-management-of-south-africas-economy-52174)
Suid-Afrika se president, Jacob Zuma, ontslaan flater - BBC News
Die feite in boeke en studies oor die verwoesting en korrupsie van die afgelope 30 jaar in Suid-Afrika is goed gedokumenteer. Hierdie werke bied 'n diepgaande insig in hoe die beheer- en kontrole-instellings van die land deur die ANC-regering ondermyn is. Hier is 'n paar belangrike punte wat dikwels in hierdie studies voorkom:
Korrupsie en Misbruik van Fondse: Verskeie boeke en studies beskryf hoe openbare fondse misbruik is, wat gelei het tot 'n gebrek aan basiese dienste en infrastruktuurontwikkeling.
Politieke Invloed en Manipulasie: Die invloed van politieke figure op regstelsels en ander beheerinstellings het die doeltreffendheid en integriteit van hierdie instellings ondermyn.
Ekonomiese Agteruitgang: Die ekonomiese beleid en besluite wat geneem is, het dikwels gelei tot ekonomiese agteruitgang en verhoogde werkloosheid.
Maatskaplike Impakte: Die sosiale impakte van korrupsie en wanbestuur sluit in verhoogde armoede en ongelykheid.
Hierdie punte is net 'n paar van die vele aspekte wat in die literatuur oor hierdie onderwerp bespreek word.
Hier is 3 boeke wat hierdie feite ondersteun:
The Presidents Keepers by Jacques Pauw
Gangster State by Pieter-Louis Myburgh
Betrayal of the Promise How the Nation is Being Stolen
Die Voostel:
Die vraag is: Kan ons die skade wat sedert 1980 aan die land gedoen is, regstel? Die antwoord is: JA, VERSEKER kan ons dit herstel. Daar is 'n pad om weer beheer oor die publieke geld en werk van Suid-Afrika te kry! Politiek gaan dit nie vir ons doen nie; politiek, magsmisbruik en gierigheid het die land in die eerste plek verwoes.
Die Grondwet van Suid-Afrika en ondersteunende wetgewing kan ons gemeenskappe help om weer beheer te neem.
Ons, die mense van RSA, is in staat om instellings weer in te stel en van onder af weer op te bou.
Dit sal baie handewerk en bloedsweet verg, maar dit is moontlik.
Net Suid-Afrika het die wetgewing in plek; ons moet leer hoe om die reg tot ons voordeel aan te wend.
Die res van die wêreld het geen kans om van onder af uit die gemeenskappe die instellings weer op te bou nie.
Die Oplossing:
Die pad om Suid-Afrika terug te wen van die Kabaal is reeds jare tot ons beskikbaar, ons moet dit net begin gebruik.
Gewapen met die Grondwet van Suid-Afrika, die ondersteunende wette, die NBU-stelsel en die wil om weer beheer oor ons belastinggeld te kry, kan ons van onder af weer die kontrole-stelsels opbou en self beskerm teen die politici.
Hier is die stappe wat nodig sal wees om die kontrole-stelsels weer op die been te bring, uit die gemeenskap, deur die gemeenskap, vir die gemeenskap:
Gewoontes wat ons moet leer en opbou:
- Hoe om na die finansies van ons dorpe te begin kyk.
- Rekenmeesters met kennis moet dit op 'n eenvoudige manier vir die gemeenskap oopbreek.
- Weet wanneer publieke deelname-geleenthede gehou word en begin deelneem.
- Hou die raad en amptenare verantwoordelik vir foute wat gemaak word.
- Die standpunt "moet nie kommer nie, betaal jy, ons sal kyk dat alles mooi loop" is gevaarlik.
- Begin 'n grondeienaarsvereniging en begin as liggaam saamwerk om beheer te kry oor ons trustgelde.
- Gebruik die PAIA Wet 2 van 2000 om inligting oor onsekere transaksies te bekom en te ondersoek.
- Hou die owerhede by die voorskrifte van Tesourie.
- Verstaan jou regte in die nuwe Suid-Afrika.
- Veg vir die behoud van jou regte.
- As ons nie die owerhede begin verantwoordelik hou nie, gaan niemand dit doen nie.