Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV)

Finansies van Mosselbaai Munisipaliteit => Dringende werk van die MGEV => Topic started by: Administrator on Jul 12, 2024, 09:05 AM

Title: Te veel mag in die hande van te min beteken ongekende korrupsie en mag vergrype
Post by: Administrator on Jul 12, 2024, 09:05 AM
Lord Acton was one of the great personalities of the nineteenth century and is universally considered to be one of the most learned Englishmen of his time. He made the history of liberty his life's work; indeed, he considered political liberty the essential condition and guardian of religious liberty.

One of Lord Acton's quotes: 

"Power tends to corrupt; absolute power corrupts absolutely" is an observation Lord Acton made in a letter to Bishop Creighton on April 5, 1887. This letter was published in 1907 as part of a collection of Lord Acton's work, Lord Acton Work - Historical Essays and Studies

Dit is vandag in 2024 net so toepaslik en relevant soos dit vir Lord Acton in 1887 was.

Die grootste misleiding vandag in Suid-Afrika is dat een politieke party 50+% by die stembus moet kry om Suid-Afrika, of dorpe van Suid-Afrika, te bestuur. Die realiteit is egter hoe méér die mag gedeel word tussen belangepartye van 'n land hoe gesonder en meer gebalanseerd  is die besluite wat deur onderhandeling beding word. Die nasionale verkiesing van 2024 asook die nuwe kabinet en ministers wat in kernposte aangestel is, is 'n bewys hiervan.

DIE GEVOLG EN GEVAAR VIR DIE GEMEENSKAP VAN MOSSELBAAI OMDAT ÉÉN ENKELE PARTY ÁL DIE MAG BESIT OM BESLUITE IN DIE MUNISIPALE RAAD SONDER ENIGE TEENSTAND TE DIKTEER EN DEUR TE VOER.

Die volgende is 'n feitelike weergawe  van dit wat in Mosselbaai agter geslote deure gebeur - ten koste van die gemeenskap en grondeienaars van Mosselbaai:

Opname Burgemeester en Publike Deelname poging wat van die tafel gevee word deur die Munisipale Raad Kliek om af te laai

Vraag:  Gaan die lenings van R660 000 000 meer druk op die inwoners van Mosselbaai plaas?
Gevolg 1: Dit is algemene kennis dat lenings die vermoeë om kontant te bestuur belemmer.
Gevolg 2: Vanaf 2019 tot 2023 is R379 000 000 se lenings aangegaan. Die state dui géén besparing aan nie
Lees hier: geen besparings vir die inwoners van Mosselbaai - Die MGEV sal die 2023/24 state dophou vir enige besparings en aan inwoners rapporteer. (https://mgev.co.za/index.php?topic=110.0)

Neem weer kennis van die begrotingsboodskap met die AGT misleidende stelling wat op 28 Maart 2024 gemaak is  (https://mgev.co.za/index.php?topic=80.0)

4:45 minute in die video word 'n negende onwaarheid versprei publieke deelname!

Luister na die volledige vergadering van die  publieke deelname proses te Hartenbos gehou op 24 April 2024 (https://mgev.co.za/index.php?topic=99.0)

Punt 25 en 26 is die amptelike beswaar en ontvangserkenning ingedien oor die begroting van 2024/25. (https://mgev.co.za/index.php?topic=25.0)

Wat bepaal die Wet oor Publike deelname?:
Bron van die Inligting oor Publike deelname wetgewing vir die Munisipale Sektor van Suid Afrika (https://www.cogta.gov.za/index.php/2023/08/28/municipal-ward-committees-need-know/)
Dokument aangeheg in pdf-formaat

Hier is die dokumente waaruit alle inligting verkry is:

Finansiële state van Mosselbaai-munisipaliteit. From 2003/2004 to 2020/2023 20 Jaar (https://mgev.co.za/index.php?topic=70.0)
Begrotings van Mosselbaai-munisipaliteit van 2013/14 tot 2024/25 12 Jaar (https://mgev.co.za/index.php?topic=72.0)
Ouditeur-generaal: Verslae van Mosselbaai-munisipaliteit van 2008/2009 tot 2020/2021 vir 'n tydperk van 13 jaar (https://mgev.co.za/index.php?topic=71.0)

Let op na 2024/25 se begroting, bladsy 18. Die motivering aangedui in punt B: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaaluitgawe, Beloftes van 2024 tot 2025.JPG
Let op na 2023/24 se begroting, bladsy 19. Die motivering word by punt B genoem: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaaluitgawe: Beloftes van 2023 tot 2024.JPG
Let op 2022/23 na begroting, bladsy 16: Motivering by punt B: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaaluitgawe: Beloftes van 2022 tot 2023.JPG
Let op na 2021/22 se begroting, bladsy 16 en 17. Motivering word onder punt B aangedui: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaaluitgawe: Beloftes van 2021 tot 2022.JPG
Let op 2020/21 se begroting bladsy 20. Motivering aangedui by punt B: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaaluitgawe: Beloftes van 2020 tot 2021.JPG
Let op na 2019/20 se begroting, bladsy 17. Motivering word onder punt B aangedui: "These projects will be cash generating projects"
Kapitaaluitgawe: Beloftes van 2019 tot 2020.JPG

Alhoewel die publieke deelnameproses deur die Mosselbaai-munisipale Raad van die tafel gevee word kan die spesifieke en herhaalde motivering vir hierdie begrotings nie goedsmoeds gesystap en van die tafel gevee word nie:"These projects will be cash generating projects".

In hierdie stadium kan daar nie uit die finansiële state énige "cash generating" voordeel vir die inwoners bespeur word nie. Met geen voordeel vir inwoners van Mosselbaai nie kan die gemeenskap die Raad verantwoordelik hou vir die las wat op die gemeenskap se skouers geplaas is. Net tyd sal leer wat die uitkoms gaan wees vir die lenings wat tans aangegaan is.