Mosselbaai Grondeienaars Vereniging (MGEV)

Finansies van Mosselbaai Munisipaliteit => Dringende werk van die MGEV => Topic started by: Administrator on May 15, 2024, 08:03 PM

Title: Skuld wat Mosselbaai-munisipaliteit wil aangaan tot 2027
Post by: Administrator on May 15, 2024, 08:03 PM
Luister noukeurig na die begrotingsvideo van Mosselbaai se burgemeester:

https://vimeo.com/929756176

Twintig sekondes in word daar bespreek dat die energieprojek 'n aansienlike bedrag gaan beloop -  R614 000 000 tot 2027 - volgens die begroting. Dit bring vir Mosselbaaiers 'n jaarlikse(!) bykomende rentelas mee van R59 000 000 vir 'n tydperk van 20 tot 30 jaar.

Vier minute en veertig sekondes in word dit duidelik gestel dat die begroting wat deur die raad goedgekeur is, slegs 'n voorstelbegroting is. Die publieke deelnameproses moet nog plaasvind. Luister gerus weer na wat tydens die Hartenbos-begrotingsvergadering voorgestel is.

https://mgev.co.za/index.php?topic=99.0

Tydens dié vergadering van die Garden Route Rate Payers Alliance Group op 15 Mei 2024, het 'n ingenieur wat spesialiseer in elektronika en kernkrag die MGEV ingelig dat die beurtkragprobleme van Mosselbaai maklik opgelos kan word. Dit kan gedoen word deur nie die geld te leen nie, maar eerder elke huishouding te help om sonkrag op hulle huise te installeer, in plaas van om skuld aan te gaan. Oortollige beskikbaarheid van krag word dan van die huishoudings aangekoop en verbruik wanneer Eskom nie krag kan voorsien nie. Dit is 'n alternatiewe benadering wat oorweeg kan word om die energiekrisis aan te spreek.

Neem deel aan die meningsopname op die MGEV WhatsApp-groep. Gaan nou terug en gee jou insette.

Dit is van kardinale belang dat elke groeplid sy stem laat hoor om die publieke betrokkenheid van die inwoners van Mosselbaai te demonstreer. Op die oomblik is daar 368 lede in die groep. Laat ons aanneem dat 300 van hulle na sewe dae die boodskap gelees en hul stemme uitgebring het, en dat 150 gestem het vir ons eie energievoorsiening. Statisties gesproke, kan dan beweer word dat 50% van die gemeenskap die sonkragplan ondersteun, eerder as die plan om geld te leen. Laat ons 50% stemme vir "Ja" kry sodat dié opname gewig dra.